Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 128
  • Word die vaevuur in die Bybel genoem?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Word die vaevuur in die Bybel genoem?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Vaevuur
    Redenering uit die Skrif
  • Die waarheid omtrent die hel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Kan jy die Bybel glo?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die dood
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 128
’n Kunstenaar se voorstelling van die vaevuur

Word die vaevuur in die Bybel genoem?

Die Bybel se antwoord

Nee, dit word nie genoem nie. Die Bybel bevat nie die woord “vaevuur” nie. Dit leer ook nie dat die siele van dié wat gesterf het, in die vaevuur gereinig word nie.a Kyk na wat die Bybel oor sonde en die dood leer en hoe dit die leerstelling van die vaevuur weerspreek.

  • Geloof in die bloed van Jesus reinig ’n persoon van sonde, nie ’n sogenaamde vaevuur nie. Die Bybel sê: “Die bloed van Jesus, [God se] Seun, reinig ons van alle sonde”. Dit sê ook dat “Jesus Christus . . . ons deur middel van sy eie bloed van ons sondes losgemaak het” (1 Johannes 1:7; Openbaring 1:5). Jesus het “sy lewe [gegee] as ’n losprys vir baie” om vir hulle sondes te betaal.—Matteus 20:28, Ou Afrikaanse Bybelvertaling.

  • Mense wat gesterf het, is in ’n toestand van onbewustheid. “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie” (Prediker 9:5, OAB). ’n Mens wat gesterf het, kan niks voel nie, en daarom kan hy nie in ’n vaevuur gereinig word nie.

  • Daar is nie straf vir sondes nadat ’n persoon gesterf het nie. Die Bybel sê: “Die loon wat die sonde gee, is die dood” en “iemand wat gesterf het, is . . . vry van die mag van die sonde” (Romeine 6:7, 23, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Die enigste straf vir die sonde is die dood.

Wat is die leerstelling van die vaevuur?

Volgens die Katolieke leerstelling is die vaevuur die plek of toestand waar die siele van diegene wat sterf, gestraf word vir hulle sondes wat nog nie vergewe is nie sodat hulle gereinig kan word.b Volgens die Catechism of the Catholic Church is hierdie reiniging ’n vereiste “om die heiligheid te bereik wat nodig is om die vreugde van die hemel in te gaan”. Die Catechism voeg by dat “die tradisie van die Kerk . . . verwys na ’n reiniging deur vuur”, soos uitgebeeld in die kunswerk hierbo in die artikel. Maar dit is nie wat die Bybel leer nie.

Waar het die leerstelling van die vaevuur ontstaan?

Die eertydse Grieke het in limbus en die vaevuur geglo. Klemens van Aleksandrië is deur Griekse filosofie beïnvloed en het gesê dat ’n vuur die dooies van hulle sondes kan reinig. Maar volgens The History of Christian Doctrines was dit pous Gregorius die Grote wat beklemtoon het dat die lering van die vaevuur nie betwyfel kan word nie. Hierdie bron sê ook dat Gregorius, wat die pous was vanaf 590 tot 604 HJ, “gewoonlik ‘die persoon genoem word wat die vaevuur uitgevind het’”. Die Katolieke Kerk het by die Konsilie van Lyon (1274) en die Konsilie van Florence (1439) bepaal wat sy amptelike leerstelling van die vaevuur is, en dit weer by die Konsilie van Trente in 1547 bevestig.

a Die boek Orpheus: A General History of Religions sê oor die vaevuur dat “dit nie eens in die Evangelies genoem word nie”. Die New Catholic Encyclopedia sê ook: “Dit is duidelik dat die Katolieke leerstelling van die vaevuur gebaseer is op tradisie, nie op die Heilige Skrif nie.”—Tweede uitgawe, deel 11, bladsy 825.

b Sien die New Catholic Encyclopedia, tweede uitgawe, deel 11, bladsy 824.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel