Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/85 bl. 7-8
  • Onderrigting tydens herbesoeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onderrigting tydens herbesoeke
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • STUDIES
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Maak seker dat jy teruggaan
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Doen jy jou herbesoeke?
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 4/85 bl. 7-8

Onderrigting tydens herbesoeke

1 As bedienaars van ons God Jehovah kom ons voor ’n uitdaging te staan. Daardie uitdaging is duidelik opgeteken in Mattheüs 28:19 waar Jesus ons beveel om te onderrig en dissipels te maak. Hoewel baie van ons dit moeilik vind om ander te onderrig, is dit ’n kuns wat ons wil aanleer (2 Tim. 4:2). Hoe kan ons daardie uitdaging aanvaar en sukses behaal in ons bediening?

2 ’n Bekwame onderrigter is nie bloot iemand wat lektuur versprei nie. Ons doel is om dissipels te maak. Om ons te help om hierdie doel te bereik, voorsien Jehovah se organisasie nuttige hulpmiddele in die vorm van lektuur en aanbevole Skriftuurlike aanbiedings. Wanneer iemand geluister of tydskrifte of ander lektuur aanvaar het, behoort ons begeerte om ’n dissipel te maak en die belangstellende persoon die waarheid te leer ons te beweeg om herbesoeke te doen en voort te bou op die belangstelling wat getoon is.

3 ’n Goeie onderrigtegniek van ons Voorbeeld, Jesus Christus, was die gebruik van vrae. Vrae laat mense dink, help die huisbewoners om te redeneer en hulself te ondersoek in die lig van wat hulle geleer het. Hierdie metode kan gebruik word wanneer ons herbesoeke doen op mense by wie ons gereeld tydskrifte laat. ’n Goeie manier om die persoon lus te maak om die tydskrif te lees, is deur ’n vraag te stel en die aandag op ’n artikel te vestig wat dit sal beantwoord. Dit lê ook ’n grondslag vir ons volgende besoek.

4 Wanneer ons terugkeer, kan ons ons bespreking om ’n teks bou wat in die artikel verskyn. Spoor die huisbewoner aan om die tekste in sy eie Bybel na te slaan, al word hulle in die tydskrif aangehaal. As die huisbewoner dit doen en ons hom vrae vra, sal ons hom leer om oor die materiaal te redeneer en om self antwoorde te kry. Dit lê ’n goeie grondslag vir ’n Bybelstudie.

STUDIES

5 Uitlokvrae is ’n uitstekende manier om die denkvermoë van ons studente te ontwikkel. Christus Jesus het dit by talle geleenthede gebruik (Matt. 22:41-46). Uitlokvrae help studente om tot die regte slotsom te kom deur middel van die Skriftuurlike waarhede wat hulle geleer het.

6 As ons ’n kort hersiening aan die einde van ons herbesoek of Bybelstudie hou, sal ons die nuwe dinge wat die student geleer het op sy verstand inprent. Sodoende sal ons ’n begeerte na meer Bybelwaarhede by hom wek.​—1 Pet. 2:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel