Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 3/1 bl. 29-31
  • ’n Teologiese dilemma

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Teologiese dilemma
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die oorsprong en ontwikkeling van ’n dilemma
  • Het Paulus in ’n “tussenstadium” geglo?
  • Die opstanding—’n wonderlike Bybelwaarheid
  • Beoefen geloof wat tot die ewige lewe lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoe sterk is jou geloof in die opstanding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die opstandingshoop het krag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ‘Die dood gaan tot niet gemaak word’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 3/1 bl. 29-31

’n Teologiese dilemma

“DIE opvatting van die onsterflikheid van die siel en geloof in die opstanding van die dooies . . . is twee begrippe op heeltemal verskillende vlakke waartussen daar gekies moet word.” Hierdie woorde van Philippe Menoud som die dilemma oor die toestand van die dooies op waarvoor Protestantse en Katolieke teoloë te staan kom. Die Bybel praat van die hoop van ’n opstanding “op die laaste dag” (Johannes 6:39, 40, 44, 54). Maar baie gelowiges se hoop is volgens die teoloog Gisbert Greshake “op die onsterflikheid van die siel gevestig wat by die dood van die liggaam skei en na God terugkeer, terwyl hoop op die opstanding grootliks, indien nie heeltemal nie, verdwyn het”.

In daardie geval ontstaan ’n lastige probleem, verduidelik Bernard Sesboüé: “Wat is die toestand van die dooies gedurende die ‘tussenpose’ van hulle liggaamlike dood tot hulle uiteindelike opstanding?” Dit lyk asof teologiese bespreking in die laaste paar jaar om daardie vraag gedraai het. Wat het daartoe gelei? En nog belangriker, wat is die werklike hoop vir die dooies?

Die oorsprong en ontwikkeling van ’n dilemma

Die eerste Christene het ’n duidelike begrip van die saak gehad. Hulle het uit die Skrif geleer dat die dooies van niks bewus is nie, want die Hebreeuse Geskrifte sê: “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie . . . Daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie” (Prediker 9:5, 10). Daardie Christene het op ’n opstanding gehoop wat gedurende die toekomstige “teenwoordigheid van die Here” sou plaasvind (1 Tessalonisense 4:13-17). Hulle het nie verwag dat hulle êrens anders ’n bewuste bestaan sou voer terwyl hulle vir daardie oomblik gewag het nie. Joseph Ratzinger, die huidige prefek van die Vatikaanse Gemeente vir Geloofsleer, sê: “Daar het in die eertydse Kerk geen leerstellige bevestiging oor die onsterflikheid van die siel bestaan nie.”

Maar Nuovo dizionario di teologia verduidelik dat wanneer ons werke van Kerkvaders, soos Augustinus of Ambrosius, lees, “ons bewus word van iets nuuts wat Bybelse tradisie betref—die verskyning van ’n Griekse eskatologie, wesenlik anders as dié van Joods-Christene”. Hierdie nuwe leer was gegrond op “die onsterflikheid van die siel, op individuele oordeel met beloning of straf onmiddellik ná die dood”. ’n Vraag is dus oor die “tussenstadium” geopper: Wat gebeur met die siel as dit ná die dood van die liggaam voortleef en vir die opstanding op die “laaste dag” wag? Dit is ’n dilemma waarmee teoloë al lank sukkel.

In die sesde eeu G.J. het pous Gregorius I aangevoer dat siele by die dood onmiddellik na hulle plek van bestemming gaan. Pous Johannes XXII van die 14de eeu was daarvan oortuig dat die dooies op die Oordeelsdag hulle eindelike beloning sou ontvang. Pous Benedictus XII het egter sy voorganger weerspreek. In die pouslike bul Benedictus Deus (1336) het hy bepaal dat “die siele van die afgestorwenes onmiddellik ná die dood ’n toestand van saligheid [hemel], suiwering [vaevuur] of verdoemenis [hel] ingaan en eers aan die einde van die wêreld met hulle verrese liggame herenig word”.

Ondanks geskille en besprekings is dit eeue lank al die standpunt van die Christendom se kerke, hoewel die Protestantse en Ortodokse kerke oor die algemeen nie in die vaevuur glo nie. Maar sedert die einde van die vorige eeu het al hoe meer geleerdes op die onbybelse oorsprong van die leerstelling oor die onsterflikheid van die siel gewys, met die gevolg dat “die moderne teologie die mens nou dikwels as ’n eenheid probeer beskou wat by die dood heeltemal vergaan” (The Encyclopedia of Religion). Bybelkommentators vind dit derhalwe moeilik om die bestaan van ’n “tussenstadium” te regverdig. Praat die Bybel daaroor, of bied dit ’n ander hoop?

Het Paulus in ’n “tussenstadium” geglo?

Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: “Om saam met Christus opgewek te word, moet ons saam met Christus sterf: ons moet ‘weg van die liggaam af wees en by die Here woon’ [2 Korintiërs 5:8]. Met hierdie ‘vertrek’, wat die dood is, word die siel van die liggaam geskei [Filippense 1:23]. Dit sal met die liggaam herenig word op die dag wanneer die dooies ’n opstanding kry.” Maar sê die apostel Paulus in die tekste wat hier aangehaal word dat die siel ná die dood van die liggaam voortleef en dan op die “Laaste Oordeel” wag om met die liggaam herenig te word?

In 2 Korintiërs 5:1 verwys Paulus na sy dood en praat hy van ’n “aardse huis” wat “afgebreek” word. Het hy die liggaam in gedagte gehad wat deur sy onsterflike siel verlaat is? Nee. Paulus het geglo dat die mens ’n siel is, nie dat hy ’n siel het nie (Genesis 2:7; 1 Korintiërs 15:45). Paulus was ’n geesgesalfde Christen wie se hoop, soos dié van sy eerste-eeuse broers, “in die hemele weggelê” is (Kolossense 1:5; Romeine 8:14-18). Sy ‘vurige begeerte’ was dus om op God se vasgestelde tyd as ’n onsterflike geesskepsel in die hemel opgewek te word (2 Korintiërs 5:2-4). Hy het aangaande hierdie hoop geskryf: “Ons sal almal verander word . . . gedurende die laaste trompet. Want die trompet sal klink, en die dooies sal onverderflik opgewek word, en ons sal verander word.”—1 Korintiërs 15:51, 52.

In 2 Korintiërs 5:8 sê Paulus: “Ons hou goeie moed en wil liewer van die liggaam afwesig raak en by die Here gaan woon.” Party glo dat hierdie woorde na ’n wagtydperk verwys. Hierdie mense verwys ook na Jesus se belofte aan sy getroue volgelinge dat hy ’n plek sou gaan voorberei waarin hy ‘hulle tuis by hom sal ontvang’. Maar wanneer sou sulke verwagtinge verwesenlik word? Christus het gesê dat dit sou wees wanneer hy in sy toekomstige teenwoordigheid ‘weer gekom het’ (Johannes 14:1-3). In 2 Korintiërs 5:1-10 het Paulus eweneens gesê dat alle gesalfde Christene die hoop het om ’n hemelse woning te beërwe. Dit sou nie deur die een of ander veronderstelde onsterflikheid van die siel plaasvind nie, maar deur ’n opstanding gedurende Christus se teenwoordigheid (1 Korintiërs 15:23, 42-44). Die skrifverklaarder Charles Masson kom tot die slotsom dat 2 Korintiërs 5:1-10 “dan goed verstaan kan word sonder om van die hipotese van ’n ‘tussenstadium’ gebruik te maak”.

In Filippense 1:21, 23 sê Paulus: “In my geval is om te lewe Christus, en om te sterf gewin. Ek verkeer onder druk van hierdie twee dinge; maar wat ek wel begeer, is die losmaking en om saam met Christus te wees, want dít is gewis veel beter.” Praat Paulus hier van ’n “tussenstadium”? Party mense dink so. Paulus sê egter dat hy deur twee moontlikhede onder druk geplaas word—die lewe of die dood. “Maar wat ek wel begeer”, het hy bygevoeg en ’n derde moontlikheid genoem, “is die losmaking en om saam met Christus te wees.” Was dit ’n “losmaking” om onmiddellik ná die dood saam met Christus te wees? Wel, soos ons reeds gesien het, het Paulus geglo dat getroue gesalfde Christene gedurende Christus se teenwoordigheid opgewek sou word. Hy moes dus die gebeure van daardie tydperk in gedagte gehad het.

Dit kan ons uit sy woorde in Filippense 3:20, 21 en 1 Tessalonisense 4:16 sien. So ’n “losmaking” gedurende die teenwoordigheid van Christus Jesus sou dit vir Paulus moontlik maak om die beloning te ontvang wat God vir hom voorberei het. Dat dit sy hoop was, kan gesien word uit sy woorde aan die jong man Timoteus: “Van nou af is die kroon van regverdigheid vir my weggelê, wat die Here, die regverdige regter, my in daardie dag as beloning sal gee, en tog, nie net aan my nie, maar ook aan almal wat sy openbaarwording liefgehad het.”—2 Timoteus 4:8.

Die opstanding—’n wonderlike Bybelwaarheid

Die eerste Christene het die opstanding as ’n gebeurtenis beskou wat gedurende Christus se teenwoordigheid sou begin, en hulle het krag en vertroosting uit hierdie wonderlike Bybelwaarheid geput (Matteus 24:3; Johannes 5:28, 29; 11:24, 25; 1 Korintiërs 15:19, 20; 1 Tessalonisense 4:13). Hulle het getrou op daardie toekomstige vreugde gewag en afvallige leringe van ’n onsterflike siel verwerp.—Handelinge 20:28-30; 2 Timoteus 4:3, 4; 2 Petrus 2:1-3.

Die opstanding is natuurlik nie tot Christene met ’n hemelse hoop beperk nie (1 Petrus 1:3-5). Die aartsvaders en ander eertydse knegte van God het geloof beoefen in Jehovah se vermoë om die dooies op die aarde te laat herleef (Job 14:14, 15; Daniël 12:2; Lukas 20:37, 38; Hebreërs 11:19, 35). Selfs daardie miljarde wat God nooit deur die eeue heen geken het nie, het die geleentheid om in ’n aardse paradys te herleef, aangesien “daar ’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges gaan wees” (Handelinge 24:15; Lukas 23:42, 43). Is dit nie ’n opwindende vooruitsig nie?

Jehovah laat ons nie glo dat lyding en die dood vir altyd daar sal wees nie, maar vestig eerder ons aandag op die tyd wanneer die “laaste vyand . . . die dood” vir ewig vernietig sal word en die getroue mensdom vir ewig op ’n aarde sal lewe wat tot ’n Paradys herstel is (1 Korintiërs 15:26; Johannes 3:16; 2 Petrus 3:13). Hoe wonderlik sal dit tog nie wees om ons geliefdes te sien herleef nie! Hoeveel beter is hierdie vaste hoop tog as die hipotetiese onsterflikheid van die mensesiel—’n leerstelling wat nie op God se Woord nie, maar op Griekse filosofie gegrond is! As jy jou hoop op God se onfeilbare belofte vestig, kan ook jý seker wees dat ‘die dood binnekort nie meer daar sal wees nie’!—Openbaring 21:3-5.

[Prent op bladsy 31]

Die opstanding is ’n wonderlike Bybelwaarheid

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel