SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 6-7
“Nou sal jy sien wat ek aan Farao sal doen”
Voordat Jehovah die plae oor Egipte gebring en die Israeliete van slawerny gered het, het Jehovah vir die Israeliete gesê wat hy binnekort sou doen. Hulle sou Jehovah se krag sien soos nog nooit tevore nie, en die Egiptenare sou sekerlik weet wie Jehovah is. Toe God se beloftes waar geword het, het dit die Israeliete se geloof versterk. En dit het hulle gehelp om die invloed van valse godsdiens in Egipte te verwerp.
Hoe help hierdie Bybelverslag jou om daarvan seker te wees dat God se beloftes vir die toekoms waar sal word?