Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 84
  • Hoekom sê ek altyd die verkeerde ding?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom sê ek altyd die verkeerde ding?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom sê ek die verkeerde ding?
  • Kry die tong onder beheer
  • Toon liefde en respek deur jou tong te beheer
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wat is verkeerd met sarkasme?
    Ontwaak!—1991
  • Waarom het ek nie my mond gehou nie?
    Ontwaak!—2012
  • Gebruik jou tong wyslik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 84
’n Jong man probeer woorde gryp wat nou net uit sy mond gekom het

JONGMENSE VRA

Hoekom sê ek altyd die verkeerde ding?

“Soms kan ek my tong beheer, maar ander kere voel dit asof my mond praat sonder dat my brein dink!” — James.

“Wanneer ek gestres is, praat ek sonder om te dink, en wanneer ek rustig is, sê ek meer as wat ek moet. So, ek mors basies die heeltyd op.” — Marie.

Die Bybel sê: “Die tong is ’n vuur”, en “Wat ’n klein vuurtjie is nodig om so ’n groot bos aan die brand te steek!” (Jakobus 3:5, 6). Kom jy dikwels in die moeilikheid oor wat jy sê? As dit so is, kan hierdie artikel jou help.

  • Hoekom sê ek die verkeerde ding?

  • Kry die tong onder beheer

  • Wat ander jongmense sê

Hoekom sê ek die verkeerde ding?

Onvolmaaktheid. Die Bybel sê: “Ons almal struikel dikwels. As iemand in woord nie struikel nie, is hy ’n volmaakte man” (Jakobus 3:2). Ons is onvolmaakte mense, en daarom kan ons maklik die verkeerde ding sê wanneer ons praat.

“Omdat ek ’n onvolmaakte brein en ’n onvolmaakte tong het, is dit dom van my om te sê dat ek volmaakte beheer oor hulle het.” — Anna.

Om te veel te praat. Die Bybel sê: “In die oorvloed van woorde ontbreek die oortreding nie” (Spreuke 10:19). Mense wat te veel praat — en te min luister — is meer geneig om ander mense seer te maak deur die verkeerde ding te sê.

“Die slimste mense in die vertrek is nie altyd die mense wat iets sê nie. Jesus is die slimste mens wat nog ooit gelewe het, en tog het hy soms net stil gebly.” — Julia.

Sarkasme. Die Bybel sê: “Daar is een wat onnadenkend praat soos met swaardsteke” (Spreuke 12:18). ’n Voorbeeld hiervan is sarkasme — woorde wat seermaak en mense laat sleg voel oor hulleself. Mense wat sarkasme gebruik, sê dalk: “Dit was net ’n grappie!” Maar om iemand af te kraak, is nie iets om oor te lag nie. Die Bybel sê: “Laat . . . smadende taal van julle af weggeneem word, saam met alle slegtheid.” — Efesiërs 4:31.

“Ek is party keer bietjie sarkasties en ek hou daarvan om snaaks te wees, en dit kry my dikwels in die moeilikheid.” — Oksana.

’n Jong man probeer om tandepasta terug in die buisie te druk

Wanneer jy eers iets gesê het, kan jy dit nie terugvat nie. Net soos ’n mens nie tandepasta terug in die buisie kan druk nie

Kry die tong onder beheer

Dit is nie maklik om te leer om jou tong te beheer nie, maar die raad in die Bybel kan jou help. Kyk byvoorbeeld na die volgende raad.

“Sê wat julle te sê het in julle hart, . . . en bly stil.” — Psalm 4:4.

Soms is die beste ding om stil te bly. ’n Meisie met die naam Laura sê: “Hoe ek voel wanneer ek kwaad is, is dalk nie hoe ek later voel nie. Wanneer ek gekalmeer het, is ek gewoonlik bly dat ek nie gesê het wat ek gedink het nie.” As ’n mens net ’n paar sekondes wag, kan dit jou keer om die verkeerde ding te sê.

“Toets die oor nie woorde soos die verhemelte voedsel proe nie?” — Job 12:11.

Jy kan baie hartseer vermy as jy die volgende vrae beantwoord voordat jy iets sê:

  • Is dit waar? Is dit mooi? Is dit nodig? — Romeine 14:19.

  • Hoe sou ek voel as iemand dit vir my sê? — Matteus 7:12.

  • Sou dit wys dat ek die ander persoon se gevoelens respekteer? — Romeine 12:10.

  • Is dit die regte tyd en plek om dit te sê? — Prediker 3:7.

Beskou “met ootmoed [nederigheid] die ander hoër as julleself.” — Filippense 2:3.

Hierdie raad sal jou help om goed te dink van ander, wat jou weer sal help om stil te bly en te dink voordat jy praat. Selfs al het jy klaar iets gesê wat iemand seergemaak het, sal nederigheid jou help om jammer te sê — en om dit so gou as moontlik te doen! (Matteus 5:23, 24). Besluit dan om harder te probeer om jou tong onder beheer te hou.

Wat ander jongmense sê

Taylor

“Wanneer ek opgewonde raak in ’n gesprek, is ek geneig om dinge te sê wat ek nie bedoel nie. Maar as ek net tien sekondes wag om te dink aan hoe ander gaan voel oor wat ek sê en of dit regtig ander mense kan help, kan ek my tong beter onder beheer hou.” — Taylor.

Brandon

“Wanneer iemand iets sê wat jou ontstel, is dit goed om aan die omstandighede te dink. Baie keer is dit net wilde praatjies, en dit kan maklik vergewe word. Ander kere kan wat gesê word, dalk vir jou onregverdig lyk, maar dit kan dalk die waarheid wees. Wanneer ’n mens positief en kalm bly, kan dit help om sulke situasies beter te hanteer.” — Brandon.

Jessica

“Dis makliker om nie lelike dinge te sê as jy in die eerste plek nie daaraan gedink het nie. Soms moet ons werk aan hoe ons situasies en mense beskou. As ons dit doen, sal dit makliker wees om nie dinge te sê wat hulle kan seermaak nie.” — Jessica.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel