Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwwd artikel 31
  • Die kolibrie se tong

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kolibrie se tong
  • Is dit ontwerp?
  • Soortgelyke materiaal
  • Die kolibrie se tong
    Ontwaak!—2010
  • Die voëltjie wat blomme kus
    Ontwaak!—1999
  • Toon liefde en respek deur jou tong te beheer
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Hoekom sê ek altyd die verkeerde ding?
    Jongmense vra
Sien nog
Is dit ontwerp?
ijwwd artikel 31
’n Kolibrie steek sy tong uit om nektar van ’n blom te drink.

Moment/Robert D. Barnes via Getty Images

IS DIT ONTWERP?

Die kolibrie se tong

Wetenskaplikes het eers gedink dat die kolibrie se tong nektar optrek deur middel van natuurkragte wat vloeistowwe in dun buisies laat opbeweeg – ’n proses wat kapillêre werking genoem word. Maar onlangs het wetenskaplikes uitgevind dat die voël ’n baie doeltreffender metode gebruik, ’n manier waar vloeistof vasgevang word.

Dink hieraan: Wanneer die kolibrie se tong met nektar in aanraking kom, verdeel die tong horisontaal en vorm dit twee punte. Daar is ’n gleufie aan die einde van elke punt. Die gleufies is eintlik geslote skrefies. Wanneer die punte in aanraking kom met vloeistof, maak die gleufies oop en vou die punte van die tong oop, wat die voël help om nektar op te lek eerder as om dit op te trek soos deur ’n strooitjie. Wanneer die tong terugtrek, gebeur die teenoorgestelde – die gleufies op die punte maak toe met die nektar wat vasgevang is aan die binnekant.

Collage: ’n Kolibrie drink nektar uit ’n blom. Kleiner foto’s: 1. Sy uitgesteekte tong kom in kontak met die blom se nektar. 2. Sy gevurkte tong se twee punte vang die nektar vas en trek dit op.

Navorsers Alejandro Rico-Guevara, Tai-Hsi Fan en Margaret Rubega sê dat hierdie hele proses “minder as ’n tiende van ’n sekonde” neem. Hulle sê ook dat die punt van die tong ’n dinamiese toestel is wat vloeistof vasvang en waarvan die vorm dramaties verander wanneer dit in aanraking met vloeistowwe kom.

Wat meer is, die voëltjie hoef glad nie energie te gebruik om dit te doen nie. Die punte van die tong vou oop en toe in reaksie op ingewikkelde kragte wat ’n invloed daarop het wanneer dit in kontak met vloeistof kom.

Omdat die kolibrie se tong so ’n doeltreffende toestel is wat vloeistof kan vasvang, glo wetenskaplikes dat dit hulle kan inspireer om dieselfde metode in medisyne, robotika en ander velde te gebruik. Dit kan selfs help in die ontwerp van gereedskap om vloeistowwe op te droog of oliestortings skoon te maak.

Kyk hoe ’n kolibrie sy tong uitsteek

Wat dink jy? Het die kolibrie se ingewikkelde tong deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel