Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w24 Oktober bl. 24-29
  • Hoe om twyfelgedagtes te oorkom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om twyfelgedagtes te oorkom
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE OM JOU TWYFELGEDAGTES TE OORKOM
  • WANNEER JY TWYFEL OF JEHOVAH IN JOU BELANGSTEL
  • WANNEER JY TWYFEL OF JY IN DIE VERLEDE GOEIE BESLUITE GEMAAK HET
  • WANNEER JY TWYFEL OF JEHOVAH JOU KAN GEBRUIK
  • Besluite wat wys dat ons op Jehovah vertrou
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Onthou dat Jehovah “die lewende God” is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Aanvaar beskeie wat jy nie weet nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Jehovah “genees dié wie se hart gebreek is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
w24 Oktober bl. 24-29

STUDIEARTIKEL 43

LIED 90 Bemoedig mekaar

Hoe om twyfelgedagtes te oorkom

“Maak seker van alles.” – 1 TESS. 5:21.

DOEL

Hoe om twyfelgedagtes te oorkom wat ons diens aan Jehovah kan affekteer.

1-2. (a) Wat is party twyfelgedagtes wat knegte van Jehovah dalk het? (b) Wat sal ons in hierdie artikel bespreek?

MENSE van alle ouderdomme het soms twyfelgedagtes.a Byvoorbeeld, dink aan ’n jong Getuie wat wonder of Jehovah regtig in hom belangstel. Hy wonder dalk of hy hom moet laat doop of nie. Of dink aan ’n middeljarige broer wat in sy jong dae gekies het om Koninkryksbelange eerste te stel eerder as om ’n loopbaan in hierdie wêreld te kies. Nou is hy ouer, en dit gaan maar broekskeur met sy gesin, en hy wonder of hy die regte keuse gemaak het. Dink aan ’n bejaarde suster met beperkte krag en energie. Sy voel dalk mismoedig omdat sy nie meer kan doen wat sy voorheen gedoen het nie. Het jy jou al ooit vrae gevra soos: ‘Sien Jehovah my regtig raak? Is die opofferinge wat ek vir Jehovah gemaak het, die moeite werd? Kan Jehovah my nog steeds gebruik?’

2 As ons vrae soos hierdie onbeantwoord los, kan dit ons aanbidding negatief beïnvloed. In hierdie artikel sal ons bespreek hoe Bybelbeginsels ons kan help as ons twyfel (1) of Jehovah in ons belangstel, (2) of ons in die verlede goeie besluite gemaak het en (3) of Jehovah ons nog steeds kan gebruik.

HOE OM JOU TWYFELGEDAGTES TE OORKOM

3. Wat is een manier hoe ons ons twyfelgedagtes kan oorkom?

3 Een manier hoe ons ons twyfelgedagtes kan oorkom, is deur na God se Woord te gaan om antwoorde op ons vrae te vind. As ons dit doen, sal ons versterk word, geestelik groei en beter toegerus wees om ‘vas te staan in die geloof’. – 1 Kor. 16:13.

4. Hoe ‘maak ons seker van alles’? (1 Tessalonisense 5:21)

4 Lees 1 Tessalonisense 5:21. Let op dat die Bybel ons aanspoor: “Maak seker van alles.” Hoe kan ons dit doen? Ons kan seker maak dat wat ons glo, regtig waar is deur dit te vergelyk met wat die Bybel sê. Byvoorbeeld, dink aan die geval van die jong persoon wat nie seker is of Jehovah regtig vir hom omgee nie. Moet hy net aanvaar dat dit die geval is? Nee, hy moet ‘seker maak van alles’ deur uit te vind wat Jehovah van hom dink.

5. Hoe “hoor” ons Jehovah se antwoorde op ons vrae?

5 Terwyl ons God se Woord lees, “hoor” ons hoe Jehovah met ons praat. Maar om uit te vind wat hy oor ’n spesifieke vraag dink, moet ons moeite doen. Ons moet verse oor daardie onderwerp vind en bestudeer. Ons kan navorsing oor daardie onderwerp doen deur die studiehulpe te gebruik wat Jehovah se organisasie voorsien (Spr. 2:​3-6). Ons kan Jehovah vra om ons te help om sy antwoord op ons vraag te vind. Dan kan ons Bybelbeginsels en praktiese inligting soek wat op ons situasie van toepassing is. Dit kan ons ook help as ons Bybelverslae bestudeer van dié wat ’n soortgelyke situasie deurgemaak het.

6. Hoe help vergaderinge ons om ons twyfelgedagtes te oorkom?

6 Ons “hoor” ook by ons vergaderinge hoe Jehovah met ons praat. As ons die vergaderinge gereeld bywoon, kan ons iets in ’n toespraak of in iemand se antwoord hoor wat presies is wat ons nodig het om ons twyfelgedagtes te oorkom (Spr. 27:17). Kom ons kyk nou hoe om party spesifieke twyfelgedagtes te oorkom.

WANNEER JY TWYFEL OF JEHOVAH IN JOU BELANGSTEL

7. Watter vraag vra party dalk?

7 Het jy al ooit gewonder: ‘Sien Jehovah my regtig raak?’ As jy onbelangrik voel, dink jy dalk dat dit vir jou onmoontlik is om vriende te word met die Skepper van die heelal. Koning Dawid het dalk ook so gedink. Hy was verstom deur die feit dat Jehovah selfs bewus is van blote mense en het gevra: “O Jehovah, wat is die mens dat u hom sou raaksien, die seun van ’n sterflike mens dat u aandag aan hom sou gee?” (Ps. 144:3). Waar kan jy die antwoord op hierdie vraag vind?

8. Volgens 1 Samuel 16:​6, 7, 10-12, wat sien Jehovah in mense raak?

8 Ons leer uit die Bybel dat Jehovah dié raaksien wat vir ander onbelangrik lyk. Byvoorbeeld, Jehovah het Samuel na die huis van Isai gestuur om een van sy seuns as die toekomstige koning van Israel te salf. Isai het sewe van sy agt seuns geroep om Samuel te ontmoet, maar hy het nie Dawid, die jongste,b geroep nie. Maar Dawid was die een wat deur Jehovah gekies is. (Lees 1 Samuel 16:​6, 7, 10-12.) Jehovah het gesien wie Dawid regtig van binne is – ’n jong man wat lief is vir geestelike dinge.

9. Hoe kan jy seker wees dat Jehovah in jou belangstel? (Sien ook prent.)

9 Dink aan hoe Jehovah reeds gewys het dat hy jou raaksien. Hy gee jou die beste raad vir jou spesifieke situasie (Ps. 32:8). Hoe kan hy dit doen tensy hy jou baie goed ken? (Ps. 139:1). Wanneer jy Jehovah se raad toepas en sien hoe dit jou help, sal jy oortuig word dat Jehovah in jou belangstel (1 Kron. 28:9; Hand. 17:​26, 27). Jehovah sien alles raak wat jy doen om hom te dien en om hom te gehoorsaam. Hy sien jou eienskappe, en hy wil hê dat jy sy vriend moet wees (Jer. 17:10). En hy sal baie bly wees as jy ook sy vriend wil wees. – 1 Joh. 4:19.

’n Jong suster doen persoonlike studie. Sy het haar Bybel oop en kyk na ’n witbord-tekenprent op ’n tablet.

“As jy [Jehovah] soek, sal hy sorg dat jy hom vind.” – 1 Kron. 28:9 (Sien paragraaf 9)c


WANNEER JY TWYFEL OF JY IN DIE VERLEDE GOEIE BESLUITE GEMAAK HET

10. Watter vrae vra ons dalk wanneer ons dink aan besluite wat ons in die verlede gemaak het?

10 Later in die lewe dink party dalk terug en wonder hulle of hulle die regte besluite gemaak het. Dalk het hulle besluit om ’n goeie loopbaan of ’n suksesvolle besigheid op te gee om meer in Jehovah se diens te doen. Nou het tyd verbygegaan, dalk selfs dekades. Hulle dink dalk aan party mense wat hulle ken wat ander keuses as hulle gemaak het, en nou lyk dit of daardie mense baie geld en ’n gemaklike lewe het. As gevolg daarvan wonder hulle dalk: ‘Is die opofferinge wat ek vir Jehovah gemaak het, die moeite werd? Of het dit veroorsaak dat ek op ander geleenthede uitmis?’

11. Waaroor was die skrywer van Psalm 73 ongelukkig?

11 As soortgelyke vrae jou pla, dink aan hoe die skrywer van Psalm 73 gevoel het. Hy het na ander gekyk, en dit het gelyk asof hulle ’n gesonde, voorspoedige en stresvrye lewe geniet (Ps. 73:​3-5, 12). Toe hy sien dat dit lyk of dit met hulle goed gaan, het hy gevoel dat die dinge wat hy doen om Jehovah te dien, nie saak maak nie. Hierdie gedagte het hom mismoedig gemaak, en hy was die “hele dag lank . . . ongelukkig” daaroor (Ps. 73:​13, 14). Hoe het hy sy negatiewe gevoelens hanteer?

12. Volgens Psalm 73:​16-18, hoe het die skrywer sy bekommernisse oorkom?

12 Lees Psalm 73:​16-18. Die psalmis het na Jehovah se heiligdom gegaan. Daar kon hy reguit dink. Hy het besef dat al lyk dit of party ’n maklike lewe het, hulle langtermyntoekoms onseker is. Omdat hy dit verstaan het, het hy innerlike vrede gevind, want hy het geweet dat dit die beste besluit is om geestelike dinge eerste te stel. As gevolg daarvan was hy vasbeslote om aan te hou om Jehovah te dien. – Ps. 73:​23-28.

13. Hoe kan jy innerlike vrede vind as jy onseker is oor besluite wat jy in die verlede gemaak het? (Sien ook prent.)

13 Jy kan soortgelyke innerlike vrede vind met die hulp van God se Woord. Hoe? Dink aan hoe waardevol die dinge is wat jy het – insluitende skatte in die hemel – en vergelyk dit met die toekoms van dié wie se enigste beloning is wat die wêreld het om te bied. Hulle maak dalk heeltemal staat op die dinge wat hulle in hierdie lewe bereik omdat hulle geen hoop vir die toekoms het nie. Maar Jehovah belowe vir jou seëninge wat baie beter is as enige iets wat jy jou ooit kan voorstel (Ps. 145:16). En dink hieraan: Kan ons ooit regtig weet hoe ons lewe sou uitdraai as ons ander keuses gemaak het? Een ding is seker: Dié wat keuses maak wat gebaseer is op hulle liefde vir God en liefde vir ander, mis nooit uit op enige iets wat regtig goed is nie.

’n Broer sien homself in die Paradys terwyl hy ’n winkelvenster was. Hy sien homself langs sy vrou, terwyl hy ’n kruiwa vol vrugte stoot en takbokke daar naby wei.

Fokus op die toekomstige seëninge wat Jehovah belowe het (Sien paragraaf 13)d


WANNEER JY TWYFEL OF JEHOVAH JOU KAN GEBRUIK

14. Waarmee sukkel party, en waaroor wonder hulle dalk?

14 Party van Jehovah se knegte kan nie meer so baie doen soos wat hulle graag wil nie omdat hulle ouer is, gesondheidsprobleme het of gestremd is. Dit veroorsaak dalk dat hulle onseker is van hulle waarde in Jehovah se oë. Hulle vra dalk: ‘Kan Jehovah my nog steeds gebruik?’

15. Waarvan was die skrywer van Psalm 71 oortuig?

15 Die skrywer van Psalm 71 was oor iets soortgelyks bekommerd. Hy het gebid: “Moenie my verlaat wanneer ek nie meer krag het nie” (Ps. 71:​9, 18). Al het hy swak gevoel, was die psalmis daarvan oortuig dat Jehovah hom sou lei en sou ondersteun as hy sy God lojaal gedien het. Soos die psalmis geleer het, maak dit Jehovah gelukkig wanneer sy knegte hulle bes doen om Hom te dien ten spyte van hulle beperkings. – Ps. 37:​23-25.

16. Op watter maniere kan dié wat ouer is, deur Jehovah gebruik word? (Psalm 92:​12-15)

16 As jy ’n ouer persoon is, moet jy jou situasie uit Jehovah se oogpunt sien. Hy kan jou help om geestelik te floreer, al sukkel jy dalk fisies. (Lees Psalm 92:​12-15.) Moenie fokus op wat jy nie meer kan doen nie, fokus eerder op wat jy wel kan doen. Byvoorbeeld, jy kan ander versterk deur jou getroue voorbeeld en die persoonlike belangstelling wat jy toon. Jy kan praat oor hoe Jehovah jou oor die jare ondersteun het en jou sterk hoop in die vervulling van sy beloftes deel. En moet nooit onderskat hoe kragtig die gebede is wat jy vir ander doen nie (1 Pet. 3:12). Maak nie saak wat ons omstandighede is nie, ons almal kan iets vir Jehovah en vir ander doen.

17. Hoekom moet ons nie onsself met ander vergelyk nie?

17 As jy gefrustreerd voel omdat jy nie meer in Jehovah se diens kan doen nie, wees verseker dat hy wat jy ook al kan doen, waardeer. Jy probeer dalk dit wat jy doen, vergelyk met wat ander kan doen. Maar moet dit nie doen nie! Hoekom nie? Omdat Jehovah nie sulke vergelykings maak nie (Gal. 6:4). Byvoorbeeld, Maria het vir Jesus baie duur lekkerruik-olie gegee (Joh. 12:​3-5). In teenstelling daarmee het die arm weduwee twee muntstukkies van baie min waarde by die tempel bygedra (Luk. 21:​1-4). Maar Jesus het albei geskenke as bewyse gesien dat hierdie twee vrouens geloof het. Sy Vader, Jehovah, waardeer beslis enige iets wat jy doen omdat jy geloof in hom het en lief is vir hom, en dit is vir hom kosbaar, maak nie saak hoe klein dit dalk vir jou lyk nie.

18. Wat sal ons help om ons twyfelgedagtes te oorkom? (Sien ook die venster “Jehovah se Woord kan jou help om twyfelgedagtes te oorkom”.)

18 Ons almal het soms twyfelgedagtes. Maar soos ons gesien het, kan God se betroubare Woord van waarheid, die Bybel, ons help om dit te oorkom. So doen jou bes om antwoorde op jou vrae te vind, en dan sal jy oortuig voel eerder as bekommerd. Jehovah sien jou beslis as ’n individu raak. Hy waardeer jou opofferings en is vasbeslote om jou te beloon. Wees verseker dat Jehovah al sy lojale knegte liefhet en vir hulle elkeen omgee.

Jehovah se Woord kan jou help om twyfelgedagtes te oorkom

  • Jehovah stel in jou belang

    “Moenie bang wees nie, want ek is met jou. Moenie angstig wees nie, want ek is jou God. Ek sal jou versterk, ja, ek sal jou help. Ek sal jou stewig vashou met my regterhand van regverdigheid.” – Jes. 41:10.

    “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg.” – Jes. 48:17.

  • Jehovah waardeer jou besluit om hom te dien

    “My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart bly wees.” – Spr. 23:15.

    “Julle lewenswyse moet vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die dinge wat julle nou het. Want hy het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie en jou nooit in die steek laat nie.’” – Heb. 13:5.

  • Jehovah waardeer wat jy vir hom kan doen

    “Die gawe wat elkeen bring, moet in verhouding wees tot die seën wat hy van Jehovah sy God ontvang het.” – Deut. 16:17.

    “God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet van julle werk en die liefde wat julle vir sy naam getoon het deurdat julle die heiliges gedien het en bly dien nie.” – Heb. 6:10.

HOE SAL JY ANTWOORD?

  • Hoe weet ons dat Jehovah in ons belangstel?

  • Wat moet ons doen as ons twyfel oor die besluite wat ons in die verlede gemaak het?

  • Wat moet ons doen as ons twyfel of Jehovah ons kan gebruik?

LIED 111 Ons redes tot vreugde

a WAT DIT BETEKEN: In hierdie artikel bespreek ons twyfelgedagtes wat veroorsaak dat ons onseker is oor ons waarde vir Jehovah of oor hoe wys die besluite is wat ons gemaak het. Dit is nie die soort twyfelgedagtes waarna in die Bybel verwys word wat wys dat ’n persoon ’n gebrek aan geloof in Jehovah en sy beloftes het nie.

b Al sê die Bybel nie vir ons presies hoe oud Dawid was toe Jehovah hom gekies het nie, was hy heel moontlik nog ’n tiener. – Sien Die Wagtoring van 1 September 2011, bl. 29, par. 2.

c BESKRYWING VAN PRENT: ’n Jong Getuie soek na Jehovah se raad in die Bybel om uit te vind hoe Hy oor haar situasie voel.

d BESKRYWING VAN PRENT: Terwyl ’n broer met sy hande werk om sy gesin te onderhou, sien hy homself in die Paradys.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel