Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Boodskappers van Goddelike Vrede”-streekbyeenkoms vir 1996
    Koninkryksbediening — 1996 | Oktober
    • “Boodskappers van Goddelike Vrede”-streekbyeenkoms vir 1996

      1 Die streekbyeenkomsprogram vir hierdie jaar sal ons beslis help om ons Goddelike vrede te handhaaf, en dit sal verduidelik watter rol ons speel om ander te help om sulke vrede te vind. Soos in Die Wagtoring van 1 Mei 1996 aangekondig is, is die tema “Boodskappers van Goddelike Vrede”. Het jy al planne gemaak sodat jy die hele program kan bywoon?

      2 ’n Driedaagse program: Ons weet dat jy die byeenkoms hierdie jaar terdeë gaan geniet en huis toe sal gaan met hernieude ywer (2 Kron. 7:10). Ons sal vanjaar weer ’n driedaagse program hê. Het jy al reëlings getref om verlof van jou sekulêre werk te kry sodat jy die hele byeenkoms teenwoordig kan wees?

      3 In hierdie byvoegsel verskyn ’n lys met die finale datums en liggings van die 45 streekbyeenkomste in die gebied van die Suid-Afrikaanse takkantoor. Teen dié tyd het die sekretaris van julle gemeente julle al in kennis gestel van die een waarheen julle toegewys is. Buiten Engels sal daar byeenkomste in Afrikaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu wees. Daar sal Vingertaal by twee byeenkomste wees.

      4 Die program sal al drie dae om 9:30 vm. begin en sal Sondag omstreeks 4:00 nm. ten einde loop. Sal ons vriendelikheid teenoor ons ouer en sieklike broers betoon deur die sitplekke oop te los in gebiede wat geriefliker en gemakliker is? Onthou dat ‘liefde nie sy eie belang soek nie’.—1 Kor. 13:4, 5; Fil. 2:4.

      5 Sal jy geslyp word? Nadat Die Wagtoring van 15 Augustus 1993 Spreuke 27:17, “Yster slyp yster”, aangehaal het, het dit gesê: “Ons is soos instrumente wat gereeld geslyp moet word. Aangesien ons anders as die wêreld is omdat ons ons liefde teenoor Jehovah betoon en besluite neem wat op ons geloof gegrond is, moet ons voortdurend anders as die meeste ander mense optree.” Hoe kan ons daardie raad toepas?

      6 Ons is en moet anders as die wêreld bly. Die volgehoue inspanning wat nodig is om dit te bereik, moet gehandhaaf word as ons ywerig vir voortreflike werke wil wees (Tit. 2:14). Dit is waarom die Wagtoring-artikel wat hierbo aangehaal is, verder gesê het: “Wanneer ons omgaan met ander wat Jehovah liefhet, slyp ons mekaar—ons spoor mekaar tot liefde en goeie werke aan.” Die streekbyeenkoms is een van die voorsienings van Jehovah om ons te help om geestelik geslyp te bly. Ons kan dit nie bekostig om weg te bly van enige deel van die program nie.

      7 ’n Wyse persoon sal luister: Om te luister, is ’n kuns wat aangeleer moet word. Daar is al gesê dat die gemiddelde mens net sowat die helfte onthou van wat hy gehoor het—ongeag hoe noukeurig hy meen hy geluister het. Aangesien ons in ’n tyd lewe waarin daar baie afleidings is, kan ons dit soms moeilik vind om vir lang tye te konsentreer. Kan ons probeer om ons konsentrasievermoë te verbeter, veral wanneer ons in ’n groot gehoor na ’n spreker sit en luister? Sal jy, indien jy gevra sou word om ’n opsomming van elke dag se program te gee wanneer jy ná die byeenkoms tuiskom, dit kan doen? Hoe kan ons almal ons vermoë verbeter om te luister en volle aandag skenk aan elke deel wat op die byeenkomsprogram aangebied word?

      8 Lewendige belangstelling is nodig, want die goddelike gawe van geheue kan daarsonder nie behoorlik werk nie. Hoe meer belangstelling iemand byvoorbeeld in ’n onderwerp toon, hoe makliker is dit om die hoofgedagtes van ’n toespraak of programdeel te onthou. Maar baie hang daarvan af of ons meer as die gewone aandag skenk aan die dinge wat ons bevoorreg is om by streekbyeenkomste te hoor. Ons lewendige belangstelling in elke deel van die streekbyeenkomsprogram en die aandag waarmee ons luister, hou verband met ons huidige geestelike toestand sowel as ons toekomstige vooruitsigte. By byeenkomste word ons Jehovah se weë geleer en word ons onderrig om ’n lewensreddende werk te doen (1 Tim. 4:16). Dink aan jouself as ’n skip in ’n onstuimige see. Die beloftes van Jehovah is die vaste anker van hoop. As iemand nie by Christelike vergaderinge aandag skenk nie en sy gedagtes toelaat om te dwaal, kan belangrike raad en onderrigting wat kan voorkom dat hy geestelik skipbreuk ly verlore gaan.—Heb. 2:1; 6:19.

      9 In baie wêrelddele doen ons broers groot moeite om vergaderinge by te woon. Dit is wonderlik om te sien hoe aandagtig hulle by byeenkomste luister. Maar op party plekke het individue ander gesteur deur gedurende sessies op die byeenkomsterrein rond te drentel. Ander kom laat in. In die verlede was dit by party byeenkomste moeilik om die eerste paar minute van die program te hoor omdat soveel in die gange en agter die sitplekke geloop het. Dit is gewoonlik nie broers met werkstoewysings of moeders wat na die behoeftes van hulle kindertjies omsien nie. Baie van die steurnis kom van mense wat net gesels. Hierdie jaar sal die Saalwagtersafdeling meer aandag aan die probleem skenk, en hopelik sal almal in hulle sitplekke wees wanneer die voorsitter ons vra om dit te doen. Jou samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word.

      10 Watter praktiese wenke sal ons help om met groter aandag na die byeenkomsprogram te luister en om meer te onthou van wat aangebied is? Wat in vorige jare gesê is, kan gerus herhaal word: (a) Spits jou aandag toe op die hoofrede waarom jy na die byeenkomsstad gaan. Dit is nie vir ontspanning nie, maar om te luister en te leer (Deut. 31:12). Probeer om elke nag genoeg rus te kry. As jy baie moeg is wanneer jy na die byeenkoms kom, sal dit moeilik wees om te konsentreer. (b) Laat genoeg tyd toe om jou motor te parkeer en ’n sitplek te kry voor die program begin. As ’n mens op die nippertjie moet skarrel om ’n sitplek te kry, lei dit gewoonlik daartoe dat jy ’n deel van die inleidende kommentare nie hoor nie. (c) Maak kort aantekeninge van sleutelgedagtes. As ’n mens te veel aantekeninge maak, kan dit jou luistervermoë belemmer. Terwyl jy skryf, moet jy seker maak dat ander gedagtes nie verlore gaan omdat jou aandag by jou aantekeninge bepaal is nie. (d) Wees vol afwagting wanneer ’n byeenkomsdeel aangekondig word. Vra jou

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997
    Koninkryksbediening — 1996 | Oktober
    • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997

      Instruksies

      Gedurende 1997 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehouword.

      LEERBOEKE: Die Bybel, Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk [jv-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Kennis wat tot die ewige lewe lei [kl-AF] en Insight on the Scriptures Deel 1 [it-1] sal vir toewysings gebruik word.

      Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen word en daarna soos volg verloop:

      TOESPRAAK NR. 1:15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer die Verkondigers-boek gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Die spreker kan die prente, foto’s en tabelle in die Verkondigers-boek bespreek en dit as leermiddele gebruik.

      Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker daarom vra.

      GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

      TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

      TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan ’n suster toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op Kennis wat tot die ewige lewe lei gebaseer word. Die agtergrond kan informele getuieniswerk, ’n herbesoek of ’n tuisbybelstudie wees, en die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die huisbewoner help om oor die materiaal te redeneer en dit te verstaan en in hoe die tekste toegepas word. Die toegewese student moet kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die student kan besluit of die huisbewoner sekere paragrawe in die boek moet lees of nie. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die materiaal val, nie op die agtergrond nie.

      TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit kan aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Dit sal op ’n Bybelkarakter gebaseer word. Vir elke toewysing word die naam van ’n Bybelkarakter en ’n tema in die rooster aangegee. Inligting oor die Bybelkarakter kan onder sy naam in Insight on the Scriptures, Deel 1, gevind word. Die student moet teksverwysings in die materiaal nagaan om ’n duidelike beeld van die Bybelkarakter te kry—die gebeure in sy lewe, sowel as sy persoonlikheid, eienskappe en gesindheid. Daarna moet die student die toegewese tema van die toespraak ontwikkel en gepaste tekste kies om te ge-bruik. Bykomende tekste wat Bybelbeginsels na vore bring wat met die tema verband hou, kan ingesluit word. Die doel van die toespraak is om te toon wat ons uit die voorbeeld van die Bybelkarakter onder bespreking kan leer. Dade van getrouheid, moed, nederigheid en onselfsugtigheid bied goeie voorbeelde om na te volg; dade van ontrouheid, sowel as ongewenste eienskappe, dien as kragtige waarskuwings vir Christene om ’n verkeerde weg te vermy. Wanneer hierdie toespraak aan ’n broer toegewys word, moet dit gehou word met die Koninkryksaalgehoor in gedagte. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.

      RAAD EN KOMMENTARE: Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig in die volgorde van die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder op die spraakhoedanighede toespits waarop die student moet verbeter. As die student net ’n “G” kry en geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand hiervan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskooltoewysingstrokie (S-89) aandui. Diegene wat ’n deel op die program het, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd spaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar nog tyd is nadat die nodige raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat nie deur die studente gedek is nie. Die skoolopsiener moet sorg dat hy ná elke studentetoespraak nie meer as twee minute aan raad en enige ander kort kommentare bestee nie. As die broer wat die Bybelglanspunte doen raad nodig het, kan dit privaat gegee word.

      DIE VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Voordat ’n student sy toespraak voorberei, moet hy die materiaal in die Skoolhandleiding noukeurig deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hy aandag moet skenk. Studente aan wie Toespraak nr. 2 toegewys word, kan ’n tema kies wat by die Bybelleesgedeelte sal pas. Ander toesprake moet om die gegewe tema op die gedrukte rooster ontwikkel word.

      TYDREËLING: Niemand moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se raad en kommentare nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die stopsein te gee, moet dit doen sodra die tyd verstreke is. As broers wat Toespraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig die tydgrens oorskry, moet hulle privaat raad gegee word. Die hele program, sonder die lied en gebed, is 45 minute.

      SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd sal daar ’n skriftelike hersiening gehou word. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde gewy word. Elke student sal sy eie vraestel nasien. Die skoolopsiener sal die antwoorde op die hersieningsvrae met die gehoor deurgaan en veral aan die moeiliker vrae aandag skenk en almal help om die antwoorde goed te verstaan. As die plaaslike omstandighede dit vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel