Hulppionierdiens—’n deur tot groter aktiwiteit
1 Jehovah se volk sien gretig uit na ’n toekoms wanneer ons net onder God se Koninkryksheerskappy sal wees, vry van die druk van hierdie stelsel. Watter loutere vreugde sal dit ons tog verskaf om elke oggend wakker te word en te dink aan die vooruitsig dat ons al ons tyd, energie en krag kan gebruik om Jehovah regstreeks te dien deur die aarde in ’n paradys om te skep, verresenes in Jehovah se weë te onderrig of aan ander lonende teokratiese aktiwiteite deel te neem!
2 Jehovah se volk kry selfs nou in immer toenemende getalle ’n voorsmaak van die vreugde om Jehovah voltyds te dien. In die laaste jare het baie gevind dat hulle omstandighede hulle toelaat om die pionierdiens te betree. Hulle het geredeneer dat hulle op hierdie manier besiger in Jehovah se diens kan wees. Hulle het hulself gewillig aangebied en streef daarna om gedurende hierdie insamelingstydperk ’n groter deelname aan Koninkryksdiens te hê.—Ps. 110:3.
BREI JOU BEDIENING PROGRESSIEF UIT
3 In afwagting van die groter aktiwiteit waaraan ons hoop om deel te neem, maak talle verstandig gebruik van trapklippe wat hulle progressief in staat stel om hulle Koninkryksdiens uit te brei. Een sodanige trapklip is die hulppionierdiens. Baie wat aan hierdie werk deelgeneem het, is ryklik geseën deur te sien “dat [Jehovah] goed is” (Ps. 34:9). Hulle is beweeg om ’n tweede hulppionieraansoekvorm in te gee met ’n regmerkie in die blokkie wat aandui dat hulle graag onafgebroke as ’n hulppionier wil dien tot verdere kennisgewing. Ondervinding wat op hierdie gebied opgedoen is, het talle gehelp om hulle vir gewone pionierdiens voor te berei. Hulle het gevind dat dit maklik is om van die een na die ander oor te gaan. Kan jy in Junie, Julie en Augustus hulppionierdiens doen en sulke aktiwiteit progressief gebruik as ’n trapklip om gewone pionierdiens in September te begin?—Vergelyk Maleagi 3:10.
4 Vakansiemaande bied uitstekende geleenthede vir gedoopte jongmense om hulle bediening uit te brei. Aan watter aktiwiteit kan julle jongmense deelneem wat voordeliger sal wees as ’n maand of twee in die hulppionierdiens? Wat ’n verrykende ondervinding kan dit tog wees! ’n Mens kan groot vreugde daaruit put om die kosbare waarhede wat jy geleer het met ander te deel. Jy kan dieselfde helder hoop wat jy vir die toekoms het aan ander regskapenes bekend maak. Jou jong vriende in die gemeente wat nog nie toegewy is nie, sal deur jou voorbeeld aangemoedig word en party van hulle sal miskien beweeg word om ‘hulle werke aan Jehovah oor te laat’ sodat hulle toekomsplanne ‘uitgevoer sal word’.—Spr. 16:3.
5 Die jongmense wat nog nie gedoop is nie, word hartlik uitgenooi om te oorweeg hoe hulle hul Christenaktiwiteit kan uitbrei. Hoewel hulle moontlik meestal saam met hulle ouers werk, kan hulle soms ook saam met ywerige, verantwoordelike jongmense of ouer mense werk. Dink aan watter bron van wedersydse verkwikking en aansporing dit kan wees as jonk en oud mekaar in die bediening vergesel!—Rom. 1:12; Jes. 40:30, 31.
6 Jehovah se seën verryk ons geestelik en beweeg ons om ons bes in sy diens te doen. Mag die poging wat ons elkeen volgens ons vermoë en ons omstandighede aanwend Jehovah behaag namate ons onsself voorberei om hom vir ewig te dien.