Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 31
  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is ’n kultus?
  • Kultusse—Wat is hulle?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Maagdelikheid—Waarom?
    Ontwaak!—1996
  • Geheimhouding in die naam van die here
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 31
Een van Jehovah se Getuies gee ’n lees-en-skryf-klas vir ’n groep mense.

Is Jehovah se Getuies ’n kultus?

Nee, Jehovah se Getuies is nie ’n kultus nie. Ons is eerder Christene wat ons bes doen om Jesus Christus se voorbeeld te volg en volgens sy leringe te lewe.

Wat is ’n kultus?

Die term “kultus” beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Maar kyk na twee algemene beskouings oor kultusse en waarom hierdie beskouings nie op ons van toepassing is nie.

  • Party beskou ’n kultus as ’n nuwe of onortodokse godsdiens. Jehovah se Getuies het nie ’n nuwe godsdiens begin nie. Inteendeel, ons grond ons aanbidding op dié van die eerste-eeuse Christene, wie se voorbeeld en leringe in die Bybel opgeteken is (2 Timoteus 3:16, 17). Ons glo dat die Heilige Skrif die gesag moet wees met betrekking tot wat ortodoks is in sake van aanbidding.

  • Party beskou ’n kultus as ’n gevaarlike godsdienssekte met ’n menseleier. Jehovah se Getuies aanvaar geen mens as hulle leier nie. Ons bly eerder by die standaard wat Jesus vir sy volgelinge gestel het toe hy gesê het: “Een is julle Leier, die Christus.”—Matteus 23:10.

Jehovah se Getuies is allesbehalwe ’n gevaarlike kultus; ons beoefen eerder ’n godsdiens wat ons en ander in die gemeenskap tot voordeel strek. Byvoorbeeld, ons bediening het al baie mense gehelp om skadelike verslawings, soos dwelm- en alkoholmisbruik, te oorkom. Daarbenewens hou ons regoor die wêreld lees-en-skryf-klasse, wat duisende mense help om geletterd te word. Ons is ook daadwerklik betrokke by noodlenigingswerk. Ons beywer ons om ’n positiewe invloed op ander te hê, in ooreenstemming met Jesus se opdrag aan sy volgelinge.—Matteus 5:13-16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel