Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 September bl. 32
  • Jesus het “gehoorsaamheid geleer”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus het “gehoorsaamheid geleer”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer gehoorsaamheid deur dissipline te aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Het jy “’n gehoorsame hart”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Gehoorsaamheid—’n Belangrike les as kind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Jehovah waardeer jou gehoorsaamheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 September bl. 32

BYBELUITDRUKKING

Jesus het “gehoorsaamheid geleer”

Jesus was nog altyd gehoorsaam aan Jehovah (Joh. 8:29). Hoekom sê die Bybel dan: “Hy [het] gehoorsaamheid geleer uit die dinge wat hy gely het”? – Heb. 5:8.

Terwyl Jesus op die aarde was, het hy dinge ondervind wat hy nie in die hemel ondervind het nie. Hy is deur toegewyde maar onvolmaakte ouers grootgemaak (Luk. 2:51). Korrupte godsdiensleiers en onregverdige sekulêre heersers het hom sleg behandel (Matt. 26:59; Mark. 15:15). Wat meer is, “hy [het] homself verneder en gehoorsaam geword tot die dood toe,” ’n pynlike dood. – Fil. 2:8.

Hierdie ondervindinge het Jesus gehoorsaamheid geleer op ’n manier wat hy nooit in die hemel geleer het nie. Daarom kon hy die perfekte Koning en Hoëpriester word, een wat met ons kan simpatiseer (Heb. 4:15; 5:9). Jesus het vir Jehovah waardevoller geword nadat hy gehoorsaamheid geleer het uit die dinge wat hy gely het. Ons kan ook vir Jehovah kosbaarder en nuttiger word vir enige toewysing wat hy ons gee wanneer ons gehoorsaam bly onder moeilike omstandighede. – Jak. 1:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel