Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 12
  • Wees besorg oor belangstellendes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees besorg oor belangstellendes
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe om die Grootste mens-boek tydens herbesoeke te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help skaapgeaarde mense om op ’n soliede fondament te bou
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Kweek die belangstelling wat jy gevind het
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 12

Wees besorg oor belangstellendes

1 Jehovah toon meer as enige ander persoon oorvloedige besorgdheid teenoor mense. Hy voorsien nie alleen materiële dinge in oorvloed nie, maar gee ons die geestelike dinge wat ons nodig het en geniet. Hy is so besorg oor ons dat hy selfs die dinge in ons hart ondersoek.—Ps. 139:23.

2 Toe Jesus op die aarde was, het hy sy Vader se voorbeeld volmaak nagevolg deur besorgdheid teenoor ander te toon. Onthou jy die man wat vir Jesus gesê het: “Here, as U wil, kan U my reinig”? Jesus het geantwoord: “Ek wil” (Matt. 8:1-3). Wat het Jesus gedoen toe hy ’n weduwee gesien het wat rou? Hy het haar gaan help (Luk. 7:11-15). Kan jy meer daarvan bewus wees om besorgdheid teenoor belangstellendes te toon?

3 Ons moet ons Vader, Jehovah, en sy Seun, Christus Jesus, se voorbeeld navolg en ook persoonlike belangstelling in ander toon. Ons toon dit deur noukeurige aantekeninge van ons bedrywighede van huis tot huis te maak. Dit beteken onder andere dat ons die naam en volledige adres van die belangstellende moet neerskryf, asook die onderwerp wat tydens die eerste besoek bespreek is. Dan moet ons goed voorberei voordat ons die herbesoek doen. As ons tydskrifte tydens die vorige besoek gelaat het, kan ons miskien tydens ons herbesoek ’n spesifieke gedagte in een van die artikels bespreek. Let op hoe dit gedoen kan word.

4 As jy Die Wagtoring van 1 Oktober 1992 by die huisbewoner gelaat het en die artikel “Het die mensdom werklik ’n messias nodig?” in jou aanbieding gebruik het, kan jy jou voorberei om Openbaring 21:4 en Johannes 17:3 tydens jou herbesoek te bespreek.

Byvoorbeeld, nadat jy Openbaring 21:4 gelees het, kan jy vra:

◼ “Hoe kan ons in so ’n wêreld lewe? [Laat huisbewoner antwoord.] Luister na wat die Messias gesê het nodig is om die lewe in so ’n wêreld te verkry.” Lees dan Johannes 17:3 en beklemtoon dat die ewige lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld verkry kan word deur kennis van God en Christus in te neem. As enige belangstelling getoon word, kan jy probeer om ’n studie in die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld te begin.

5 Die huisbewoner sal moontlik gunstig reageer as jy ’n spesifieke gedagte in die Ontwaak! van 8 Oktober 1992 bespreek oor “Jy kan negatiewe emosies te bowe kom”. Wanneer jy ’n herbesoek doen, kan jy Filippense 4:6, 7 as ’n grondslag vir jou bespreking gebruik.

Jy kan vra:

◼ “Wat dink jy kan ons help om vandag negatiewe emosies te bowe te kom?” Spreek waardering uit vir die huisbewoner se antwoord en sê dan: “Interessant genoeg, die Bybel bevat beginsels wat, as hulle toegepas word, tot gemoedsrus bydra. [Vestig die aandag op gepaste punte in Filippense 4:6, 7.] Die Bybel praat van ’n tyd wanneer almal volgens Bybelbeginsels sal lewe en daar geen omstandighede sal wees wat negatiewe emosies veroorsaak nie.” Wys dan op ander toekomstige seëninge deur die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld te bespreek, en begin ’n studie.

6 Sê nou die huisbewoner het reeds een van ons publikasies. Gebruik dit gerus om ’n studie mee te begin. As dit die Paradys op aarde-boek is, kan jy na die inhoudsopgawe blaai en die huisbewoner vra om ’n onderwerp te kies wat hy graag sal wil bespreek. Jy kan dan ’n studie begin deur ’n paragraaf of twee te bespreek.

7 As ons toon dat ons oor belangstellendes besorg is deur goed voor te berei en doeltreffende herbesoeke te doen, toon ons dat ons navolgers van God en Christus is wat wil hê dat soveel mense moontlik gered moet word.—2 Pet. 3:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel