Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 1
  • Die krag van God se Woord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die krag van God se Woord
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Begin studies in die Grootste mens-boek
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die New World Translation
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 1

Die krag van God se Woord

1 God se Woord is kragtig (Hebr. 4:12). ’n Mens kan vandag die bewyse hiervan sien in die miljoene lewens wat ten goede verander is namate mense die dinge persoonlik toegepas het wat hulle in die Bybel geleer het. Dit was ook die geval in die eerste eeu toe Jesus se dissipels die kennis van God se Woord aan ander verkondig het.—Rom. 12:2.

2 As mense by die Bybel se leringe wil baat vind, moet hulle die Bybel as die Woord van God erken (1 Thess. 2:13). Gedurende November gaan ons mense die geleentheid bied om meer omtrent die waarde van die Bybel te leer wanneer ons die New World Translation of the Holy Scriptures en die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? aanbied. Party Afrikaanssprekende huisbewoners sal dalk ’n Engelse Bybel wil aanskaf wat maklik verstaanbaar is, en daarom moet ons die New World Translation ook vir Afrikaanssprekende huisbewoners aanbied.

3 Dit sal goed wees as ons sommige van die interessante kenmerke van die God se woord-boek hersien. Die inhoudsopgawe bevat hoofstukke wat handel oor wonderwerke, skynbare weersprekings, wetenskaplike harmonie, profesieë en ander onderwerpe. Die boek bevat baie foto’s en prente. Daar is ’n lys van vakkundige verwysings agterin die boek. Hierdie kenmerke sal ons in staat stel om die boek met opregte geesdrif aan te bied en die vaste oortuiging te hê dat mense in ons gebied die goeie nuus daarin moet hoor.

4 Hoe kan ons hierdie boek gebruik wanneer ons ’n huisbewoner teëkom wat reeds glo dat die Bybel God se Woord is? Ons kan belangstelling aankweek deur óf hoofstuk 2 te beklemtoon, wat die geskiedkundige verslag gee van die Bybel se stryd om voort te bestaan, óf hoofstuk 14, wat die leser aanmoedig om hulp te aanvaar sodat hy die betekenis van die Bybel vir ons vandag beter kan verstaan. As jy die tekste lees wat in hoofstuk 14 voorkom, sal dit die huisbewoner verseker dat jou bespreking op die Bybel gebaseer is.

5 Weens die Christendom se optrede weier baie om die Bybel as die woord van God te aanvaar. ’n Mens kan hoofstuk 3, “Die Bybel se valse vriend”, doeltreffend in hierdie situasie gebruik.

6 As ons uit die New World Translation lees, sal die huisbewoner hom dalk uitspreek oor hoe duidelik die taal is wat gebruik word. Of ons kom dalk ’n huisbewoner teë wat belangstelling toon in ons boodskap maar nie ’n Bybel het nie. In sulke gevalle kan ons die unieke kenmerke beskryf van die Bybel wat ons gebruik, en die redes gee waarom ons dit bo ander Bybels verkies. Ons kan onder andere vir hulle die lys “Bible Words Indexed” wys wat help om bekende tekste op te spoor. Die gedeelte “Bible Topics for Discussion” agterin die Bybel kan belangstellendes ook help om antwoorde te kry op baie vrae wat dikwels gevra word.

7 Jehovah het sy handelinge met die mensdom deur middel van die Bybel bekend gemaak en ons dus insig in sy wonderlike persoonlikheid gegee. Laat ons die New World Translation en die God se woord-boek doeltreffend gebruik en ander help om oor Jehovah en die krag van sy Woord te leer!—2 Kor. 10:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel