Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 8
  • Hoe om belangstelling aan te kweek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om belangstelling aan te kweek
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Gaan terug om belangstelling in die Bybel aan te wakker
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 8

Hoe om belangstelling aan te kweek

1 Een woordeboek sê “aankweek” beteken om vir groei voor te berei of dit te bevorder. Maar hierdie woord kan ook beteken om deur werk, sorg of studie te verbeter. ’n Belangrike doelwit van ons bediening is om dissipels te maak (Matt. 28:19). Daarom moet ons ons inspan om die belangstelling aan te kweek wat ons in die veldbediening kry.

2 Ons moet gewoonlik herhaalde besoeke doen as ons die geestelike groei van opregte mense wil bevorder. Vrugbare herbesoeke behoort tot ’n gereelde Bybelstudie te lei.

3 Gaan jy net terug na diegene wat besondere belangstelling toon? Jy hoef nie lektuur te laat om te kan teruggaan nie. Een pionier wat gewoonlik nie baie lektuur tydens die eerste besoek by mense laat nie, gaan terug na almal wat vriendelik was. ’n Goeie bespreking van ’n skriftuurlike gedagte is ’n uitstekende grondslag vir ’n herbesoek.

4 Gebruik traktate om Bybelstudies tydens herbesoeke te begin: Die verskillende onderwerpe van ons traktate het betrekking op ons dag. Hulle beklemtoon hoe belangrik dit is om Bybelkennis op te doen en dit toe te pas.

Jy kan sê:

◼ “Ons het laas gesels oor ’n paar redes waarom ons die Bybel kan vertrou. Van watter soort toekoms praat die Bybel?” Lees vanaf die tweede paragraaf op bladsy 3 van die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld. Slaan die tekste na. Vra die huisbewoner se mening oor die dinge wat jy lees. Sluit af deur die materiaal op bladsy 5 onder die tussenhofie “Hoe dit vir jou moontlik is” te bespreek.

5 Jy kan die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? ook só gebruik.

Jy kan sê:

◼ “Soos ons voorheen gesê het, het baie mense geen vertroue in God nie. Hulle vra byvoorbeeld: ‘As God so magtig is, waarom laat hy toe dat mense sterf?’ Hierdie traktaat kan help om daardie vraag te beantwoord.” Vestig die huisbewoner se aandag op die gedeelte vanaf die vierde paragraaf op bladsy 2. Vra ’n gepaste vraag ná elke paragraaf en bespreek die teksverwysings wat nie aangehaal is nie. Wanneer mense reeds lektuur het, kan jy ook die jongste tydskrifte aanbied.

6 Hoe om die studie voort te sit: As jy hierdie wenke toepas, begin jy ’n tuisbybelstudie. Om te verseker dat die bespreking gereeld gehou gaan word, kan jy die huisbewoner aan die einde van jou besoek vra: “Het jy gesien dat ons belangrike vrae in net ’n paar minute beantwoord het? Ons kan volgende week weer ’n rukkie gesels oor die opstandingshoop of ’n ander onderwerp waarin jy belangstel.” Elke keer wanneer jy teruggaan, kan jy net een van die vrae gebruik wat in hierdie artikels gemeld word. Wanneer dit gepas is, kan jy na ’n brosjure oorgaan of ’n studie in die Paradys op aarde-boek begin.

7 Hoe bevredigend is dit tog om ’n Bybelstudie te hou met iemand wat opreg na die waarheid soek! Mag ons geseën word met ’n vrugbare bediening deur die wenke toe te pas oor hoe ons die belangstelling wat ons vind, kan aankweek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel