Jy kan ook goeie ondervindinge geniet!
Party verkondigers het blykbaar altyd interessante, bemoedigende ondervindinge om te vertel van ’n goeie besoek of herbesoek wat hulle groot vreugde verskaf het. Goeie ondervindinge is gewoonlik nie iets toevalligs nie. Die meeste is as gevolg van ywerige en volgehoue pogings. Dit is nie noodwendig beperk tot verkondigers wat vaardiger en bekwamer is nie.
Hier is van die dinge wat al opgemerk is in diegene wat die meeste sukses behaal: (1) Hulle neem gereeld aan velddiens deel, gewoonlik etlike kere elke week, wat aan hulle baie geleenthede bied om met belangstellendes in aanraking te kom; (2) hulle behou ’n positiewe gesindheid teenoor huisbewoners en besluit nie vooruit dat hulle nie ontvanklik gaan wees nie; (3) hulle tree spontaan op en toon ’n hartlike, opregte belangstelling in diegene wat luister; (4) hulle is ywerig en gaan gereeld terug na herbesoeke sowel as mense wat nie tuis was nie en (5) hulle doelwit is om Bybelstudies te begin.
Ná jy jou diens noukeurig ondersoek het, kan jy miskien sien hoe jy meer van daardie genotvolle ondervindinge kan geniet wat soveel daartoe bydra om die bediening produktief en bevredigend te maak.