DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Wat sal Jehovah daarvan dink?
‘Wat sal Jehovah daarvan dink?’ Vra ons onsself hierdie vraag voordat ons enige groot of klein besluite neem? Ons sal natuurlik nooit presies weet wat Jehovah dink nie, maar hy sê vir ons genoeg in sy Woord om ons vir “elke goeie werk” toe te rus (2Ti 3:16, 17; Ro 11:33, 34). Jesus het duidelik verstaan wat Jehovah se wil is en het dit eerste in sy lewe gestel (Joh 4:34). Laat ons, net soos Jesus, ons bes doen om besluite te neem wat Jehovah se hart bly maak. – Joh 8:28, 29; Ef 5:15-17.
KYK NA DIE VIDEO GAAN VOORT OM TE BEGRYP WAT DIE WIL VAN JEHOVAH IS (LE 19:18), EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoekom moet ons Bybelbeginsels in ons lewe toepas?
Watter Bybelbeginsels moet ons toepas wanneer ons musiek kies?
Watter Bybelbeginsels moet ons toepas wanneer dit by ons kleredrag en persoonsversorging kom?
In watter ander aspekte van ons lewe moet ons Bybelbeginsels toepas?
Hoe kan ons ons vermoë verbeter om te begryp wat die wil van Jehovah is?
Wat sê my besluite oor my verhouding met Jehovah?