Help jongmense om onheil af te weer
1 Jehovah wil hê dat ons sy kosbare gawe van die lewe moet geniet. Met dié doel het hy ons ’n mate van persoonlike vryheid toegelaat sodat ons ons hartsbegeertes kan nastreef. Maar saam net daardie vryheid van optrede hou Jehovah ons tereg verantwoordelik vir wat ons doen.—Pred. 11:9.
2 Hoe kan ons, aangesien ons onvolmaak en sondig is, onheil afweer wat oor ons kan kom as gevolg van die manier waarop ons ons lewe lei? (Pred. 11:10, NW). Is dit moontlik dat selfs onervare jongmense onheil kan vermy? Gelukkig is die antwoord ja. Jehovah is terdeë bewus daarvan dat ons leiding nodig het, en hy het liefdevol raad en leiding voorsien om oud sowel as jonk veilig deur die toenemende probleme te rig wat hierdie laaste dae kenmerk.—Ps. 19:8; 119:9; 2 Tim. 3:1.
OUERS SE VERANTWOORDELIKHEID
3 Ouers kan hulle kinders nie heeltemal teen slegte invloede beskerm nie. Maar hoe kan ’n kind se verstand versterk word? Deur hom ‘in die tug en vermaning van die Here op te voed’ (Ef. 6:4). Dit behels onder andere ge-sinstudie, geestelike en morele leiding, heilsame bedrywighede na skool, gepaste dissipline en ouers se goeie voorbeeld.
4 Die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk wat by die “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkoms vrygestel is, is daarop gemik om jongmense te help. Dit help ook ouers om met hulle kinders oor regte standaarde te redeneer. As God se wette met welslae in ’n kind se verstand en hart ingeprent word, kan hierdie wette as ’n beherende, of regulerende, invloed dien. Gesinsbespreking van die informasie in hierdie nuwe publikasie sal jongmense versterk sodat hulle onheil kan afweer.
5 Toe die Jongmense vra-boek vrygestel is, is ouers aangespoor om dit as grondslag van gesinsbesprekings te gebruik. Aan die einde van elke hoof-stuk is daar ’n deel “Vrae vir bespreking”. Hierdie vrae is nie daarop gemik om die informasie paragraaf vir paragraaf te ontleed nie. Elke vraag dek een of meer onderhofies. Party gesinshoofde sal dalk verkies om die vrae te bespreek nadat ’n hele hoofstuk gelees is. Ander sal moontlik die vrae van tyd tot tyd vra nadat die informasie onder ooreenstemmende onderhofies gelees is.
HELP JONGMENSE IN ONS GEBIED
6 Ons sal moontlik baie jongmense in ons gebied teëkom. Miskien het jy reeds ’n aanbieding uitgewerk wat jy graag wil gebruik. Of miskien wil jy iets soos die volgende sê:
7 “Ons dink dikwels aan ons jeug as die gelukkigste tyd van ons lewe. Maar ongelukkig sien ons vandag baie jongmense wat nie gelukkig is nie. Is dit nie waar nie? [Laat huisbewoner antwoord.] Veranderende standaarde het ’n deurmekaar wêreld met baie probleme geskep wat jongmense beïnvloed en hulle hul geluk ontneem. Waar kan hulle betroubare leiding vind? [Laat huisbewoner kommentaar lewer.] Let op wat die Bybel in Psalm 119:9 sê. [Lees.] Die Bybel vestig die aandag op die ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te leer wat reg is en gee dan hierdie opdrag in Spreuke 1:8: [Lees.] In harmonie daarmee is die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk vol praktiese riglyne wat op die Bybel gebaseer is, en dit het baie lewensondervindinge wat jong-mense sal help om te sien hoe hulle die toekoms suksesvol tegemoet kan gaan en gelukkig kan wees terwyl hulle dit doen. [Vestig die aandag op verskeie hoofstuktitels om belangstelling te wek.] Hierdie nuttige en pragtig geïllustreerde boek is joune teen ’n bydrae van net R3,75.”
8 Die Bybel toon dat jongmense hulle energie moet gebruik om verstandige, lonende doelwitte na te street. Hierdie boek sal baie jongmense lei na die bron van onuitputlike wysheid—die Bybel. Wat ’n kosbare instrument tog om jongmense te help om nou ’n sinvolle lewe te lei en uiteindelik ’n veilige toekoms te geniet!—Pred. 12:1.