Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 24
  • Wêreldvrede—Waarom is dit so moeilik om te verkry?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wêreldvrede—Waarom is dit so moeilik om te verkry?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoekom kan mense nie vrede maak nie? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Wie sal die mensdom na vrede lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 24
’n Vegvliegtuig

Wêreldvrede—Waarom is dit so moeilik om te verkry?

Die Bybel se antwoord

Mensepogings om wêreldvrede tot stand te bring, het gefaal en sal bly faal. Daar is etlike redes waarom dit die geval is.

  • “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Mense is nie geskep met die vermoë of die reg om oor hulleself te regeer nie, en daarom sal hulle nie blywende vrede kan teweegbring nie.

  • “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie; hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen” (Psalm 146:3, 4, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Regeringsleiers, selfs dié met die allerbeste beweegredes, kan nie met blywende oplossings vir die grondoorsake van oorlog vorendag kom nie.

  • “Daar [sal] in die laaste dae kritieke tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal . . . wreedaardig, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, eiesinnig, opgeblase van trots [wees]” (2 Timoteus 3:1-4). Ons lewe in “die laaste dae” van die teenswoordige goddelose wêreld, ’n tyd wanneer heersende gesindhede dit moeilik maak om vrede te bewerkstellig.

  • “Wee die aarde en die see, want die Duiwel het na julle toe neergedaal en het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydjie het” (Openbaring 12:12). Die Duiwel, God se vyand, is beperk tot die omgewing van die aarde en beweeg mense om sy wreedaardige gees aan te neem. Solank hy “die heerser van hierdie wêreld” is, kan ons nooit in vrede lewe nie.—Johannes 12:31.

  • “[God se Koninkryk] sal al hierdie koninkryke [wat God teëstaan] verbrysel en daar ’n einde aan maak, en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan” (Daniël 2:44). God se Koninkryk, nie enige menseregering nie, sal ons begeerte na blywende wêreldvrede bevredig.—Psalm 145:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel