Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 81
  • Sê nou ek is verveeld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sê nou ek is verveeld?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wat jy kan doen
  • Wat as my kind verveeld is?
    Hulp vir die gesin
  • Is daar ’n maklike oplossing vir verveeldheid?
    Ontwaak!—1995
  • Is jou lewe vervelig? Jy kan dit verander!
    Ontwaak!—1995
  • Sal ewige lewe in die Paradys vervelig wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 81
’n Tienerseun het baie elektroniese toestelle, maar hy lê op die bed en kyk na die plafon

JONGMENSE VRA

Sê nou ek is verveeld?

Vir party mense is daar niks erger as om op ’n reënerige middag by die huis te sit met niks om te doen nie en nêrens om te gaan nie. “Op sulke tye”, sê ’n jong man met die naam Robert, “sit ek net daar en weet ek nie wat om met myself te doen nie.”

Het jy al ooit so gevoel? As dit die geval is, kan hierdie artikel jou help!

  • Wat jy moet weet

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander jongmense sê

Wat jy moet weet

  • Tegnologie sal dalk nie help nie.

    Om die hele tyd op die Internet te wees, is dalk ’n manier om die tyd te laat verbygaan, maar dit kan ook keer dat jy kreatief is en jou eintlik net meer verveeld maak. “Jy besef dat jy net na ’n skerm staar en nie regtig jou verstand gebruik nie”, sê Jeremy, wat 21 jaar oud is.

    ’n Jong meisie met die naam Elena stem saam. “Daar is net soveel wat jy met tegnologie kan doen”, sê sy. “Dit lei jou aandag van die regte wêreld af, maar wanneer jy jou toestel neersit, verveel die lewe jou selfs meer!”

  • Jou gesindheid maak ’n verskil.

    Sal dit keer dat jy verveeld word as jy baie het om te doen? Dit hang baie af van hoe geïnteresseerd jy is in wat jy doen. Byvoorbeeld, ’n jong meisie met die naam Karen sê: “Skool was vir my baie vervelig, selfs al het ek die hele dag baie dinge gehad om te doen. Jy moet belangstel in wat jy doen sodat jy nie verveeld word nie.”

Het jy geweet? “Om niks te hê om te doen nie”, is nie ’n struikelblok nie maar ’n geleentheid – vrugbare grond waarin kreatiwiteit kan groei.

’n Potplant waaruit ’n kitaar, ’n pen en ’n papier en ’n verfbordjie groei

Om tyd te hê is vrugbare grond waarin jou kreatiwiteit kan groei

Wat jy kan doen

Ontwikkel ’n belangstelling in verskillende dinge. Maak nuwe vriende. Begin ’n nuwe stokperdjie. Doen navorsing oor nuwe onderwerpe. Mense wat in verskillende dinge belangstel, is minder geneig om verveeld te wees wanneer hulle alleen is – en minder geneig om vervelig te wees wanneer hulle by ander mense is!

Bybelwaarheid: “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag.” – Prediker 9:10.

“Ek het onlangs Mandaryns begin leer, en om elke dag te oefen het my laat besef dat ek dit regtig gemis het om iets nuuts te leer. Ek is mal daaroor om ’n projek te hê om aan te werk. Dit hou my verstand besig en help my om my tyd goed te gebruik.” – Melinda.

Fokus op jou doel. As jy ’n doel sien in wat jy doen, sal jy meer daarin begin belangstel. Selfs skoolwerk kan minder vervelig wees as jy die doel daarvan sien.

Bybelwaarheid: ‘Vir ’n mens is daar niks beters nie as dat hy die goeie sien weens sy harde werk.’ – Prediker 2:24.

“Aan die einde van my skoolloopbaan het ek elke dag agt uur lank gestudeer omdat ek moes opvang. Was dit vervelig? Nie toe ek vasbeslote was om my doel te bereik nie. Ek was gefokus op die uiteinde – graduering – en dit het my aangespoor.” – Hannah.

Aanvaar wat jy nie kan verander nie. Selfs die opwindendste dinge sal die een of ander eentonige aspek hê. En selfs jou beste vriende sal soms planne kanselleer, en dan het jy niks om te doen nie. Moenie negatief word en ’n slagoffer van jou omstandighede wees nie, probeer eerder om positief te wees.

Bybelwaarheid: “Wie vrolik van hart is, het voortdurend ’n feesmaal.” – Spreuke 15:15.

“’n Vriend het vir my gesê dat ek moet leer om die tye wanneer ek alleen is, te geniet. Sy sê dat jy moet leer om ’n balans te vind tussen tye wanneer jy alleen is en tye wanneer jy rondom ander is en dat dit ’n belangrike lewensles is wat almal moet leer.” – Ivy.

Wat ander jongmense sê

Hannah

“Soms het dit vir my gelyk asof mense sulke opwindende lewens lei, en dan het ek gewens dat ek dit ook het. Toe het ek besef dat hulle net normale mense is wat dinge gedoen het. Toe het ek dinge begin doen. Ek het stokperdjies gekry en oor interessante onderwerpe navorsing gedoen. Wanneer jy jou kennis van die wêreld verbreed, sal dit jou al hoe meer fassineer, en dan is jy nie meer verveeld nie.” – Hannah.

Caleb

“In my vroeë tienerjare het ek videospeletjies gespeel wanneer ek verveeld was. Maar soos ek ouer geword het, het ek gesien dat videospeletjies jou besig hou, maar wanneer jy klaar is, het jy niks om daarvoor te wys nie. Ek het beter dinge gevind om met my tyd te doen.” – Caleb.

Micaela

“Ek het altyd gedink dat my dae lank en vervelig is, maar ek het uiteindelik geleer dat ek van my kant af ook iets moet doen as ek wil hê dat mense tyd met my moet spandeer. Ek het dit begin doen, en dit het baie gehelp. Nou waardeer ek eintlik die tye wanneer ek ‘verveeld’ is, want dit het so skaars geword! – Micaela.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel