Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 November bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Stryd teen twee wrede diere
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Openbaring – Wat dit vir God se vyande beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Die teregstelling van Babilon die Grote
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Vrede, veiligheid en die ‘beeld van die dier’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 November bl. 31

Vrae van lesers

Watter “gedagte” sal Jehovah in die nabye toekoms in die harte van die nasies sit?

Openbaring 17:​16, 17 sê die volgende oor die begin van die groot verdrukking: “Die tien horings wat jy gesien het en die wilde dier, sal die prostituut haat en sal haar verwoes en kaal maak, en hulle sal haar vlees opvreet en haar heeltemal met vuur verbrand. Want God het dit in hulle harte gesit om sy gedagte uit te voer, ja, om hulle een gedagte uit te voer deur hulle koninkryk aan die wilde dier te gee.” Ons publikasies het in die verlede gesê dat die “gedagte” wat Jehovah in die harte van die nasies sal sit, is om valse godsdiens te vernietig.

Maar ’n aanpassing is nodig. Die “gedagte” wat Jehovah in die harte van die nasies sal sit, is vir hulle om “hulle koninkryk aan die wilde dier te gee”. Om te verstaan hoe dit vervul sal word, kyk na die volgende vrae.

Wie is die hoofkarakters in die profesie? “Die prostituut” word ook “Babilon die Grote” genoem; sy verteenwoordig die wêreldryk van valse godsdiens. Die “helderrooi wilde dier” is ’n simbool van die vredesorganisasie wat in 1919 begin funksioneer het as die Volkebond en nou die Verenigde Nasies is (Op. 17:​3-5). “Die tien horings” verteenwoordig al die regerings wat die wilde dier ondersteun.

Wat is die verhouding tussen die prostituut en die helderrooi wilde dier? Die prostituut ‘sit op’ die wilde dier, wat beteken dat sy dit ondersteun en dit probeer beheer.

Wat sal met die prostituut gebeur? Die wilde dier en die tien horings sal die prostituut so baie haat dat hulle alles wat sy het, sal wegneem en vir almal sal wys hoe goddeloos sy is. En hulle sal Jehovah se oordeel in verband met haar uitvoer, naamlik dat sy heeltemal vernietig sal word (Op. 17:1; 18:8). Dit sal die einde van valse godsdienste wees. Maar voordat dit gebeur, sal Jehovah die nasies iets laat doen wat nog nooit voorheen in die geskiedenis van menseheerskappy gebeur het nie.

Wat sal Jehovah die nasies laat doen? Hy sal “sy gedagte” in die harte van die tien horings sit, naamlik dat “hulle hulle mag en gesag aan die [helderrooi] wilde dier” – die Verenigde Nasies – gee (Op. 17:13). Dink aan wat dit beteken. Sal menseregerings eenvoudig op hulle eie besluit om hulle mag en gesag aan die wilde dier oor te gee? Nee! Die profesie wys dat God self hulle sal beïnvloed om dit te doen. (Spr. 21:1; vergelyk Jesaja 44:28.) Sal dit ’n geleidelike proses wees? Nee! Dit sal heel moontlik ’n skielike, beslissende verandering wees. Die wilde dier sal Jehovah se oordeel teen valse godsdiensorganisasies uitvoer deur hulle eens en vir altyd te verwyder.

Wat kan ons dan verwag? Ons hoef nie na nuusverslae te soek wat wys dat regerings stadig maar seker meer ondersteuning aan die Verenigde Nasies gee nie. Wat ons kan verwag, is dit: Jehovah sal dit skielik in die harte van die nasies sit om hulle mag aan die wilde dier oor te gee. Wanneer dit gebeur, sal ons weet dat die groot verdrukking op die punt is om te begin. Intussen, “laat ons wakker en helder van verstand bly” omdat skielike veranderinge binnekort sal gebeur! – 1 Tess. 5:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel