Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/90 bl. 1-4
  • Wees wakker vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees wakker vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VAN HUIS TOT HUIS
  • INFORMELE GETUIENISWERK
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Deel waardevolle geestelike voedsel met ander
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Bied die goeie nuus aan—Deur Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Verspreiding van lektuur in veeltalige gebied
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 1/90 bl. 1-4

Wees wakker vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied

1 Hoe dankbaar is ons tog vir die Bybellektuur wat Jehovah gereeld deur sy organisasie voorsien! Ons stel hierdie geestelike voedsel hoog op prys. Wanneer ons ’n nuwe publikasie ontvang, blaai ons gretig daardeur. Dan, terwyl ons dit sorgvuldig lees, verkry ons insig. Ons waardering vir Jehovah en sy voornemens vergroot.

2 Die persoonlike voordeel wat ons daaruit trek, beweeg ons om die goeie dinge wat ons geleer het aan ander te verkondig (Matt. 24:14). Ons is gretig om die Genootskap se publikasies in die hande van soveel mense moontlik te kry. Dit stel hulle ook in staat om die waarhede te leer wat hierdie leersame Bybelpublikasies bevat. As ons goed voorberei is en wakker is vir geleenthede om die inisiatief te neem om die lektuuraanbod vir die maand aan te bied, sal ons moontlik opregte persone kan help om hulle tot Jehovah te wend en hom saam met ons te dien.

VAN HUIS TOT HUIS

3 Gedurende Januarie en Februarie sal ons ’n verskeidenheid sakformaatboeke teen ’n bydrae van R1,00 elk aanbied. Die boeke wat aangebied moet word, sluit enige sakformaatboek in wat voor 1980 uitgegee is, behalwe Gesinslewe, Groot Onderwyser en Jeug. (Engels: Survival Into a New Earth teen ’n bydrae van R2,50.)

4 Soms is mense werklik baie besig wanneer ons besoek aflê In sulke omstandighede sal ons dalk net die boek wil aanbied soos die tweede voorbeeld op bladsy 20 van die Redenering-boek aan die hand doen. Of ons kan die derde voorbeeld op daardie bladsy gebruik deur begrip te toon vir die huisbewoner se situasie en met oorreding iets soos die volgende te sê: “Maar aangesien u nie nou tyd het om te gesels nie, stel ons voor dat u hierdie twee tydskrifte teen ’n bydrae van R1,20 neem en hulle lees wanneer dit meer geleë is. U sal dit geniet om van God se belofte van iets nuuts te leer.” Hierdie benaderings toon dat ons die huisbewoner se omstandighede in ag neem en terselfdertyd word die lektuur aangebied.

5 Wat kan ons doen as iemand reeds die publikasie het wat ons aanbied? Pas gerus die Bybelbeginsel in 1 Korinthiërs 3:6-9 toe. Die saadjie is reeds geplant. Benut die geleentheid om dit nat te maak deur verder vir die persoon te getuig. Of ons kan iets soos die volgende sê: “Ek is baie bly dat u reeds ’n eksemplaar van hierdie publikasie het. U het dit ongetwyfeld geniet om dit te lees. Ek sal graag vir u wil wys hoe u selfs meer by die boek kan baat vind. Ek sal net ’n paar minute van u tyd in beslag neem.” Demonstreer dan hoe ons die Bybel met behulp van die publikasie bestudeer. Ons doelwit by die deur verander nie wanneer die huisbewoner reeds ’n boek het nie. Onthou, ons hoofdoelwit is om ‘dissipels te maak’.—Matt. 28:19.

INFORMELE GETUIENISWERK

6 Ons moet ook wakker wees vir die talle geleenthede wat ons kan hê om lektuur tydens informele getuieniswerk aan te bied. Dink aan maniere waarop jy kan getuig vir besoekers, familie, werkmaats, skoolmaats, mense wat ons teëkom wanneer ons inkopies doen en dié wat ons in die veldbediening tussen huise of deure teëkom. Beplan vooruit sodat jy lektuur byderhand het om waar moontlik by sulke geleenthede aan te bied. Dit is dikwels nie moeilik om een of meer van die klein publikasies by ons te dra nie. Informele getuieniswerk kan baie goeie resultate lewer.—1 Pet. 3:15.

7 Jehovah se organisasie het ons ruimskoots van lektuur voorsien om ons geestelik sterk te hou en ons te help om die goeie nuus te verkondig. As ons wakker is vir geleenthede om Bybellektuur aan te bied, sal dit ons help om Jehovah se naam te verheerlik.—Ps. 34:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel