Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp24 nr. 1 bl. 6-9
  • Reg en verkeerd: Die Bybel – ’n Betroubare gids

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Reg en verkeerd: Die Bybel – ’n Betroubare gids
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ONS HET LEIDING VAN GOD NODIG
  • DIE BYBEL SÊ VIR ONS WAT GOD WIL HÊ ONS MOET DOEN
  • Maak die Bybel se standaarde van reg en verkeerd nog enigsins saak?
    Nog onderwerpe
  • Nog hulp vir die familie
    Ontwaak! — 2018
  • Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
  • Reg en verkeerd: ’n Keuse wat jy moet maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
wp24 nr. 1 bl. 6-9

Reg en verkeerd: Die Bybel – ’n Betroubare gids

Ons kan nie seker wees dat ons besluite goed sal uitdraai as ons dit net baseer op hoe ons of ander mense voel nie. Die Bybel wys hoekom, maar dit doen ook meer as dit. Dit help ons om te weet wat reg en verkeerd is, wat tot ’n gelukkige lewe lei.

ONS HET LEIDING VAN GOD NODIG

In die Bybel verduidelik Jehovaha God dat mense sy hulp nodig het en nie alles op hulle eie kan doen nie (Jeremia 10:23). Dit is hoekom hy riglyne oor wat reg en verkeerd is, in die Bybel voorsien het. Hy is lief vir die mensdom, en hy wil nie hê dat ons slegte besluite moet maak wat ons sal seermaak en ons lewe moeilik sal maak nie (Deuteronomium 5:29; 1 Johannes 4:8). As ons Skepper het hy ook die nodige wysheid en kennis om ons die beste moontlike raad te gee oor wat reg en verkeerd is (Psalm 100:3; 104:24). Tog dwing God mense nooit om volgens sy standaarde te lewe nie.

Jehovah het die eerste man en vrou, Adam en Eva, alles gegee wat hulle nodig gehad het om regtig gelukkig te wees (Genesis 1:​28, 29; 2:​8, 15). Hy het ook vir hulle eenvoudige instruksies gegee, en hy het verwag dat hulle gehoorsaam daaraan moet wees. Maar hy het hulle self laat kies of hulle hierdie instruksies wou volg of nie (Genesis 2:​9, 16, 17). Ongelukkig het Adam en Eva gekies om volgens hulle eie standaarde eerder as God se standaarde te lewe (Genesis 3:6). Wat was die gevolg? Maak dit mense gelukkig om te doen wat ook al hulle dink reg is? Nee. Die geskiedenis bewys dat om God se standaarde te ignoreer, nie blywende vrede en geluk bring nie. – Prediker 8:9.

Die Bybel voorsien die leiding wat ons nodig het sodat ons goeie besluite kan maak, maak nie saak wat ons agtergrond is nie. (2 Timoteus 3:​16, 17; sien die venster “’n Boek vir alle mense”.) Kyk hoe die Bybel dit doen.

Vind meer uit oor hoekom die Bybel regtig “die woord van God” genoem kan word (1 Tessalonisense 2:13). Kyk na die video Wie is die Outeur van die Bybel? op jw.org.

’N BOEK VIR ALLE MENSE

Ons sou verwag dat ’n wyse en liefdevolle Skepper sy leiding aan almal beskikbaar sou maak. Kyk na die volgende feite oor die Bybel:

Mense van verskillende nasionaliteite lees die Bybel. ’n Hele paar Bybels in gedrukte en digitale formaat kan gesien word.
  • 3 500+ Die aantal tale waarin ten minste ’n deel van die Bybel beskikbaar is, wat dit die mees vertaalde boek ooit maak.

  • 5 000 000 000+ Die aantal kopieë van die Bybel wat gedruk is, wat dit die wyds verspreide boek in die geskiedenis maak.

Die Bybel verhef nie een ras, nasie, stam of kultuur bo ’n ander nie. Dit is regtig ’n boek vir alle mense.

Lees die Bybel aanlyn (beskikbaar in meer as 250 tale) op jw.org

’n Man gebruik sy vinger om te volg terwyl hy die Bybel lees.

HOEKOM PARTY DIE BYBEL VERWERP

Party mense sê dat die Bybel nie ’n goeie bron van leiding kan wees nie. Hier volg ’n paar dinge wat mense kan sê.

Iemand sê dalk: “Die Bybel weerspreek homself.”

Die waarheid is: Aan die begin kan dit lyk asof party dele van die Bybel nie met ander dele ooreenstem nie. Maar dit kan verduidelik word as ’n mens die konteks, geskiedkundige feite en gebruike, die skrywer se beskouing en ander faktore in ag neem.

Om na ’n paar spesifieke voorbeelde te kyk, lees die artikel “Is daar teenstrydighede in die Bybel?” op jw.org.

Iemand sê dalk: “Mense wat beweer om volgens die Bybel te lewe, doen slegte dinge, so dit kan nie goeie leiding gee nie.”

Die waarheid is: Die Bybel kan nie die skuld kry vir die slegte gedrag van dié wat nie die leringe daarvan toepas nie. Dit het voorspel dat baie mense – insluitende godsdiensleiers – wat beweer om volgens die Bybel te lewe, nie sou doen wat dit sê nie. Dit sê ook dat as gevolg hiervan sou daar ‘sleg gepraat’ word van Bybelleringe. – 2 Petrus 2:​1, 2.

Vir een voorbeeld van hoe baie godsdiensleiers afgedwaal het van wat die Bybel regtig leer, lees die artikel “Is godsdiens net nog ’n manier om geld te maak?” op jw.org.

Iemand sê dalk: “Die Bybel bevorder ’n onverdraagsame beskouing van ander.”

Die waarheid is: Die Bybel moedig mense aan om ander met respek te behandel. Dit keur nie die volgende gesindhede goed nie . . .

  • om jouself as hoër as ander te beskou. – Filippense 2:3.

  • om disrespekvol te wees teenoor mense wat ander waardes of geloofsoortuigings as jy het. – 1 Petrus 2:17.

  • om ander te dwing om saam met jou te stem. – Matteus 10:14.

Die Bybel wys dat God mense altyd liefdevol en regverdig behandel en dat God wil hê dat ons dieselfde moet doen. – Romeine 9:14.

Vir meer inligting, lees die artikel “Verdraagsaamheid – Hoe die Bybel kan help” op jw.org.

DIE BYBEL SÊ VIR ONS WAT GOD WIL HÊ ONS MOET DOEN

Die Bybel vertel ons wat God se verhouding met die mens van die begin af was. Wat dit bevat, help ons om te verstaan wat God as reg en verkeerd, of voordelig en skadelik, beskou (Psalm 19:​7, 11). Die lesse wat ons leer, is altyd waar en sal ons help om goeie besluite in ons daaglikse lewe te maak.

Byvoorbeeld, kyk na die raad in Spreuke 13:20: “Die een wat met wyse persone assosieer, sal wys word, maar dit sal sleg gaan met die een wat met dwase te doen het.” Dit is nou nog waar, net soos dit in die ou tyd was. Die Bybel is vol sulke praktiese en waardevolle beginsels. – Sien die venster “Die Bybel se tydlose wysheid”.

Maar jy wonder dalk: ‘Hoe kan ek seker wees dat die Bybel se raad my kan help?’ Die volgende artikel sal ’n paar werklike voorbeelde bespreek.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.

DIE BYBEL SE TYDLOSE WYSHEID

Hoewel die Bybel amper 2 000 jaar gelede voltooi is, kan dit ons vandag nog help. Mense wou nog altyd gelukkig wees en ’n goeie lewe hê (Prediker 1:9). Die Bybel se tydlose wysheid kan ons help om hierdie doelwit te bereik.

Eerlikheid

  • “Ons wil ons in alles eerlik gedra.” – Hebreërs 13:18.

  • “Laat die een wat steel, nie meer steel nie. Laat hom liewer hard werk.” – Efesiërs 4:28.

Verhoudings

  • “Laat elkeen nie sy eie voordeel bly soek nie, maar dié van die ander persoon.” – 1 Korintiërs 10:24.

  • “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe.” – Kolossense 3:13.

Hoe om besluite te maak

  • “Iemand wat onervare is, glo elke woord, maar die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen.” – Spreuke 14:15.

  • “Die verstandige sien die gevaar en vermy dit, maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.” – Spreuke 22:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel