Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 22
  • Wat is die Koninkryk van God?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die Koninkryk van God?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Die waarheid oor die Koninkryk van God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Wat is God se Koninkryk?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Binnekort—’n Paradysaarde!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • God se Koninkryk
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 22
Jesus Christus is as Koning van God se Koninkryk gekroon

Wat is die Koninkryk van God?

Die Bybel se antwoord

God se Koninkryk is ’n werklike regering wat deur Jehovah God opgerig is. “Die koninkryk van God” word ook in die Bybel “die koninkryk van die hemele” genoem, aangesien dit vanuit die hemel regeer (Markus 1:14, 15; Matteus 4:17). Dit het baie kenmerke in gemeen met menseregerings, maar dit is in elke opsig voortrefliker as hierdie regerings.

  • Heersers. God het Jesus Christus as Koning van die Koninkryk aangestel en het hom meer gesag gegee as wat enige menseheerser ooit kan hê (Matteus 28:18). Jesus gebruik hierdie mag net ten goede, aangesien hy reeds bewys het dat hy ’n betroubare en medelydende Leier is (Matteus 4:23; Markus 1:40, 41; 6:31-34; Lukas 7:11-17). Onder God se leiding het Jesus mense uit al die nasies gekies wat saam met hom “as konings oor die aarde [sal] heers.”—Openbaring 5:9, 10.

  • Tydsduur. In teenstelling met menseregerings, wat kom en gaan, sal God se Koninkryk ‘nooit vernietig word nie.’—Daniël 2:44.

  • Onderdane. Enigiemand wat doen wat God vereis, kan ’n onderdaan van God se Koninkryk wees, ongeag sy afkoms of geboorteplek.—Handelinge 10:34, 35.

  • Wette. Die wette (of gebooie) van God se Koninkryk verbied nie net verkeerde gedrag nie. Dit verhef ook die sedelike karakter van sy onderdane. Die Bybel sê byvoorbeeld: “‘Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die grootste en eerste gebod. Die tweede, soortgelyk hieraan, is dit: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’” (Matteus 22:37-39). Liefde vir God en hulle naaste beweeg onderdane van die Koninkryk om in die beste belang van ander op te tree.

  • Opvoeding. Hoewel God se Koninkryk hoë standaarde vir sy onderdane stel, leer dit mense ook hoe om aan hierdie standaarde te voldoen.—Jesaja 48:17, 18.

  • Doel. Die Koninkryk van God verryk nie sy heersers ten koste van sy onderdane nie. Dit vervul eerder God se wil, insluitende die belofte dat diegene wat hom liefhet, vir ewig op ’n paradysaarde sal lewe.—Jesaja 35:1, 5, 6; Matteus 6:10; Openbaring 21:1-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel