Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp25 nr. 1 bl. 10-13
  • Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GOD SAL MENSEREGERINGS VERWYDER
  • GOD SAL SONDE VERWYDER
  • GOD SAL SATAN EN SY DEMONE VERWYDER
  • God se beskouing van oorlog in ons tyd
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoekom oorlog en gewelddadige konflik aanhou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
wp25 nr. 1 bl. 10-13
’n Soldaat dink na terwyl hy tussen die rommel sit van ’n stad wat deur oorlog vernietig is.

Mense kan nie ’n einde aan oorlog maak nie

Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig

Die Bybel sê dat God, nie mense nie, “regoor die aarde ’n einde aan oorloë” sal maak. – Psalm 46:9.

GOD SAL MENSEREGERINGS VERWYDER

God sal ’n einde aan menseregerings maak deur middel van ’n oorlog wat die Bybel Armageddona noem (Openbaring 16:16). Gedurende daardie tyd sal “die konings van die hele aarde” bymekaargebring word vir “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” (Openbaring 16:14). Armageddon is God se oorlog wat alle oorloë sal beëindig.

God sal menseregerings vervang met sy Koninkryk, of regering, wat uit die hemel sal regeer en nooit vernietig sal word nie (Daniël 2:44). God het sy Seun, Jesus Christus, gekies om die Koning daarvan te wees (Jesaja 9:​6, 7; Matteus 28:18). Hierdie regering is die Koninkrykb waarvoor Jesus sy volgelinge geleer het om te bid (Matteus 6:​9, 10). Alle mense sal verenig wees onder een wêreldwye regering met Jesus as Heerser.

Anders as menseheersers sal Jesus nie sy gesag gebruik om sy eie belange te bevorder nie. Omdat hy regverdig en onpartydig is, sal niemand bekommerd hoef te wees dat hulle nie raakgesien sal word as gevolg van hulle ras, nasionaliteit of etniese agtergrond nie (Jesaja 11:​3, 4). En mense sal nie vir hulle regte hoef te veg nie. Hoekom nie? Omdat Jesus in elke persoon sal belangstel. “Hy sal die arme red wat om hulp roep, en ook enigiemand wat geen helper het nie. . . . Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red.” – Psalm 72:​12-14.

God se Koninkryk sal alle dodelike wapens van die aarde af verwyder (Miga 4:3). Dit sal ook goddelose mense verwyder wat weier om op te hou veg of wat ander se vrede versteur (Psalm 37:​9, 10). Elke man, vrou en kind sal veilig voel waar hulle ook al op die aarde is. – Esegiël 34:28.

Onder God se regering sal mense perfekte toestande geniet. Dit sal die probleme verwyder wat veroorsaak dat mense veg, soos armoede, hongerte en ’n tekort aan behuising. Almal sal toegang het tot ’n oorvloed gesonde kos en sal ’n gemaklike plek hê om te bly. – Psalm 72:16; Jesaja 65:​21-23.

God se Koninkryk sal ontslae raak van al die skadelike gevolge van oorlog. Dit sluit nie net fisiese wonde in nie, maar ook die verstandelike en emosionele pyn wat mense ervaar as gevolg van die aaklige dinge wat gedurende oorlog gebeur. Selfs dié wat gesterf het, sal ’n opstanding tot lewe op aarde kry (Jesaja 25:8; 26:19; 35:​5, 6). Families sal weer verenig word, en die wrede herinneringe van oorlog sal deel wees van “die vorige dinge [wat] verby [is]”. – Openbaring 21:4.

GOD SAL SONDE VERWYDER

God se Koninkryk sal mense verenig in die aanbidding van die enigste ware God, Jehovah,c “die God van liefde en vrede” (2 Korintiërs 13:11). Mense sal leer hoe om in vrede saam te lewe (Jesaja 2:​3, 4; 11:9). Almal wat toepas wat hulle leer, sal vrygemaak word van die gevolge van sonde. – Romeine 8:​20, 21.

GOD SAL SATAN EN SY DEMONE VERWYDER

God se Koninkryk sal die opstokers van oorlog, Satan en sy demone, vernietig (Openbaring 20:​1-3, 10). Sonder hulle bose invloed, “sal [daar] ’n oorvloed van vrede wees.” – Psalm 72:7.

Jy kan daarvan oortuig wees dat God se belofte om ’n einde aan oorlog en gewelddadige konflik te maak, waar sal word. Hy het beide die vermoë en die begeerte om oorlog te verwyder.

  • God het die wysheid en krag wat nodig is om ’n einde aan oorlog en geweld te maak (Job 9:4). Niks is vir hom onmoontlik om te bereik nie. – Job 42:2.

  • God haat dit om te sien hoe mense swaarkry (Jesaja 63:9). Hy “haat [ook] elkeen wat geweld liefhet”. – Psalm 11:5.

  • God hou altyd sy woord; hy kan nie lieg nie. – Jesaja 55:​10, 11; Titus 1:2.

God sal in die toekoms ware en blywende vrede bring.

’n Gesin lag saam terwyl hulle bo-op ’n heuwel sit op ’n paradysaarde. Perde wei daar naby.

God sal oorlog verwyder

Hoekom het God oorlog toegelaat?

Jy wonder dalk hoekom God toegelaat het dat oorloë tot nou toe aanhou. Om die antwoord op hierdie vraag te kry, kyk na die video Hoekom laat God toe dat mense swaarkry? op jw.org.

a Lees die artikel “Wat is die oorlog van Armageddon?” op jw.org.

b Kyk na die video Wat is God se Koninkryk? op jw.org.

c Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel