-
Bied die Goeie Nuus Aan—Deur goed gebruik te maak van Redenering uit die SkrifKoninkryksbediening — 1986 | Junie
-
-
Bied die Goeie Nuus Aan—Deur goed gebruik te maak van Redenering uit die Skrif
1 “Wens jy dat jy meer effektief uit die Skrif kon redeneer? Is daar vrae wat jy tydens jou bediening teëkom wat jy moeilik vind om behoorlik te beantwoord? Sal jy hulp met hierdie vrae waardeer sodat jy opregte mense in julle gebied kan help om die waarheid in te sien?” As jy ja geantwoord het op hierdie vrae wat die spreker by die “Handhawers van onkreukbaarheid”-byeenkoms gestel het, is ons seker daarvan dat jy bly was oor die aankondiging dat die Genootskap ’n nuwe handleiding vir die veldbediening, Redenering uit die Skrif, gedruk het. Het jy, vandat dit uitgereik is, ten volle gebruik gemaak van hierdie puik instrument om ‘uit die Skrif te redeneer, die Skrif uit te lê en daaruit aan te toon’ wat jy leer?—Hand. 17:2, 3, NAV.
WANNEER OM REDENERING-BOEK TE GEBRUIK
2 Wanneer jy vir die huis-tot-huis-bediening voorberei, is dit veral gepas om na party van die uitstekende inleidings in die inleidende deel te kyk. Kan jy een daarvan gebruik of een by jou plaaslike omstandighede aanpas? Dit sal jou ongetwyfeld help om ’n nuwe benadering te hê as jy aan hierdie wenke aandag skenk. Terwyl jy velddiens doen, kom jy dalk ook agter dat jou inleiding nie belangstelling wek nie. Raadpleeg gerus tussen besoeke die Redenering-boek vir gedagtes. Of ’n aantal huisbewoners het dalk die gesprek gedemp met dieselfde antwoord. As jy die deel raadpleeg wat op bladsy 15 begin, kan dit jou help om ’n skynbaar onoorkoomlike muur in ’n oop deur vir verdere bespreking te verander.
3 Wanneer jy ’n herbesoek doen of ’n Bybelstudie hou, vind jy dalk dat die persoon ’n gedagte moeilik verstaan of waardeer. Hy kan nog vrae hê. Die Redenering-boek bevat honderde spesifieke vrae en talle woordbeelde wat jou kan help om die hart van die vraer te bereik. Let byvoorbeeld op die illustrasie op bladsy 169 wat toon waarom Jehovah goddeloosheid toelaat.
4 Die Redenering-boek kan jou ook help om te verduidelik watter veranderinge ’n Bybelstudent in sy lewe moet aanbring ten einde Jehovah te behaag. ’n Paartjie woon dalk saam hoewel hulle nie wettiglik getroud is nie. Skriftuurlike redenering hieroor verskyn op bladsy 201 en 202. Of ’n Bybelstudent sukkel dalk om die gebruik van tabak of dwelms te staak. Ons nuwe handleiding bespreek talle feite oor hierdie skadelike gewoontes onder die hoofopskrif “Dwelms” en wys op goeie Skriftuurlike redes waarom Christene dit moet vermy.
5 In ons geestelike oorlog kan die Redenering-boek ons help om “die swaard van die Gees” kragtig te gebruik om gevangenes van diepgewortelde Babiloniese leerstelling en redenasies te bevry (Ef. 6:17; 2 Kor. 10:4, 5, vgl. NAV). Maar selfs die kragtigste wapen is nutteloos as die soldaat nie weet hoe om dit te gebruik of dit nie byderhand het nie. Soos in die dae van Moses moet ons, as soldate van Christus, ons dus “voor die aangesig van die Here vir die oorlog wapen” (Num. 32:20, 21; 2 Tim. 2:3). Laat ons almal Redenering uit die Skrif ten volle gebruik en dus altyd toegerus wees om die goeie nuus te verdedig en te bevorder.
-
-
Liefde vir die wêreldwye broederskapKoninkryksbediening — 1986 | Junie
-
-
Liefde vir die wêreldwye broederskap
1 “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê” (Joh. 13:34). Liefde vir mekaar was absoluut noodsaaklik vir daardie eerste-eeuse dissipels van Christus Jesus. In hierdie 20ste eeu is dit net so noodsaaklik dat sulke liefde getoon moet word. Hoe gepas is dit dan tog dat die tema vir die kringbyeenkomste wat in Julie 1986 begin “Liefde vir die wêreldwye broederskap” is.
2 Die program dek talle aspekte van hierdie liefde wat so noodsaaklik is en wat as bindmiddel dien om God se volk in eenheid en onkreukbaarheid bymekaar te hou. Terwyl Satan se wêreld voortgaan om haat onder nasies, volke, tale en kulture te openbaar, openbaar Jehovah se volk liefde vir die wêreldwye huisgenote van die geloof. Die kringbyeenkomsprogram is saamgestel om die betoning van liefde aan te moedig, nie net aan die huisgenote van die geloof nie, maar ook aan die vir wie ons kan help om die waarheid te leer en wat met ons kan omgaan.
3 Ons streef daarna om in ’n goedgekeurde posisie voor Jehovah te staan as ’n verenigde, wêreldwye broederskap (2 Pet. 3:13, 14). Laat ons almal nou reëlings tref om albei dae aanwesig te wees.
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 1986 | Junie
-
-
Vraebus
• Hoe kan ’n gemeente fondse insamel om ’n Koninkryksaal te bou?
In die meeste gevalle word geld verkry wanneer gemeentelede vrywillig bydra. Aangesien Jehovah die gewer van “elke goeie gif en elke volmaakte gawe” is, is dit net gepas dat ons hom ook ‘met ons waardevolle goed eer’ (Jak. 1:17; Spr. 3:9, NW). Die ouere manne kan vooraf vasstel (1) hoeveel geld deur regstreekse bydraes verkry kan word, (2) hoeveel geld deur lenings by verskillende verkondigers bekom kan word, (3) hoeveel geld dit nodig en raadsaam sal wees om te leen en (4) hoeveel die gemeente maandeliks aan lenings kan en sal afbetaal. Om dit vas te stel, kan strokies papier uitgedeel en elkeen die geleentheid gegee word om te toon wat en hoe hy voornemens is om by te dra solank die bouprojek duur. Julle kan ’n bydraebussie met “Koninkryksaalboufonds” daarop hê. Diegene wat met die gemeente omgaan, sal dan die geleentheid hê om iets by te dra vir die boukoste, maar dit moet gewillig, uit die hart, gedoen word, nie weens ’n begeerte na materiële gewin in ruil vir wat gegee word nie. Dit is bemoedigend vir verkondigers wanneer hulle van maand tot maand van die gemeente se finansiële situasie verwittig word.—2 Kor. 9:7.
Party boers het gevra of dit reg sou wees om ’n “rommelverkoping”, “koekverkoping” of “bring en koop” te hou, of ’n aantal ander metodes te gebruik. Ons Koninkryksbediening vir Desember 1973 het hierdie saak bespreek. Dit het duidelik getoon dat indien ’n gemeentelid so ’n funksie wil hou, dit ’n persoonlike saak is en hy daaroor moet besluit. Wat hy daarna met die opbrengs doen, is ook ’n persoonlike saak. Dit is egter nooit gepas dat enigeen of enige groep persone dit ’n gemeentelike aangeleentheid maak nie. In party gevalle het broers kos na die Koninkryksaal gebring en dit na afloop van die vergadering teen ’n bydrae aan die aanwesiges beskikbaar gestel. Daar is gesê dat die geld vir die Koninkryksaalboufonds gebruik sou word. Dit is nie gepas nie. In ander gevalle het broers ’n gedrukte uitnodiging na ’n “bring en koop” omgestuur en aangedui dat die opbrengs vir ’n nuwe Koninkryksaal gebruik sou word. Jehovah se Getuies maak nie van sulke metodes gebruik nie. Jehovah sal diegene wat ware aanbidding met ’n vrygewige gees bevorder ryklik seën.—Spr. 3:9, 10, NW.
-