Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/90 bl. 1-12
  • Bereik harte deur doeltreffende Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bereik harte deur doeltreffende Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VESTIG DIE AANDAG OP DIE BYBEL
  • VRA VRAE
  • Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Skenk aandag aan jou “onderrigkuns”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Bereik jou Bybelstudent se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 10/90 bl. 1-12

Bereik harte deur doeltreffende Bybelstudies

1 Dit het Jesus genoeë verskaf om sy Vader se wil te doen, en hy het behae daarin geskep om ook ander te help om Jehovah te dien (Ps. 40:9; Matt. 9:37, 38; 11:28-30). Jesus was nie tevrede om bloot sy boodskap oor te dra nie. As ons daarin wil slaag om ander aan te spoor om saam met ons aan die evangelisasiewerk deel te neem, moet ons die hart van ons Bybelstudente bereik. Dit behels meer as om ’n vraag-en-antwoordbespreking van ’n publikasie te hou. As ons die hart wil bereik, moet ons aan ons student dink wanneer ons voorberei.

2 Jesus het persoonlike belangstelling in ander getoon. Hy het hulle beskouing in ag geneem. Hy het illustrasies gebruik om moeilike onderwerpe te vereenvoudig (Matt., hfst. 5-7). Jesus het besef watter probleme hulle sou ondervind en het gepaste raad gegee (Mark. 9:33-37). Wanneer sy luisteraars aanvanklik nie die strekking van sy onderrig gesnap het nie, het hy wat hy wou sê geduldig toegelig (Matt. 16:5-12). Jesus se innige belangstelling in ander moet ons beweeg om te vra: ‘As ek die student was, wat sou ek moes weet sodat ek die onderrigting kan verstaan en daardeur beweeg kan word?’—Sien 1971 Yearbook, bladsye 246-7.

VESTIG DIE AANDAG OP DIE BYBEL

3 Toe een paartjie gevra is waarom hulle so geredelik gereageer het op die getuienis wat gegee is, het hulle geantwoord: “Dit was in die Bybel.” Ja, God se Woord bereik die hart (Hebr. 4:12). Verwys dikwels daarna, en maak oorvloedig gebruik van die tekste in die paragrawe. Help die student om te besef waarom dit verstandig of dwaas is om ’n sekere weg te volg. Redeneer met hom oor hoe gehoorsaamheid aan God se wette hom tot voordeel sal strek.—Sien Die Wagtoring van 1 Augustus 1984, bladsye 15-16.

4 Baie verkondigers het gevind dat hulle met welslae die aandag op die Bybel kan vestig deur die Redenering-boek te gebruik. Wanneer jy byvoorbeeld bladsy 124, paragraaf 13, van die Paradys op aarde-boek bespreek, kan ’n huisbewoner vra waarom sy leraar sê dat kinders sterf omdat God hulle saam met hom in die hemel wil hê. ’n Bespreking van die materiaal op bladsy 86 van die Redenering-boek onder “Waarom sterf babas?” beklemtoon dat Jehovah daarin belangstel om die gesinsreëling te bewaar. Die informasie kan die persoon van Jehovah se liefde vir die mensdom oortuig.

VRA VRAE

5 Die doeltreffende gebruik van vrae het Jesus gehelp om mense te laat dink en redeneer (Matt. 17:24-27). Die student se antwoorde kan ons help om vas te stel wat hy leer, asook watter onskriftuurlike beskouings hy dalk nog het. Miskien sukkel die student met die rookgewoonte. Jy het die materiaal in hoofstuk 27 van die Paradys op aarde-boek en die informasie in Ontwaak! se nommer van 8 Julie 1989, bladsye 13-16, hersien. Hy besef dat hy moet ophou. Maar is hy werklik oortuig dat hy die gewoonte moet aflê? Jy kan sê: “Hoe voel jy hieroor? Veronderstel jy hou nou dadelik op maar sommige van jou vriende dryf die spot met jou. Wat sal jy doen?”

6 Maar ’n woordjie van waarskuwing. Soms kan die antwoorde op sulke vrae jou verbaas of teleurstel. Wat dan? As dit ’n gevoelige onderwerp is, is dit dalk beter om dinge nie te forseer nie, maar om te sê: “Laat ons vir eers aangaan. Ons kan later na hierdie onderwerp terugkom.” Of “Wel, dit is iets om oor na te dink, nie waar nie?” (Joh. 16:12). As jy weet hoe die student werklik oor die saak voel, kan jy informasie voorberei wat hom kan help om verder vooruitgang te maak. Ons moet ’n persoon se hart probeer beweeg en bid dat Jehovah hom sal help om geestelik te groei.—1 Kor. 3:5-9.

7 Wanneer jy ’n Bybelstudie hou, moet jy altyd onthou om genoeg tyd te gebruik om met die student te redeneer oor die materiaal wat bespreek word. Pas jou onderrigtingsmetodes aan om by sy bepaalde behoeftes te pas. Probeer om innige liefde en diepe respek vir Jehovah, die Bybel en Jehovah se organisasie in sy hart op te bou. Mag ons ons deel doen om ander te help sodat hulle Christus se dissipels word deur te probeer om doeltreffende Bybelstudies te hou.—Hand. 2:41-46.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel