Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 Junie bl. 32
  • Hoe om Bybeltekste te onthou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om Bybeltekste te onthou
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik die Bybel op vaardige wyse
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Gebruik JW Library
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Tekste reg toegepas
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Tekste behoorlik ingelei
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 Junie bl. 32

STUDIEWENK

Hoe om Bybeltekste te onthou

Het jy al ooit gesukkel om een van jou gunstelingbybelverse te onthou? Dit kan een wees wat jou vertroos, wat jou help om verkeerde gedagtes te oorkom of wat jy met iemand wil deel (Ps. 119:​11, 111). Kyk na ’n paar voorstelle wat jou kan help om tekste te onthou.

  • Gebruik die merker-funksie in die JW Library®-app. Skep ’n merker met die naam “Gunstelingtekste”, en stoor enige tekste wat jy wil onthou, daaronder.

  • Sit die teks op ’n plek waar jy dit kan sien. Skryf die vers wat jy wil onthou, op ’n stukkie papier neer, en sit dit waar jy dit gereeld sal sien. Party sit dit by hulle spieël; ander sit dit op hulle yskasdeur. En ander neem ’n foto van die teks en gebruik dit as die agtergrondfoto op hulle rekenaar of op hulle selfoon.

  • Maak en gebruik flitskaarte. Skryf die Bybelteks op die een kant van die kaartjie neer en die woorde van die teks op die ander kant. Kyk dan na die kant waar die Bybelteks is en probeer onthou wat die woorde is of kyk na die kant waar die woorde is en probeer onthou waar dit in die Bybel is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel