Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp21 nr. 3 bl. 12-14
  • Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULP VAN DIE BESTE BRON
  • Wat sê die Bybel?
    Ontwaak!—2017
  • Ware leringe wat God behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Reg en verkeerd: Die Bybel – ’n Betroubare gids
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
  • Waar kan jy betroubare leiding vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
wp21 nr. 3 bl. 12-14
’n Man wat die Bybel lees.

Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?

Soos in die vorige artikels bespreek is, het mense probeer om ’n beter toekoms te vind deur hulle vertroue te sit op dinge soos die noodlot, opvoeding, rykdom en om ’n goeie mens te wees. Maar as jy op hierdie dinge vertrou, is dit soos om ’n kaart te gebruik wat nie akkuraat is nie om by ’n bestemming uit te kom. Is daar wel ’n betroubare gids vir die toekoms? Ja!

HULP VAN DIE BESTE BRON

Wanneer ons besluite maak, vra ons gewoonlik iemand wat ouer en wyser as ons is om ons te help. Net so kan ons betroubare hulp vir ons toekoms kry by ’n Bron wat baie ouer en wyser as ons is. Ons kan Sy raad lees in ’n boek wat omtrent 3 500 jaar gelede begin skryf is. Hierdie boek word die Bybel genoem.

Hoekom kan jy die Bybel vertrou? Want die Skrywer daarvan is die oudste en wysste Persoon in die heelal. Hy word beskryf as “die Oue van Dae” wat “van ewigheid tot ewigheid” is (Daniël 7:9; Psalm 90:2). Hy is “die Skepper van die hemele, die ware God, die Een wat die aarde gevorm het” (Jesaja 45:18). Hy sê vir ons dat sy naam Jehovah is. – Psalm 83:18.

Die Bybel sê nie dat een kultuur of ras beter as ’n ander is nie. Dit is omdat die Bybel van die Een af kom wat alle mense geskep het. Die raad daarin help altyd en het mense in alle lande bevoordeel. Dit is in meer tale beskikbaar en het ’n groter verspreiding as enige ander boek.a Dit beteken dat alle mense dit maklik kan verstaan en daardeur gehelp kan word. Hierdie feite stem ooreen met wat die Bybel sê:

“God [is] nie partydig . . . nie. In elke nasie is die mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.” – HANDELINGE 10:34, 35.

Net soos liefdevolle ouers hulle kinders help, is Jehovah God ’n liefdevolle Vader wat ons deur middel van sy Woord, die Bybel, help (2 Timoteus 3:16). Jy kan sy Woord vertrou omdat hy ons geskep het en weet wat ons gelukkig sal maak.

HULP WAT BETROUBAAR IS

Collage: 1. ’n Man lees op sy slimfoon op ’n trein. 2. Die man lees die Bybel op sy slimfoon.

Ons kan vertrou wat die Bybel oor die toekoms sê omdat dit omtrent 2 000 jaar gelede die gebeure in die wêreld en mense se gedrag wat ons vandag sien, akkuraat voorspel.

GEBEURE

“Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk. Daar sal groot aardbewings wees, en voedseltekorte en vreeslike siektes op die een plek ná die ander.” – LUKAS 21:10, 11.

GEDRAG

“Weet dat daar in die laaste dae swaar tye sal wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal selfsugtig wees, geldgierig, trots en hoogmoedig. Hulle sal beledigende dinge sê. Hulle sal ongehoorsaam wees aan hulle ouers. Hulle sal ondankbaar en dislojaal wees. Hulle sal geen natuurlike liefde hê nie en nie bereid wees om tot enigiets in te stem nie. Hulle sal slegte dinge van mense sê en geen selfbeheersing hê nie. Hulle sal wreed wees en sonder liefde vir wat goed is. Hulle sal verraaiers wees, hardkoppig, opgeblase van trots en lief vir plesier eerder as vir God.” – 2 TIMOTEUS 3:1-4.

Tot watter gevolgtrekking kom jy wanneer jy sien dat die Bybel lank gelede akkuraat voorspel het wat vandag gebeur? Jy sal sekerlik saamstem met ’n man van Hongkong wat sê: “Bybelprofesieë is lank gelede geskryf. Dit is onmoontlik vir enige mens om hierdie dinge so akkuraat te voorspel. Die Bybel moet geïnspireer wees deur iemand wat baie wyser as ons is.”

Die Bybel bevat honderde profesieë wat al vervul is.b Dit bewys dat die Bybel regtig God se Woord is. Jehovah sê: ‘Ek is God en daar is geen ander nie. Ek is God, en daar is niemand soos ek nie. Van die begin af voorspel ek die uiteinde’ (Jesaja 46:9, 10). Daarom kan jy met goeie rede vertrou wat die Bybel oor die toekoms sê.

HULP WAT JOU NOU EN VIR EWIG KAN BEVOORDEEL

Ouers hou hulle twee kinders se hande vas terwyl hulle gelukkig saam in die natuur loop.

Jy bevoordeel jouself wanneer jy die raad in die Heilige Skrif toepas. Kyk na ’n paar voorbeelde.

GOEIE RAAD OOR GELD EN WERK

“’n Hand vol rus is beter as twee hande vol harde werk en ’n gejaag na wind.” – PREDIKER 4:6.

GESINSLEWE

“Elkeen van julle moet sy vrou liefhê soos homself, en die vrou moet diep respek vir haar man hê.” – EFESIËRS 5:33.

MENSEVERHOUDINGS

“Hou op om kwaad te wees en laat vaar die woede. Moenie ontsteld word en begin doen wat sleg is nie.” – PSALM 37:8.

As jy toepas wat die Bybel sê, sal dit jou nou bevoordeel en ook ’n wonderlike toekoms vir jou moontlik maak. In die Bybel vind ons God se belofte van ’n wonderlike toekoms wat die volgende insluit

VREDE EN VEILIGHEID

“Hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.” – PSALM 37:11.

BEHUISING EN KOS VIR ALMAL

“Hulle sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet.” – JESAJA 65:21.

GEEN SIEKTE OF DOOD NIE

“Die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.” – OPENBARING 21:4.

Wat het jy nodig om seker te wees van so ’n toekoms? Kyk na die volgende artikel.

a Vir meer inligting oor die vertaling en verspreiding van die Bybel, gaan na www.pr2711.com/af en kyk onder BYBELLERINGE > DIE GESKIEDENIS EN DIE BYBEL.

b Vir meer inligting, sien hoofstuk 9 van die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n?, uitgegee deur Jehovah se Getuies. Dit is aanlyn beskikbaar by www.pr2711.com/af. Kyk onder BIBLIOTEEK > BOEKE & BROSJURES.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel