Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/90 bl. 7
  • Die Gedenkmaal—die Christelike viering

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Gedenkmaal—die Christelike viering
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VOORBEREIDING WAT OUERE MANNE MOET DOEN
  • PERSOONLIKE VOORBEREIDING
  • Ons vier die dood wat ons die hoop op die ewige lewe bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gedenkmaalviering vir 1989
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • “Doen dit tot my gedagtenis”
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Voorbereiding vir ’n spesiale geleentheid
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 4/90 bl. 7

Die Gedenkmaal—die Christelike viering

1 Jesus het die Gedenkmaal op 14 Nisan 33 G.J. ingestel en sy apostels beveel: “Doen dit tot my gedagtenis” (Luk. 22:19). Die apostel Paulus het verduidelik dat ’n mens sodoende “die dood van die Here [verkondig] totdat Hy kom” (1 Kor. 11:26). Vanweë alles wat Jesus se dood in die vervulling van Jehovah se voorneme teweegbring, is dit gepas om sy dood te herdenk. Die losprysofferande is die grondslag van ons geloof en gee ons hoop op ’n toekomstige lewe.

2 Jesus se dissipels vier al sedert die ontstaan van die Christengemeente die herdenking van sy dood. Reeds in 1908 is daar gerapporteer dat ongeveer 34 deelgeneem het aan die Gedenkmaalviering wat naby Kaapstad gehou is. Nou, 82 jaar later, val 14 Nisan op Dinsdag, 10 April, na sononder, en daar word verwag dat meer as 120 000 mense in Suid-Afrika hierdie jaarlikse viering sal bywoon.

VOORBEREIDING WAT OUERE MANNE MOET DOEN

3 Met die oog op die belangrikheid van hierdie geleentheid en die groot opkoms wat verwag word, berei die gemeentes vroegtydig voor (1 Kor. 14: 40). Dit behels nie rituele en stywe formaliteit nie. Nee, want in Mattheüs 26:26-30 sien ons die eenvoud waarmee Jesus hierdie baie belangrike viering ingestel het (1 Kor. 11:23-26). Maar ’n paar belangrike besonderhede moet nagekom word om die Gedenkmaal korrek te vier. Wat sluit dit in?

4 Die ouere manne sal onder meer toesien dat respek vir die Here se Aandmaal getoon word deur die regte embleme te hê. Ongesuurde brood, soos ongekruide Joodse matzo, wat slegs met koringmeel en water gemaak is, mag gebruik word. En slegs ’n suiwer rooi druiwewyn, soos Chianti, Boergondiese wyn of ’n klaret, moet gebruik word. ’n Tuisgemaakte rooi wyn kan gebruik word mits dit nie versoet, gekrui of gefortifiseer is nie.

5 Die ouere manne moet ook broers kies wat voorbeeldig en bekwaam is, verkieslik ouere manne of bedieningsknegte, om die embleme rond te dien. Hulle moet goed georganiseer wees en presies weet wat hulle toewysing behels. Die saalwagters moet ingelig word oor hulle pligte, soos om mense voor en na die vergadering te help, asook om die bykomende verkeer te reël. Dit is veral belangrik in gevalle waar verskeie gemeentes dieselfde Koninkryksaal gaan gebruik. Reëlings moet ook getref word om te verseker dat die spreker behoorlik ingelig is oor die tyd en plek van die viering—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1985, bladsy 19, en 15 Februarie 1990, bladsye 16-18, asook Ons Koninkryksbediening vir Maart 1989, bladsy 4, vir bykomende inligting oor dinge wat vir die Gedenkmaal voorberei moet word.

PERSOONLIKE VOORBEREIDING

6 Ons almal moet probeer om die grootste voordeel uit hierdie allerheiligste viering te trek. Ons kan ons onder andere verstandelik voorberei deur die Bybellees vir 5-10 April noukeurig te volg, soos dit op Jehovah se Getuies se kalender vir 1990 aangeteken is. Tref ook reëlings om soveel mense moontlik uit te nooi en te help om hierdie baie spesiale geleentheid by te woon. En ons moet diegene wat dit bywoon tuis laat voel.

7 As ons deeglik voorberei, sal ons toon dat ons die bywoning van die Ge-denkmaal beskou as ’n voorreg en as ’n geleentheid om waardering vir Christus se offerande te toon. Mag hierdie jaar se Gedenkmaalviering ’n tyd van opbouende aanmoediging vir al Jehovah se knegte wees. Mag dit by ons almal die gees van vertroue inboesem wat Jesus geopenbaar het. Ons vertroue in Jehovah sal ons help om die wêreld te oorwin en ons onderskeie belonings te ontvang.—Joh. 16:33; 2 Pet. 1:10; Openb. 7:9, 10, 14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel