DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Wat ek kan doen om ons goeie reputasie te behou
Mense let op hoe Jehovah se Getuies hulle gedra (1Kor 4:9). Ons kan onsself dalk afvra: ‘Eer ek Jehovah met my spraak en dade?’ (1Pe 2:12). Ons wil beslis nie enige iets doen om die goeie reputasie te beskadig wat Jehovah se Getuies oor die jare opgebou het nie. – Pr 10:1.
Skryf neer hoe ’n Christen in die volgende situasies moet reageer en skryf ’n Bybelbeginsel neer wat sal help:
Iemand wat nie ’n Getuie is nie, is kwaad en skel jou uit
Jou klere, kar of huis is onversorg
Jy dink dat ’n plaaslike wet onregverdig is of moeilik is om te gehoorsaam
Hoe dra die navorsers in die Skryfafdeling by Bethel by tot ons goeie reputasie?
KYK NA DIE VIDEO ONS BEVORDER LIEFDE EN RESPEK VIR DIE WAARHEID, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:
Wat beïndruk jou oor die feit dat die organisasie so baie moeite doen om akkurate inligting voor te berei?