Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 41
  • Hoe kan ek my woede onder beheer hou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek my woede onder beheer hou?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vasvra
  • Waarom dit saak maak
  • Wat jy kan doen
  • Hoe kan ek my humeur in toom hou?
    Ontwaak!—2009
  • Hoe om jou humeur in toom te hou
    Ontwaak!—2015
  • Wat sê die Bybel oor woede?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Jy Kan jou humeur beteuel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 41
’n Tienerseun is: 1. Kalm; 2. Ontevrede; 3. Kwaad

JONGMENSE VRA

Hoe kan ek my woede onder beheer hou?

  • Vasvra

  • Waarom dit saak maak

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander jongmense sê

Vasvra

  • Hoe dikwels word jy kwaad?

    • amper nooit

    • nou en dan

    • elke dag

  • Hoe kwaad word jy?

    • ’n bietjie

    • baie

    • verskriklik

  • Vir wie word jy gewoonlik kwaad?

    • ’n ouer

    • ’n broer of suster

    • ’n vriend

As jy besef dat jy jou woede onder beheer moet hou, sal hierdie artikel jou help! Kyk eers na ’n paar redes waarom dit belangrik is om kalm te bly wanneer iets jou kwaad maak.

Waarom dit saak maak

Jou gesondheid. Spreuke 14:30 sê: “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond” (Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Daarenteen sê die Journal of Medicine and Life dat “woede ’n direkte uitwerking op hartsiektes kan hê”.

Jou vriende. Die Bybel sê: “Moenie maats maak met ’n opvlieënde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie” (Spreuke 22:24, NAB). As jy dus kort van draad is, moet jy nie verbaas wees as mense jou vermy nie. “As jy nie leer om jou humeur in toom te hou nie”, sê ’n jong vrou met die naam Jasmine, “sal jy goeie vriendskappe deur jou vingers laat glip.”

Jou reputasie. “As jy jou humeur verloor”, sê 17-jarige Ethan, “sal ander daarvan uitvind en sal dit hulle opinie van jou beïnvloed.” Vra jou af: ‘As wat wil ek bekend staan—as ’n kalm vredemaker of as ’n tydbom?’ Die Bybel sê: “’n Geduldige persoon is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.”—Spreuke 14:29, NAB.

’n Tienerseun se vriende staan terug omdat hy sy humeur verloor

Niemand wil saam met ’n persoon wees wat woedeuitbarstings het nie

Wat jy kan doen

Dink na oor die volgende tekste en kommentare, en vra jou die bygaande vrae af.

  • Spreuke 29:22: “’n Man wat gou toornig word, verwek twis, en iemand wat geneig is tot woede, begaan baie oortredings.”

    “In my vroeë tienerjare het ek baie gesukkel om my woede onder beheer te hou. My familielede aan my pa se kant het dieselfde probleem. Ons noem dit die familiegeen. Dit is vir ons baie moeilik om ons humeur in toom te hou!”—Kerri.

    Is ek geneig om kwaad te word? As ek die eer aanvaar vir my goeie eienskappe, is dit redelik om gene te blameer vir hierdie slegte eienskap?

  • Spreuke 15:1: “’n Sagte antwoord keer woede af, maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom.”

    “Die geheim is om te leer om jou emosies onder beheer te hou. As jy ’n sagmoedige persoonlikheid aankweek en op die positiewe konsentreer, sal dit nie vir jou moeilik wees om jou humeur in toom te hou nie.”—Daryl.

    Waarom is my eerste reaksie belangrik wanneer iets my kwaad maak?

  • Spreuke 26:20: “Waar daar geen hout is nie, gaan die vuur dood.”

    “Wanneer ek vriendelik antwoord, het dit gewoonlik ’n kalmerende uitwerking op die ander persoon en kan ons met mekaar kommunikeer sonder dat ons emosies die oorhand oor ons kry.”—Jasmine.

    Hoe kan my woorde of dade olie op die vuur gooi?

  • Spreuke 22:3: “Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien en hom verberg het, maar die onervarenes het verder gegaan en moet die straf ondergaan.”

    “Soms moet ek net wegloop en ’n bietjie tyd neem om te dink oor wat gebeur het, en dan kan ek die probleem later, wanneer ek kalm is, probeer oplos.”—Gary.

    Wanneer is dit dalk goed om van ’n gespanne situasie weg te loop sonder om die indruk te skep dat jy jou rug vir die ander persoon draai?

  • Jakobus 3:2: “Ons almal struikel dikwels.”

    “Ons moet spyt wees oor ons foute, maar ons moet ook daaruit leer. Ons moet dadelik opstaan wanneer ons val en vasbeslote wees om volgende keer beter te doen.”​—Kerri.

Wenk: Stel ’n doelwit. Besluit om vir ’n sekere tydperk—dalk ’n maand—nie kwaad te word nie. Hou ’n dagboek en monitor jou vordering.

WAT ANDER JONGMENSE SÊ

Alyssa

“Ek het voorheen gedink dat mense wat toegee sonder om kwaad te word, swak is; nou besef ek dat dit in werklikheid ’n bewys is van nederigheid—een van die belangrikste eienskappe wat ons kan hê. Dit is moeilik om my humeur in toom te hou, maar dit is beslis die moeite werd!”—Alyssa.

Erik

“Ek haal eers ’n paar keer diep asem voordat ek reageer. Dit help my om goed oor my reaksie na te dink sodat ek nie op ’n manier optree waaroor ek later spyt sal wees nie. Om kwaad te word, los nooit die probleem op nie. Dit maak dinge eintlik net erger.”—Erik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel