Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/97 bl. 1
  • Wat van jou familielede?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat van jou familielede?
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om vir familielede te getuig
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Verkwik jou familielede met waters van waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Ongelowige familielede—Hoe om hulle hart te bereik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Die waarheid bring nie vrede nie, maar ’n swaard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 2/97 bl. 1

Wat van jou familielede?

1 Die meeste van ons het ’n hele paar familielede wat nie in die waarheid is nie. Hoe graag wil ons tog nie hê dat hierdie geliefdes by ons moet aansluit op die pad na die lewe nie! Ons besorgdheid oor hulle ewige toekoms kan groter wees wanneer hulle lede van ons eie huisgesin is. Hoewel ons al jare lank probeer om hulle in die waarheid te laat belangstel, moet ons nie die gevolgtrekking maak dat die situasie hopeloos is nie.

2 Toe Jesus sy predikingswerk gedoen het, ‘het sy broers trouens nie geloof in hom beoefen nie’ (Joh. 7:5). Op een stadium het sy familielede gedink dat hy kranksinnig is (Mark. 3:21). Tog het Jesus nie met hulle moed verloor nie. Sy broers het mettertyd die waarheid aangeneem (Hand. 1:14). Sy halfbroer Jakobus het ’n pilaar in die Christengemeente geword (Gal. 1:18, 19; 2:9). As jy die vreugde wil geniet om te sien hoe jou familielede die waarheid aanneem, moet jy nie ophou om hulle met die goeie nuus van die Koninkryk te probeer bereik nie.

3 Wees verkwikkend, nie oorweldigend nie: Toe Jesus vir ander getuig het, het sy luisteraars verkwik gevoel, nie geïntimideer nie (Matt. 11:28, 29). Hy het hulle nie oorweldig met leringe wat hulle nie kon begryp nie. Om jou familielede met die water van waarheid te verkwik, moet jy hulle ’n koppie op ’n slag gee, nie ’n emmervol nie! ’n Reisende opsiener het gesê: “Die beste resultate word bereik deur diegene wat die nuuskierigheid van hulle familielede prikkel deur in kleiner dosisse vir hulle te getuig.” Op hierdie manier kan selfs teenstanders vrae begin vra en uiteindelik ’n dors na die waarheid ontwikkel.—1 Pet. 2:2; vergelyk 1 Korintiërs 3:1, 2.

4 Baie getroude Christene het op doeltreffende wyse vir hulle ongelowige huweliksmaats getuig deur lektuur oop te laat by ’n artikel waarin hulle dalk sal belangstel. ’n Suster wat dit gedoen het, het ook binne hoorafstand van haar man met haar kinders gestudeer en verduidelikings gegee wat vir hom van nut sou wees. Partykeer het sy hom gevra: “Ek het vandag dit en dit in my studie geleer. Wat dink jy daarvan?” Haar man het uiteindelik die waarheid aangeneem.

5 Wees eerbiedig, nie ongeduldig nie: Een verkondiger het die opmerking gemaak dat “selfs familielede ’n reg op hulle eie sienswyses en opinies het”. Ons moet dus eerbied toon wanneer hulle hulle gedagtes uitspreek of wanneer hulle ons uitdruklik vra om nie met hulle oor die waarheid te praat nie (Pred. 3:7; 1 Pet. 3:15). Deur geduld en liefde te betoon en deur goeie luisteraars te wees, kan ons na gepaste geleenthede soek om ’n subtiele getuienis te gee. Sulke geduld kan lonend wees, soos gesien is in die geval van ’n Christenman wat 20 jaar lank sy ongelowige vrou se slegte behandeling verduur het. Toe sy begin verander het, het hy gesê: “Hoe dankbaar is ek tog teenoor Jehovah dat hy my gehelp het om lankmoedigheid aan te kweek, want nou kan ek die resultaat sien: My vrou het op die pad van die lewe begin wandel!”

6 Wat van jou familielede? Dit kan wees dat “jy hulle na Jehovah toe kan wen” deur jou goeie Christelike gedrag en deur jou gebede ten behoewe van hulle.—1 Pet. 3:1, 2, voetnoot in naslaanuitgawe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel