Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 49
  • Maak dit saak watter musiek ek kies?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak dit saak watter musiek ek kies?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die voordele
  • Die slaggate
  • Hoe kan ek musiek op sy plek hou?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Hoe kan ek musiek op sy plek hou?
    Ontwaak!—1993
  • Sal jy wyse keuses maak?
    Ontwaak!—2011
  • Musiek—Jehovah se genotvolle gawe aan ons
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 49
’n Jong meisie luister na musiek op haar elektroniese toestel

JONGMENSE VRA

Maak dit saak watter musiek ek kies?

“Wanneer ek opstaan, sit ek my musiek aan. Wanneer ek in die kar klim, sit ek die musiek aan. Of ek nou by die huis sit en ontspan, skoonmaak of selfs lees—my musiek is aan. Ek luister heeltyd na musiek.”—Carla.

Is jy net so lief vir musiek soos Carla? Indien wel, sal hierdie artikel jou help om die voordele daarvan te geniet, die slaggate te vermy en jou musiek wyslik te kies.

  • Die voordele

  • Die slaggate

  • Wat ander jongmense sê

Die voordele

Om na musiek te luister is soos om kos te eet. In elke geval kan die regte soort en die regte hoeveelheid vir jou goed wees. Dink hieraan:

  • Musiek kan jou beter laat voel.

    “As my hele dag skeefloop, kan ek my gunstelingmusiek speel en dan voel ek sommer dadelik beter.”—Mark.

  • Musiek kan jou na die verlede terugvoer.

    “Dikwels laat ’n sekere liedjie ’n mooi herinnering by my opkom. Ek voel gelukkig elke keer wanneer ek dit hoor.”—Sheila.

  • Musiek kan ’n sterk band van eenheid skep.

    “Ek was by ’n internasionale byeenkoms van Jehovah se Getuies, en toe ons almal die laaste lied sing, het my oë vol trane geskiet. Ons praat verskillende tale, maar die musiek het ons verenig.”—Tammy.

  • Musiek kan jou help om waardevolle eienskappe aan te kweek.

    “As jy leer om ’n musiekinstrument te speel, sal dit jou help om selfdissipline en geduld aan te leer. Dis nie iets wat jy vinnig kan baasraak nie. Die enigste manier om te verbeter, is om te oefen.”—Anna.

Het jy geweet? Die grootste boek in die Bybel—Psalms—bestaan uit 150 liedere.

’n Jong man kyk na vrot appels

Wees so selektief met musiek soos jy is met kos

Die slaggate

Soos besmette voedsel, kan party soorte musiek giftig wees. Kyk waarom.

  • Baie liedjies praat skaamteloos oor seks.

    “Dit lyk of al die populêre liedjies net gaan oor seks. Hulle probeer dit nie eers meer wegsteek nie.”—Hannah.

    Die Bybel sê: “Laat hoerery en elke soort onreinheid of hebsug nie eens onder julle genoem word nie” (Efesiërs 5:3). Vra jou af: ‘Pas ek hierdie raad toe in my keuse van musiek?’

  • Party liedjies kan ’n mens baie hartseer maak.

    “Soms lê ek in die aand wakker en luister ek na musiek wat my laat dink aan dinge wat my oorweldig en terneergedruk laat voel. Hartseer musiek kan donker gedagtes by my laat opkom.”—Tammy.

    Die Bybel sê: “Bewaak jou hart meer as enigiets anders wat bewaar moet word” (Spreuke 4:23). Vra jou af: ‘Laat my musiek my aan negatiewe dinge dink?’

  • Sekere soorte musiek kan jou laat kwaad word.

    “Musiek wat vol haat, woede en selfhaat is, het ’n negatiewe invloed op my. Daar was ’n besliste verandering in my emosies wanneer ek na daardie soort musiek geluister het. My familie het dit ook opgemerk.”—John.

    Die Bybel sê: “Verwyder dan nou al hierdie dinge van julle: gramskap, toorn, slegtheid, smadende taal en onwelvoeglike praatjies uit julle mond” (Kolossense 3:8). Vra jou af: ‘Maak my musiek my aggressief of dalk selfs ongevoelig teenoor ander?’

Die slotsom? Wees selektief. Dit is wat ’n tiener met die naam Julie probeer doen. “Ek gaan my musiek gereeld deur, en as ek besef dat enigiets nie gepas is nie, raak ek daarvan ontslae”, sê sy. “Dis nie altyd maklik nie, maar ek weet dis die regte ding om te doen.”

’n Jong vrou met die naam Tara het ook besef dat sy selektief moet wees. Sy sê: “Partykeer speel ’n lekker liedjie oor die radio, maar wanneer ek na die woorde luister, besef ek dat ek die stasie moet verander. Dit is soos om my weg te skeur van ’n heerlike stuk koek nadat ek net een happie gehad het! Maar as ek sterk genoeg is om nee te sê vir ’n liedjie oor seks, is die kanse goed dat ek ook sterk genoeg sal wees om nee te sê vir seks voordat ek trou. Ek wil nie die uitwerking wat musiek op my kan hê, onderskat nie.”

WAT ANDER JONGMENSE SÊ

Abigail

“Musiek kan ’n geweldige verskil maak aan hoe ons voel, en as ons nie oppas nie, kan dit ’n negatiewe uitwerking op ons hê wat ons dalk eers sal agterkom wanneer dit te laat is.”—Abigail.

Robert

“Selfs ’n liedjie wat jy net ’n paar keer hoor, kan vir ewig in jou kop bly. So dis goed om onmiddellik op te hou om na ’n liedjie te luister as dit sleg is. Anders sal jy dit nooit vergeet nie.”—Robert.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel