Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Januarie bl. 3
  • Ouers, gee julle kinders die kennis wat hulle nodig het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ouers, gee julle kinders die kennis wat hulle nodig het
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 2
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Ouers—Beskerm julle kinders!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Ons kinders—’n kosbare erfenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Januarie bl. 3
Kinders lig hulle hand op en wys ‘nee!’ terwyl hulle ouers hulle leer hoe om hulleself te beskerm.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ouers, gee julle kinders die kennis wat hulle nodig het

Ons lewe in ’n wêreld wat sê dat goeie dinge sleg is en dat slegte dinge goed is (Jes 5:20). Ongelukkig doen party mense dinge wat Jehovah haat, en dit sluit verkeerde gedrag in tussen dié van dieselfde geslag. Kinders by die skool of ander mense kan dalk ons kosbare kinders probeer oorreed om dieselfde dinge as hulle te doen. Hoe kan julle julle kinders voorberei om hierdie en soortgelyke toetse suksesvol te hanteer?

Leer julle kinders wat Jehovah se standaarde is (Le 18:3). Leer hulle geleidelik wat die Bybel oor seks sê en pas dit aan volgens hulle ouderdom en wat hulle kan verstaan (De 6:7). Vra jou af: ‘Het ek my kinders geleer wat gepas en nie gepas is nie wanneer dit kom by liefdeblyke, hoe belangrik dit is om beskeie klere te dra en dat ander hulle privaatheid moet respekteer? Sal my kinders weet wat om te doen as iemand vir hulle pornografie probeer wys of vir hulle vra om iets te doen wat Jehovah sê verkeerd is?’ As hulle hierdie dinge voor die tyd weet, kan dit hulle help om gevaar te vermy (Spr 27:12; Pr 7:12). As julle julle kinders hierdie kennis gee, wys julle dat julle lief is vir hierdie kosbare erfdeel wat Jehovah vir julle gegee het. – Ps 127:3.

KYK NA DIE VIDEO BOU ’N HUIS WAT SAL BLY STAAN — BESKERM JOU KINDERS TEEN “WAT BOOS IS”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Bou ’n huis wat sal bly staan — Beskerm jou kinders teen ‘wat boos is’’. ’n Ma en haar seun kyk na die video ‘Beskerm jou kinders’.

    Hoekom huiwer party om met hulle kinders oor seks te praat?

  • ’n Toneel uit die video ‘Bou ’n huis wat sal bly staan — Beskerm jou kinders teen ‘wat boos is’’. Ouers bespreek ‘Leer by die Groot Onderwyser’ en ander publikasies met hulle twee kinders.

    Hoekom moet ouers hulle kinders oplei in “die dissipline en riglyne van Jehovah”? – Ef 6:4

  • ’n Toneel uit die video ‘Bou ’n huis wat sal bly staan — Beskerm jou kinders teen ‘wat boos is’’. Ouers in Afrika lees en bespreek Bybelverse met hulle kinders.

    Kennis beskerm ’n mens

    Wat het Jehovah se organisasie vir ouers gegee om hulle te help om hulle kinders oor seks te leer? – w19.05 12, venster

  • Hoekom moet jy gereeld met jou kinders kommunikeer voordat probleme ontstaan?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel