Die Teokratiese Bedieningskool vir 2001
1 Daar is oorvloedige skriftuurlike redes waarom ons almal ons bes moet probeer om ’n volle aandeel aan die Teokratiese Bedieningskool te hê.—Spr. 15:23; Matt. 28:19, 20; Hand. 15:32; 1 Tim. 4:12, 13; 2 Tim. 2:2; 1 Pet. 3:15.
2 ’n Weeklikse Bybelleesprogram maak lank reeds deel uit van die skool. Dit behels dat ’n mens ongeveer een bladsy van die Bybel elke dag lees. Van die begin van hierdie jaar af sal daar ook ’n Bybelleesgedeelte wees vir die weke wanneer ons die skriftelike hersiening het. Die aanvullende leesrooster van die afgelope drie jaar is voltooi. Maar as jy graag meer Bybellees wil doen as wat op die rooster uiteengesit word, kan jy jou eie leesprogram opstel.
3 Toespraak nr. 2 lei broers op vir “openbare voorlesing” uit God se Woord (1 Tim. 4:13). Wanneer jy ’n leestoewysing het, moet jy dit oor en oor hardop oefen.
4 Toespraak nr. 3 en nr. 4 is op die Redenering-boek gebaseer, wat vir gebruik in die veldbediening saamgestel is. As daar te veel stof is om binne die toegewese tyd te bespreek, moet jy net dit uitsoek wat die praktiesste vir julle gemeente se gebied sal wees. Enige agtergrond wat vir julle gebied gepas is, kan gebruik word.
5 Probeer so ver moontlik al jou toewysings vir die skool nakom. Sit tyd opsy om goed voor te berei en praat uit die hart. Jy sal ’n bron van bemoediging vir die gemeente wees, en jy sal persoonlik daarby baat vind as jy gedurende 2001 heelhartig aan die Teokratiese Bedieningskool deelneem.