Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/97 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Februarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Februarie
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 3 Februarie
  • Week wat begin met 10 Februarie
  • Week wat begin met 17 Februarie
  • Week wat begin met 24 Februarie
Ons Koninkryksbediening—1997
km 2/97 bl. 2

Diensvergaderinge vir Februarie

Week wat begin met 3 Februarie

Lied 27

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Januarie stiptelik te rapporteer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte van vorige maande ook ingegee word. Hierdie laat rapporte moet by die gemeente se rapport vir Januarie ingesluit word.

15 min: “Neem deel aan die werk wat nooit herhaal gaan word nie.” Vrae en antwoorde. Sluit na gelang van tyd punte uit “Waak—Hoe?” op bladsye 714-15 van die Verkondigers-boek in.

20 min: “Bied die goeie nuus met ’n gevoel van dringendheid aan” (Paragrawe 1-5). Ná kort kommentare oor paragraaf 1 bespreek die voorsitter paragrawe 2-5 met twee of drie verkondigers. Hulle hersien hoogtepunte van die voorgestelde aanbiedings en lewer kommentaar oor waarom hierdie of soortgelyke aanbiedings in die plaaslike gebied doeltreffend kan wees. Verkondigers maak beurte om die aanbiedings te oefen. Voorsitter prys hulle en stel maniere voor om die aanbiedings doeltreffender te maak. Hy vra gehoor dan oor maniere waarop die doelwit om studies te begin, bereik kan word. Gee spesifieke idees oor hoe ’n studie uiteindelik in die Kennis-boek begin kan word.

Lied 34 en slotgebed.

Week wat begin met 10 Februarie

Lied 29

5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

10 min: “Bied die goeie nuus met ’n gevoel van dringendheid aan” (Paragrawe 6-8). Demonstreer aanbiedings in paragrawe 6-7. Beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n herbesoek te doen by iemand wat belangstelling getoon het.

30 min: “Benodig—10 000 hulppioniers.” Vraag-en-antwoord-dekking deur die diensopsiener. Beklemtoon die venster op bladsy 3. Hersien die voorbeelde van roosters op bladsy 6. Elke gedoopte verkondiger moet dit persoonlik en biddend oorweeg of hy een of meer maande kan inskryf. Ongedoopte verkondigers kan hulle deelname aan die bediening uitbrei deur elke maand hulle eie doelwit vir ure te stel.

Lied 43 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Februarie

Lied 30

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld interessante gesprekspunte in die jongste tydskrifte wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.

13 min: “Die Gedenkmaal—’n Baie belangrike gebeurtenis!” Vrae en antwoorde. Spoor almal aan om die hele Maart ’n spesiale maand te maak deur hulppionierdiens te doen. Vestig die aandag daarop om die Gedenkmaaluitnodigings te gebruik.

22 min: Begin tuisbybelstudies. In onlangse maande is honderdduisende gebonde boeke versprei. Dit bied die grondslag waarop baie meer tuisbybelstudies begin kan word. Hersien wat plaaslik bereik is met die verspreiding van boeke en ander lektuur. Spoor verkondigers aan om na alle belangstellendes toe terug te gaan. Laat ’n paar verkondigers in die besonder vertel watter inspanning van hulle kant nodig was om nuwe tuisbybelstudies te begin. Beklemtoon dat dit ’n integrale deel van ons opdrag is om dissipels te maak (Matt. 28:19, 20). Dit kan op doeltreffende wyse gedoen word as ons die voorstelle probeer toepas wat in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996 uiteengesit word.

Lied 47 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Februarie

Lied 32

18 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om hulle velddiensrapporte stiptelik aan die einde van die maand in te gee, asook enige laat rapporte van vorige maande. Kondig die name aan van almal wat in Maart hulppionierdiens gaan doen. Verduidelik dat dit nie te laat is om ’n aansoek in te dien nie. Spoor almal aan om Saterdag, 1 Maart, ’n volle aandeel aan die velddiens te hê. Sit die bykomende reëlings uiteen wat plaaslik vir velddiens gedurende die maand getref word. Hersien die Vraebus sorgvuldig.

12 min: “Wat van jou familielede?” Man en vrou bespreek die artikel saam en besluit hoe hulle ongelowige familielede met die goeie nuus gaan nader.—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1990, bladsye 25-7.

15 min: Hersien lektuuraanbod vir Maart—Die geheim van gesinsgeluk. Bespreek kortliks die redes vir gesinsverbrokkeling in die hedendaagse samelewing. (Sien Die Wagtoring van 15 Oktober 1992, bladsye 4-7.) Hersien die boek se inhoud op bladsy 3. Nooi die gehoor om hoofstukke te kies wat as grondslag vir ’n aanbieding kan dien. Vestig die aandag op die nuttige onderrigvenster wat aan die einde van elke hoofstuk verskyn. Laat ’n bekwame verkondiger demonstreer hoe om die boek aan te bied. Herinner almal daaraan om boeke te kry om hierdie naweek aan te bied.

Lied 48 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel