Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/95 bl. 1
  • Watter doelwitte het jy vir jou kinders gestel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter doelwitte het jy vir jou kinders gestel?
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Moedig jongmense aan om geestelike doelwitte na te jaag
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Die vreugde van die voltydse diens
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Lei jou kinders op om bedienaars te wees
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 9/95 bl. 1

Watter doelwitte het jy vir jou kinders gestel?

1 Om sukses in die lewe te behaal, moet ’n mens betekenisvolle doelwitte stel en bereik. Diegene wat onbeduidende of onrealistiese doelwitte najaag, is op die ou end teleurgesteld en onvervuld. Wysheid is nodig om te kan onderskei watter doelwitte ’n mens moet nastreef sodat jy “’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry” (1 Tim. 6:19). Hoe dankbaar is ons tog dat Jehovah, deur sy Woord en organisasie, vir ons wys presies watter weg ons moet bewandel!—Jes. 30:21.

2 Deur sulke liefdevolle leiding te voorsien, stel Jehovah ’n goeie voorbeeld vir ouers. Verstandige ouers laat nie toe dat hulle onervare kinders self besluit watter weg die beste is nie, maar hulle lei hulle eerder op ooreenkomstig die weg vir hulle, en wanneer hulle oud word, ‘sal hulle nie daarvan afwyk nie’ (Spr. 22:6, NW). Christenouers weet uit ondervinding dat hulle nie hulle eie oordeel kan vertrou nie; hulle moet op Jehovah vertrou (Spr. 3:5,6). Kinders moet dit selfs in ’n groter mate doen, aangesien hulle beperkte kennis en ondervinding het.

3 Ouers kan betekenisvolle doelwitte vir hulle kinders stel wat hulle sal help om hulle aandag op “die belangriker dinge” toe te spits (Fil. 1:10). Hulle kan by die gesinstudie begin deur die kinders te help om die belangrikheid daarvan te besef en daaruit te leer. Dit is goed as kinders die gewoonte aanleer om vooraf vir gemeentelike vergaderinge voor te berei en dit op so ’n manier te doen dat hulle in hulle eie woorde antwoorde kan gee. ’n Gereelde deelname aan die predikingswerk is belangrik. Jong kinders kan ’n bydrae lewer deur traktate by mense te laat, tekste te lees of tydskrifte aan te bied. Wanneer hulle kan lees, kan dit hulle geestelike groei bespoedig as hulle vir die Teokratiese Bedieningskool ingeskryf word. Dit is ’n groot stap vorentoe om as ’n ongedoopte verkondiger te kwalifiseer of vir doop aanvaar te word.

4 Wanneer hulle kinders die tienerjare nader, of selfs vroeër as dit, moet ouers realisties met hulle oor loopbaandoelwitte praat. Skoolraadgewers en klasmaats kan hulle maklik ten gunste van wêreldse, materialistiese doelwitte beïnvloed. Ouers moet hulle kinders help om vakke te kies wat praktiese opleiding bied en hulle sal toerus om in hulle materiële behoeftes te voorsien sonder om Koninkryksbelange op die agtergrond te skuif (1 Tim. 6:6-10). Hulle kan aangemoedig word om die “gawe” om ongetroud te bly na te streef, en later, indien hulle besluit om te trou, sal hulle dan die gewigtige verantwoordelikhede van die huwelik op hulle kan neem (Matt. 19:10, 11; 1 Kor. 7:36-38). As julle op ’n positiewe manier oor die pionierdiens, diens in plekke waar daar hulp nodig is, Betheldiens of sendingbedrywighede praat, kan julle maak dat julle kinders selfs op ’n vroeë ouderdom die begeerte koester om hulle lewe op ’n manier te gebruik wat Jehovah behaag, ander bevoordeel en seëninge vir hulleself meebring.

5 Dit is nie toevallig dat ons vandag soveel jongmense in die organisasie het wat volgens hoë Christelike waardes lewe en teokratiese doelwitte nastreef nie. Hulle sukses kan grootliks toegeskryf word aan liefdevolle ouers. As jy ’n ouer is, waarheen lyk dit vir jou is jou kinders op pad? Is hulle progressief besig om ’n lewe na te streef wat om Koninkryksbelange draai? Onthou, een van die belangrikste dinge wat jy kan doen, is om die waarheid by jou kinders in te skerp en elke dag daaroor te praat. Jy kan geseën word met ’n huisgesin wat Jehovah getrou dien.—Deut. 6:6,7; Jos. 24:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel