Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/90 bl. 1-2
  • Word bekwaam in jou bediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Word bekwaam in jou bediening
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • LEER VAN GOD SE WOORD
  • PAS WENKE TOE
  • Help ander om god se woord bekwaam te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Wees ’n progressiewe bedienaar
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderrig met vaardigheid en ywer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Hanteer jy God se Woord reg?
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 6/90 bl. 1-2

Word bekwaam in jou bediening

1 Die apostel Paulus het Christene aangemoedig om bekwaam in die bediening te word. Hy het geskryf: “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny [“hanteer”, NW].”—2 Tim. 2:15.

2 Bekwaamheid in die bediening is iets wat aangeleer word. Daarom moet ons ‘ons daarop toelê’—’n ywerige poging aan wend—as ons bekwame bedienaars wil word. Maar wat sal ons help?

LEER VAN GOD SE WOORD

3 Ons persoonlike kennis van die Skrif hou direk verband met ons be-kwaamheid as bedienaars. Hoe beter ons vertroud is met wat die Bybel leer, hoe bekwamer sal ons wees om “die woord van die waarheid reg [te] hanteer”. Dit is dus uiters belangrik dat ons tyd vir persoonlike studie opsysit.—1 Tim. 4:15, 16.

4 Nog ’n manier om met God se Woord vertroud te raak, is om “meer as die gewone aandag te skenk” aan die Bybelse onderrig wat ons by gemeentelike vergaderinge ontvang (Hebr. 2:1, NW). Uitstekende gesprekspunte vir die bediening word in openbare toesprake bespreek of kan uit die Gemeentelike Boekstudie verkry word. By die Teokratiese Bedieningskool ontvang ons waardevolle opleiding om bekwame onderrigters te word, en die Diensvergadering help ons deur middel van nuttige wenke en praktiese de-monstrasies om bekwamer bedienaars te word. As ons die grootste voordeel daaruit wil trek, moet ons egter goed voorberei en daadwerklik aan al die vergaderinge deelneem.

PAS WENKE TOE

5 Paulus het aan die gemeente in Filippi gesê dat hulle die dinge wat hulle van hom geleer het, moet doen (Filip. 4:9). Ons moet ook die dinge toepas wat ons deur Jehovah se organisasie leer. In Die Wagtoring van 15 Julie 1988, bladsye 15-20, het ons byvoorbeeld maniere geleer waarop ons “nuwe” gebied kan skep in gebiede waar ons gereeld werk. Die artikel het beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n nuwe, treffende en positiewe benadering te hê, en het ons aangespoor om die huisbewoner daarop voor te berei dat ons hom gereeld gaan besoek. Daar is raad gegee om deeglik na waardige persone te soek en om ander persone wat onder dieselfde dak woon te probeer bereik. As ons hierdie wenke toepas, doen ons die dinge wat ons leer en verbeter ons ons bekwaamheid in die bediening.

6 Gebruik ons gereeld die Redenering-boek in die veldbediening? Die voorgestelde inleidings sowel as die deel oor hoe om op potensiële ge-sprekdempers te reageer, kan ons be-kwaamheid in die getuieniswerk ver-beter. Daarbenewens sal voorbereiding en oefensessies van die ‘Onderwerp vir gesprekke’ en die manier waarop ons die aanbod vir die maand doen tot ons sukses in die bediening bydra.

7 As jy bykomende wenke wil hê oor hoe om jou bediening te verbeter, kan jy die diensopsiener of jou boekstudiehouer nader en hulp vra. Ons almal kan ons bekwaamheid as bedienaars verbeter deur “die woord van die waarheid reg [te] hanteer”. Jehovah God gaan binnekort hierdie goddelose stelsel vernietig. Tot dan is dit ons opregte begeerte om soveel mense moontlik te help om gered te word en sodoende ons God Jehovah te eer.—Joh. 15:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel