Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/87 bl. 1
  • Deel waardevolle geestelike voedsel met ander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel waardevolle geestelike voedsel met ander
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT ONS KAN BEKLEMTOON
  • Wees wakker vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met ouer publikasies
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Hou aan om ouer publikasies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 1/87 bl. 1

Deel waardevolle geestelike voedsel met ander

1 Koning Dawid van Israel het Jehovah geloof en gesê: “U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae” (Ps. 145:16). In hierdie tyd van die einde maak Jehovah se ruimhartige voorsiening van geestelike voedsel op die regte tyd ons ’n welgevoede en gelukkige volk. Soos Dawid word ons beweeg om Jehovah se naam te loof omdat hy so liefdevol vir ons sorg.

2 Omdat ons so ’n oorvloed van geestelike voedsel het, is dit net natuurlik dat ons dit met ander wil deel. Daarom sal ons gedurende Januarie en Februarie van die ouer publikasies in ons bediening van huis tot huis aanbied.

3 Gemeentes wat enige van die volgende Afrikaanse publikasies in voorraad het, kan dit in die veld teen ’n bydrae van Rl,80 elk aanbied: Woord van God, Waarheid, Hierdie lewe en Goeie nuus.

WAT ONS KAN BEKLEMTOON

4 Lê jou daarop toe om ’n interessante punt in die boek wat jy aanbied te beklemtoon. As jy byvoorbeeld ’n kort aanbieding met die Woord van God-boek maak, kan jy sê: “Feitlik almal bekommer hulle deesdae oor die bedreiging van ’n kernoorlog. Die Bybel sê egter vir ons dat God oorloë gaan laat ophou. Hy gee ons die versekering dat hy deur middel van die Koninkryk vrede en veiligheid totstand gaan bring.” Blaai na bladsy 183 en lees die eerste paragraaf. Nooi die huisbewoner om kommentaar te lewer. Bied dan die boek teen ’n bydrae van Rl,80 aan.

5 As jy beplan om die Goeie nuus-boek aan te bied, kan jy die volgende sê nadat jy die twee tekste in ons ‘Onderwerp vir gesprekke’ bespreek het: “Ons almal verwelkom goeie nuus, nie waar nie? Wel, die doel van die boek Goeie nuus—om jou gelukkig te maak is om goeie nuus te verkondig wat elke man, vrou en kind op aarde raak. Sal u nie bly wees om eendag sulke koerantopskrifte te lees nie? [Wys dan vir die huisbewoner paragraaf 3 op bladsy 5.] Goeie nuus soos hierdie sal u gewis gelukkig maak. Hierdie Bybelstudiehulp sal u help om in die nabye toekoms sulke geluk te smaak.” Bied dan die boek teen ’n bydrae van Rl,80 aan.

6 Ons behoort in Januarie en Februarie heelwat van hierdie ouer publikasies te versprei. Hou in gedagte dat enige publikasie wat jy gebruik geestelike verkwikking bevat vir die wat na die waarheid smag. Deur een of meer van hierdie publikasies by iemand te laat, baan ons die weg vir ’n herbesoek en ’n moontlike Bybelstudie, want Jehovah het inderdaad hierdie publikasies deur sy organisasie voorsien sodat die mensdom versadig kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel