“Hoe sal hulle hoor?”
1 Jesus het uitdruklik gesê: “Die goeie nuus [moet] eers in al die nasies verkondig word” (Mark. 13:10). Ondanks ons ywerige pogings is daar nog honderdmiljoene mense vir wie daar nie persoonlik getuig is nie. Party regerings beperk ons werk. Baie lande het groot bevolkings wat teen ’n vinnige tempo bly groei. ‘Hoe sal hulle dus hoor?’—Rom. 10:14.
2 Vertrou op Jehovah: Ons moet onthou dat Jehovah die hartstoestand van alle mense ken. Ongeag wat ’n persoon se situasie is, as hy opreg na die waarheid oor God soek, sal hy dit vind.—1 Kron. 28:9.
3 Abraham was besorg oor die inwoners van Sodom en Gomorra. Maar God het hom verseker dat Sodom nie vernietig sou word as selfs net tien regverdige mense daar gevind word nie (Gen. 18:20, 23, 25, 32). Jehovah het nog nooit die regverdiges saam met die goddelose vernietig nie, soos getoon is deur die feit dat Lot en sy dogters gered is.—2 Pet. 2:6-9.
4 Elia het eenkeer gedink dat hy die enigste een is wat die ware God dien. Maar Jehovah het hom verseker dat hy beslis nie alleen is nie en dat die werk wat hy begin het, voltooi sou word (1 Kon. 19:14-18). Wat van die situasie in ons dag?
5 Bly besig in God se diens: Ons weet nie op watter groter skaal die getuieniswerk nog gedoen moet word nie. Jehovah is verantwoordelik vir hierdie werk en gebruik sy engele om daaroor toesig te hou (Op. 14:6, 7). Hy is die een wat bepaal in watter mate daar vir al die nasies getuig gaan word. As Jehovah so besluit, kan hy toesien dat die Koninkryksboodskap op maniere versprei word wat ons ons nie kan voorstel nie sodat baie meer mense “die woord van die goeie nuus [kan] hoor en [kan] glo” (Hand. 15:7). Wat Jehovah doen, sal heeltemal in ooreenstemming wees met wie hy is—’n liefdevolle, wyse en regverdige God.
6 Dit is ons voorreg om in ooreenstemming met Jehovah se wil te werk en ons bes te doen om almal die goeie nuus te laat hoor.—1 Kor. 9:16.