Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 117
  • Politieke geweld – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Politieke geweld – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Politieke verdeeldheid is voorspel
  • Die einde van politieke geweld
  • Vrede op aarde—Hoe sal dit tot stand kom?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Geweld
    Ontwaak!—2015
  • ’n Permanente einde aan geweld—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Hoe beskou God geweld?
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 117
’n Haelgeweer wat na die leser wys.

Rui Almeida Fotografia/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Politieke geweld – Wat sê die Bybel?

Geweld teen staatsamptenare word al hoe algemener.

Hoekom is daar so baie politieke geweld? Sal dit ooit ophou? Wat sê die Bybel?

Politieke verdeeldheid is voorspel

Die Bybel het voorspel dat baie mense in ons dag, wat as “die laaste dae” beskryf word, gesindhede sal hê wat geweld en meningsverskille sou veroorsaak.

  • “In die laaste dae [sal daar] swaar tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal . . . ondankbaar en dislojaal wees, . . . nie bereid wees om tot enigiets in te stem nie, . . . wreed wees, . . . verraaiers wees, hardkoppig, opgeblase van trots.” – 2 Timoteus 3:1-4.

Die Bybel het voorspel dat oproere soos opstande en politieke onrus algemeen gedurende hierdie tyd sou wees (Lukas 21:9). Maar politieke geweld en verdeeldheid sal nie vir ewig aanhou nie.

Die einde van politieke geweld

Die Bybel sê dat God alle menseregerings met sy eie hemelse regering sal vervang.

  • “Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat . . . al daardie [ander] koninkryke [sal] vernietig en ’n einde aan hulle [sal] maak, en dit alleen sal vir ewig bestaan.” – Daniël 2:44.

God se Koninkryk sal mense werklik verenig en wêreldwyd vrede bring.

  • Die Heerser van God se Koninkryk, Jesus Christus, word die “Prins van Vrede” genoem, en hy sal seker maak dat daar “geen einde aan vrede [sal] wees nie”. – Jesaja 9:6, 7.

  • Selfs nou leer dié waaroor hierdie Koninkryk regeer, hoe om in vrede te lewe. As gevolg hiervan sê die Bybel: “Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde, en snoeimesse van hulle spiese. Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie, en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.” – Jesaja 2:3, 4.

Om meer uit te vind, lees die artikel “Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?” en kyk na die video Wat is God se Koninkryk?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel