Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 160-161
  • Jehovah het baie harte ontvanklik gemaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah het baie harte ontvanklik gemaak
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Militante ateïs word ’n kneg van God
    2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Gestremd—maar gretig om te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Ek het gesien dat Jehovah goed is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Ek het gesien hoe “die geringste ’n magtige nasie” word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 160-161

DIE DOMINIKAANSE REPUBLIEK

Jehovah het baie harte ontvanklik gemaak

Leonardo Amor

  • GEBORE 1943

  • GEDOOP 1961

  • PROFIEL Hy het die waarheid geleer toe hy ’n tiener was en dien Jehovah nou al meer as 50 jaar voltyds.

Prent op bladsy 160

OMTRENT ’n maand ná die sluipmoord op Trujillo in 1961 is ek gedoop terwyl ek aan ’n universiteit in die regte gestudeer het. My pa wou hê dat ek in die regte moes praktiseer, maar ek kon sien hoe verhewe goddelike onderrigting is. Daarom het ek die universiteit verlaat, al het my pa groot druk op my geplaas. Kort daarna is ek as ’n spesiale pionier aangestel.

Een van my toewysings was in La Vega, wat lank oorwegend Katoliek was. Gedurende die tyd dat ek daar was, het niemand die waarheid aangeneem nie. Wanneer ek openbare toesprake gehou het, was my pioniermaat die enigste persoon in die gehoor. Maar Jehovah het my deur middel van persoonlike Bybelstudie, byeenkomste en vurige gebed onderskraag. Ek het Jehovah in gebed gevra of daar ooit ’n gemeente in La Vega sou wees. Ek is bly om te sê dat daar nou 6 Koninkryksale, 14 gemeentes en meer as 800 Koninkryksverkondigers is.

Ek het in 1965 met my vrou, Ángela, getrou, en in 1981 is ons na Bethel genooi. Toe ek gedoop is, was daar slegs 681 verkondigers in die land. Nou is daar meer as 36 000 verkondigers, en derduisende kom by ons byeenkomste bymekaar. Wanneer ek nou terugkyk, is ek verbaas oor hoe Jehovah so baie harte vir Bybelwaarhede ontvanklik gemaak het.

Prent op bladsy 161

Takkomitee, van links na regs: Reiner Thompson, Juan Crispín, Thomas Dean, Leonel Peguero, Leonardo Amor en Richard Stoddard

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel