Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 7
  • Kies gepaste gesprekspunte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kies gepaste gesprekspunte
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Bevoordeel ander deur die tydskrifte te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Tydskrifte kondig die Koninkryk aan
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 7

Kies gepaste gesprekspunte

1 Hoe kan ons mense aanmoedig om Die Wagtoring en die Ontwaak! gereeld te lees? Ons moet interessante gedagtes hê om oor te gesels wanneer ons die tydskrifte vir ander aanbied. As ons goed bekend geraak het met die mense in ons gebied en hulle in gedagte hou wanneer ons die tydskrifte lees, kan ons oplet na gesprekspunte wat hulle belangstelling sal wek.

2 In sommige gebiede het mense dalk dieselfde agtergrond, en dit maak dit baie maklik om iets te kies waarin almal sal belangstel. Maar in ander gebiede kom ons dalk mense uit talle verskillende agtergronde teë. As ons verskeie gesprekspunte in gedagte het, kan ons een kies wat die beste sal pas by elkeen wat ons teëkom.

3 Moenie te gou ontslae raak van die ouer nommers van die tydskrifte wanneer julle die jonger tydskrifte ontvang nie. Een broer wys gewoonlik vir ’n huisbewoner drie of vier nommers van Die Wagtoring en laat die huisbewoner kies watter hy wil lees. As ons vind dat ons meer tydskrifte ontvang as wat ons kan versprei, moet ons dit oorweeg om ons bestelling te verminder.

4 Deur altyd gepaste gesprekspunte te gebruik, kan ons ander aanspoor om ons tydskrifte te lees en sulke mense dalk help om op die pad na die lewe te begin wandel (Matt. 7:14). Jehovah sal ons beslis seën as ons ernstig aandag skenk aan hierdie belangrike saak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel