Bied intekeninge by elke geleentheidaan
1 Ons het goeie rede om Die Wagtoring en Ontwaak! te waardeer. Watter ander tydskrifte het sulke internasionale trefkrag? Die tydskrifte sal hierdie maand in ons predikingswerk aangebied word, en watter kragtige inligting bevat die nommers vir Oktober tog! Ons kry gewoonlik die meeste van ons intekeninge tydens die huis-tot-huis-werk; maar ons wil ook voorbereid wees om hulle by elke ander gepaste geleentheid aan te bied.
2 Wanneer jy “Die Wagtoring” van 1Oktober aanbied, kan jy belangstelling wek in die artikel “’n Wêreld sonder oorlog—Wanneer?” deur tesê:
◼ “Baie mense wonder waarom dit blykbaar onmoontlik is om ’n wêreld sonder oorlog te skep ondanks al die pogings van die mens. Wat dink jy van hierdie opmerkings op bladsy 5 van Die Wagtoring van 1 Oktober? [Lees die eerste sin in elk van die eerste twee paragrawe onder die onderhofie “Godsdiens—’n groot hindernis”, en laat die huisbewoner antwoord.] Dit beteken natuurlik nie dat daar altyd oorloë sal wees nie. Let op God se belofte hier in Jesaja 9:5,6.” Jy kan hierdie teks in jou Bybel lees of soos dit in die Wagtoring-artikel aangehaal word. Verduidelik kortliks dat Die Wagtoring Jehovah se Koninkryk as die enigste hoop vir ’n vreedsame wêreld voorstaan, en bied die intekening aan. As die intekening van die hand gewys word, kan jy die tydskrif met sy medetydskrif die Ontwaak! aanbied en die persoon aanmoedig om hulle te lees.
3 Wanneer jy die “Ontwaak!” van 22Oktober aanbied, kan jysê:
◼ “Wat dink jy van die vraag op die buiteblad van hierdie tydskrif: ‘Waarom is die lewe so kort?’ [Laat die huisbewoner antwoord.] Hierdie reeks artikels bespreek wat hedendaagse wetenskaplikes en ander oor veroudering sê, en dan vestig dit die aandag op wat ons Skepper belowe het met betrekking tot vooruitsigte op die ewige lewe. Ek sal graag hierdie eksemplaar met sy medetydskrif teen ’n bydrae van R1,60 by jou wil laat.”
4 Wanneer jy godsdienstige mense vind, kan jy ’n artikel in “Die Wagtoring” van 15Oktober gebruik. Hierdie aanbieding sal dalk ’n gunstige reaksie uitlok:
◼ “Ek wil graag jou mening omtrent hierdie vraag hoor: Is dit moontlik om God lief te hê en hom terselfdertyd te vrees?” Laat die huisbewoner antwoord, en lees dan die temateks van die artikel “Waarom die ware God nóú vrees?” (Pred. 12:13). Gebruik een van die illustrasies op bladsy 219 van die Redenering-boek, en bied ’n intekening aan of twee tydskrifte teen ’n bydrae van R1,60.
5 Wanneer jy van huis tot huis werk, moet jy nie winkeltjies oorslaan nie. Diegene wat winkels gereeld besoek, beskryf hierdie bedrywigheid as genotvol en produktief. Jy kan ’n eenvoudige aanbieding soos die volgende probeer wanneer jy die “Ontwaak!” van 8 Oktober aanbied:
◼ “Ons weet dat besigheidsmense dit waardeer om op die hoogte gehou te word van sake wat hulle gemeenskap raak. Ek is seker dat jy hierdie artikels interessant sal vind.” Verwys dan kortliks na ’n punt in die artikel “Hoe om ’n suksesvolle enkelouer te wees”. Verduidelik die intekeningreëling.
6 Hou ’n noukeurige huis-tot-huis-verslag, en gaan terug na almal wat tydskrifte geneem het. Bied tydens die herbesoek ’n intekening op een of albei tydskrifte aan. Laat ons voorbereid en wakker wees om by elke gepaste geleentheid ons tydskrifte, en veral intekeninge op die tydskrifte, aan te bied.