Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/87 bl. 8
  • Die Wagtoring en Ontwaak! in volle kleur!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Wagtoring en Ontwaak! in volle kleur!
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 3/87 bl. 8

Die Wagtoring en Ontwaak! in volle kleur!

Ons is bly om julle mee te deel dat Die Wagtoring vanaf 1 April en Ontwaak! vanaf 8 April in vier kleure sal verskyn. In ander lande waar hierdie tydskrifte reeds in volle kleur verskyn, het die broers en die publiek dit goed ontvang. Dit is een van die faktore wat ongetwyfeld daartoe bygedra het dat die verspreiding van Die Wagtoring sowel as Ontwaak! so geweldig toegeneem het. Benewens die feit dat individuele eksemplare aantrekliker is, behoort dit die gehalte van ons aanbieding van die tydskrifte en die intekeningkampanje in April en Mei te verhoog.

Terselfdertyd moet ons ook ’n prysverhoging van ons tydskrifte en intekeninge aankondig. Vanaf die nommers vir April sal die bydrae vir tydskrifte 40c per eksemplaar en die vir ’n intekening op ’n halfmaandelikse tydskrif R9,00 en ’n maandelikse tydskrif R4,50 wees. (Pioniertariewe sal 20c per eksemplaar en, in die geval van intekeninge, R4,50 vir halfmaandelikse en R2,25 vir maandelikse tydskrifte wees.) Ons moet meld dat die rede vir die verhoging nie net toe te skryf is aan die feit dat ons in vier kleure gaan druk nie. Gedurende die afgelope 18 maande het die prys van papier met 68 persent en posgeld met sowat 50 persent gestyg. Al het ons nie na volkleurdrukwerk oorgeskakel nie, sou ons dus steeds die prys van tydskrifte moes verhoog. Ons vertrou egter dat wanneer julle die vierkleurtydskrifte begin ontvang, julle sal voel dat die prys in vergelyking met ander gedrukte items billik is.

Mag ons almal geesdriftig deelneem aan die verspreiding van hierdie uitstekende publikasies wat steeds ’n belangrike rol speel om Jehovah se naam oral bekend te maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel