Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/01 bl. 1
  • Hanteer God se Woord reg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hanteer God se Woord reg
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik die Woord van die waarheid met vaardigheid
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Hanteer jy God se Woord reg?
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Word bekwaam in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Gebruik “die swaard van die gees” op vaardige wyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 12/01 bl. 1

Hanteer God se Woord reg

1 Toe Filippus vir ’n amptenaar getuig het, ‘het hy sy mond geopen en, deur met ’n sekere Skrifgedeelte te begin, die goeie nuus oor Jesus aan hom bekend gemaak’ (Hand. 8:35). Filippus het “die woord van die waarheid reg hanteer” (2 Tim. 2:15). Reisende opsieners het egter opgelet dat baie verkondigers deesdae selde die Bybel gebruik wanneer hulle velddiens doen. Gebruik jy die Bybel in jou bediening?

2 God se Woord is die bron van alles wat ons glo en vir mense leer (2 Tim. 3:16, 17). Dit is wat mense na Jehovah toe aantrek en hulle leer hoe om te lewe. Daarom is dit belangrik dat ons die Bybel in ons bediening gebruik en nie net oor onderwerpe gesels waarin ons belangstel nie (Heb. 4:12). Omdat die meeste mense nie veel van die Bybel weet nie, moet ons daaruit lees om vir hulle te wys watter praktiese leiding dit bied en watter toekoms dit vir die mensdom belowe.

3 Lees direk uit die Bybel: Jy kan probeer om sonder ’n velddienstas van deur tot deur te gaan. Jy kan die lektuur wat jy wil aanbied, in ’n dun lêer hou en die Bybel in jou hand of sak dra. Wanneer jy dan met iemand gesels, kan jy die Bybel uithaal sonder om die persoon te laat voel dat jy vir hom probeer preek. Staan op so ’n manier dat jou luisteraar saam in jou Bybel kan volg. Vra hom miskien om ’n vers hardop te lees. Wanneer hy kan sien wat die Bybel sê en dit nie net by jou hoor nie, maak dit ’n dieper indruk. Om hom te help om die teks te verstaan, moet jy natuurlik die woorde beklemtoon wat die gedagte oordra.

4 ’n Aanbieding met een teks: Nadat jy jou voorgestel het, kan jy sê: “Mense wend hulle tot verskillende bronne vir leiding in hulle lewe. Wat dink jy is die beste bron van praktiese leiding? [Wag vir ’n antwoord.] Wat dink jy van hierdie stelling? [Lees Spreuke 2:6, 7, en wag vir ’n antwoord.] Mensewysheid skiet jammerlik te kort en het al baie mense wanhopig gemaak. Maar God se wysheid was nog altyd betroubaar en nuttig.” Wys dan vir hom die publikasie wat jy aanbied, en vestig sy aandag op een voorbeeld van God se praktiese wysheid.

5 Jesus het die Skrif gebruik om opregtes van hart te help (Luk. 24:32). Paulus het die dinge wat hy ander geleer het, uit die Skrif bewys (Hand. 17:2, 3). Ons selfvertroue en vreugde in die bediening sal toeneem namate ons bekwamer word om God se Woord reg te hanteer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel