DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Is jy voorbereid?
Is jy voorbereid as daar ’n natuurramp in jou area is? Aardbewings, orkane, veldbrande en oorstromings kan skielik kom en baie skade veroorsaak. En terroristeaanvalle, gewelddadige optogte en epidemies kan sonder waarskuwing op enige plek gebeur (Pr 9:11). Ons moenie aanneem dat sulke dinge nooit in ons area sal gebeur nie.
Ons moet almal redelike stappe neem om vir ’n ramp voor te berei (Spr 22:3). Al kry ons hulp van Jehovah se organisasie wanneer daar ’n ramp is, het elkeen van ons nog steeds die verantwoordelikheid om voorbereid te wees. – Ga 6:5, vtn.
KYK NA DIE VIDEO IS JY VOORBEREID VIR ’N NATUURRAMP?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe kan ons geestelik voorberei vir ’n ramp?
Hoekom is dit belangrik om . . .
• voor, gedurende en ná ’n ramp goeie kommunikasie met die ouermanne te behou?
• seker te maak dat jou grypsak gereed is? – g17.5 6
• die verskillende soorte rampe te bespreek wat kan plaasvind en wat jy in elke situasie moet doen?
Op watter drie maniere kan ons ander help wanneer ’n ramp hulle tref?