Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Desember bl. 7
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om aanpasbaar te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om aanpasbaar te wees
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—Met onderskeidingsvermoë
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Toon persoonlike belangstelling—Deur aanpasbaar te wees
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Desember bl. 7
Twee susters gebruik hulle tablette om vir ’n boer te preek.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om aanpasbaar te wees

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Die gesalfdes en die ander skape nooi alle soorte mense om “die water van die lewe [te] neem, verniet” (Op 22:17). Hierdie simboliese water stel al Jehovah se voorsienings voor wat nodig is om gehoorsame mense van sonde en die dood te red. As ons mense van verskillende kulture en gelowe wil help, moet ons die “ewige goeie nuus” op ’n manier aan hulle oordra wat hulle harte persoonlik sal bereik. – Op 14:6.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Kies ’n onderwerp en teks wat die harte van mense in jou gebied sal raak. Jy kan een van die voorgestelde gesprekke kies of iets wat jy al voorheen suksesvol gebruik het. Oor watter onderwerpe en tekste praat mense graag? Is daar ’n onlangse gebeurtenis in die nuus waaroor almal praat? Waaroor sal ’n man of ’n vrou graag praat?

  • Dink aan die gebruike en die maniere van groet in jou gebied, en maak dit deel van jou gesprek. – 2Kor 6:3, 4

  • Maak seker jy weet watter publikasies en video’s in ons Gereedskapskissie vir Onderrigting is sodat jy dit kan deel met iemand wat belangstelling toon

  • Laai inligting af in die tale van die mense wat jy in jou gebied kan teëkom

  • Pas jou onderwerp aan sodat dit die huisbewoner kan help (1Kor 9:19-23). Byvoorbeeld, wat sal jy sê as jy uitgevind het dat die huisbewoner onlangs ’n geliefde aan die dood verloor het?

KYK NA DIE VIDEO, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter onderwerp het die verkondiger met die huisbewoner begin bespreek?

  • Wat het in die huisbewoner se lewe aangegaan?

  • Watter opsie uit die tekste was die beste vir hierdie geleentheid, en hoekom?

  • Hoe pas jy jou aanbieding aan sodat dit mense in jou gebied se hart kan bereik?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel