Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 OKTOBER
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Doen verslag oor die ontoegekende gebied gedurende September. Sluit ’n opbouende ondervinding in. Spoor almal aan om hul uiterste bes te doen om die reëlings gedurende die laaste maand te ondersteun. Doen twee aanbiedings van Ontwaak! aan die hand wat in plaaslike gebied gepas sal wees.
20 min: “Onderrig sonder ophou.” Bespreking en demonstrasies. Nadat paragraaf 2 bespreek is, laat bekwame pioniers of verkondigers demonstreer hoe om ’n intekening aan te bied by ’n persoon wat opregte belangstelling in die Koninkryksboodskap toon. As die persoon die tydskrif(te) gereeld wil ontvang, sal ons met graagte ’n intekeningvorm invul sodat hy die tydskrifte per pos kan ontvang. As hy nie wil inteken nie, kan ons die jongste nommers van die tydskrifte aanbied en reël om terug te gaan en verdere bemoedigende skriftuurlike informasie met hom te bespreek. Voorsitter toon hoe belangrik onderskeidingsvermoë is wanneer ons die intekening aanbied. Dit is nie nodig om te noem dat die tydskrifte vir ’n spesifieke tydperk, soos een jaar, verkry kan word nie. ’n Halfjaarlikse intekening behoort die persoon se waardering op te bou vir die Koninkryksboodskap wat in die tydskrifte gepubliseer word en ons te help om vas te stel of hy werklik belangstel. Laat twee entoesiastiese verkondigers, na paragrawe 3 en 4, bespreek hoe hulle hierdie wenke gedurende Oktober en in die komende maande gaan toepas.
15 min: “Gryp geleenthede aan om gedurende die somer te getuig.” Vraag-en-antwoorddekking van artikel.
Lied 195 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 OKTOBER
5 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus.
20 min: Ouers, moenie julle kinders vertoorn nie. Toespraak en demonstrasie wat gebaseer is op Ontwaak! van 22 Januarie 1990, bladsye 16 en 17, en die onderhofies “Moedig julle kind aan om sy gedagtes en gevoelens te uiter” en “Lê begrip vir die behoeftes van tienderjariges aan die dag” in hoofstuk 11 van die Gesinslewe-boek. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers elkeen van hul kinders verstaan en hul help om geestelik en op ander maniere te ontwikkel. Demonstreer hoe ouer aan die einde van Bybelstudie sy kinders vir hul pogings prys. Belangstelling word getoon in hul skoolwerk deur hulle aan te moedig en te help op gebiede waar hulle probleme ondervind. Voorsitter sluit af deur te beklemtoon hoe belangrik dit is om kinders se belange te alle tye op die hart te dra.
20 min: “Bereik harte deur doeltreffende Bybelstudies.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Demonstreer hoe informasie by plaaslike omstandighede aangepas kan word wanneer paragraaf 3 en 5 bespreek word. Beklemtoon gepaste gedagtes in Die Wagtoring van 1 Augustus 1984.
Lied 43 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 OKTOBER
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit Genootskap se erkenning van bydraes in, en prys broers vir hul geldelike ondersteuning van plaaslike gemeente se behoeftes. Voer kortliks ’n onderhoud met ’n gesin wat van plan is om ’n hele naweek aan velddiensbedrywighede deel te neem, en vestig die aandag op hul reëlings wat vir ander nuttig kan wees.
17 min: “Bou hegte gesinsbetrekkinge.” Toespraak deur ouere man met ’n mate van gehoordeelname. Sluit wenke in oor wat plaaslik gedoen kan word om geestelike eienskappe in gesinslede op te bou en om almal te help sodat hulle velddiens geniet.
18 min: “Jy word uitgenooi na die ‘Suiwer Taal’-Streekbyeenkoms vir 1990!”—Deel een. Bespreek paragrawe 1-15 van byvoegsel met gehoor, en hersien kortliks “Herinneringe in verband met die Streekbyeenkoms”.
Lied 42 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 OKTOBER
8 min: Plaaslike aankondigings. Doen verslag oor vordering van intekeningkampanje met Ontwaak!
20 min: “Jy word uitgenooi na die ‘Suiwer Taal’-Streekbyeenkoms vir 1990!”—Deel twee. Bespreek paragrawe 16-28 van byvoegsel met gehoor. Vestig die aandag op skriftuurlike beginsels wat ons gedrag by byeenkomste moet lei. Spoor broers aan om byvoegsel met Bybelstudente te hersien en hulle te help om reëlings te tref om by te woon.
17 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Reël twee goed voorbereide demonstrasies om te toon hoe gesprekke begin kan word by die deur en wanneer ons mense buite hulle huis vind.
Lied 20 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 29 OKTOBER
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Berei voor vir geestelike, goeie tye.” Die presiderende opsiener bespreek die reëlings wat vir komende maande getref moet word met gehoor. Dit sluit in die bywoning van die byeenkoms waarna ons aangewys is (huisvesting, vervoerreëlings, tyd vry van die werk, voorbereiding vir doop deur voornemende kandidate, ensovoorts) en hulppionierdiens. Vakansietye stel jongmense wat met vakansie is in staat om meer te doen. Maak hierdie ’n somer om te onthou deur nou verstandig voor te berei.
10 min: Plaaslike behoeftes. Of “Sal jy in die waarheid bly wandel?” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 September 1990, bladsye 29-31.
15 min: Berei voor vir November se bediening. Bespreek gesprekspunte wat gepas sal wees om in plaaslike gebied te gebruik wanneer Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures) en “Kyk, Ek maak alles nuut” of Moet jy aan die Drie-eenheid glo? aangebied word. Demonstreer hoe verkondiger met huisbewoner kan praat oor hoe belangrik dit is om die Bybel te lees. Kan 2 Timotheüs 3:16, 17 gebruik om te toon dat God se Woord geïnspireer en nuttig is, en daarna Johannes 17:3 om spesifieke voordeel te toon. Skakel November se aanbod hierby in.
Lied 8 en slotgebed.