Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/02 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Januarie
  • Week wat begin met 21 Januarie
  • Week wat begin met 28 Januarie
  • Week wat begin met 4 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2002
km 1/02 bl. 2

Diensvergaderingrooster

LET WEL: Die Diensvergadering waarin die hoogtepunte van die streekbyeenkoms hersien gaan word, soos aangekondig in Ons Koninkryksbediening vir November 2001, sal nou gedurende Februarie 2002 gehou word.

Week wat begin met 14 Januarie

Lied 3

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek die venster “Nuwe korporasies wat gevorm is”.

10 min: “Wat ons oor die tydskrifte kan sê.” Demonstrasies van hoe ons Die Wagtoring van 15 Januarie en die Ontwaak! van 22 Januarie kan aanbied. Spoor alle verkondigers aan om die Tydskrifdag te ondersteun.

20 min: Vind baat by goedhartige voorsienings. Toespraak deur ’n bekwame ouer man, wat die voorsienings bespreek wat gemaak is om ons te help wanneer ons mediese besluite neem, soos die “Advance Medical Directive/Release”-kaart en “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 15 Junie 2000 en 15 Oktober 2000. Die gemeente moet genoeg “Advance Medical Directive/Release”- en “Identity”-kaarte hê om uit te deel. Hierdie dokumente sal ná vanaand se vergadering aan gedoopte verkondigers beskikbaar gestel word, maar dit moet NIE vanaand ingevul word nie. Die kaarte moet by die volgende Gemeentelike Boekstudie deur die verkondigers en dié wat as getuies optree, geteken en gedateer word, en die boekstudiehouer sal, indien nodig, hulp verleen. Dié wat as getuies teken, moet self sien dat die kaarthouer die dokument teken. Ongedoopte verkondigers kan vir hulleself en hulle kinders ’n dokument opstel deur die bewoording van hierdie kaarte by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas. Beklemtoon dat dit verstandig is om vooruit mediese besluite te neem wat op hulle Bybelopgeleide gewete gebaseer is (Spr. 27:12; 14:15). Dit is noodsaaklik om voor die tyd ’n bespreking met mediese personeel te hê waarin ’n mens duidelik sê watter mediese prosedures en geneesmiddels vir jou aanvaarbaar is. Sorgvuldige persoonlike studie is nodig sodat gepaste besluite geneem kan word. Lees gepaste paragrawe uit die Wagtoring-artikels wat hierbo genoem is. Ouer manne is gewillig om te help, maar kan nie vir ander besluite neem nie. Verduidelik maniere waarop hulle skriftelike dokumentasie van hulle besluite kan voorsien.

Lied 55 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Januarie

Lied 104

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek die venster “Sit iets opsy”.

13 min: Ondersoek jy die Skrif elke dag? ’n Gesinsbespreking. Om groter voordeel te trek uit hulle bespreking van die dagteks, bespreek hulle Die Wagtoring van 15 Desember 1996, bladsy 18, paragrawe 13-14. Hersien kortliks twee of drie dagtekste wat onlangs bespreek is, en verduidelik waarom die inligting so nuttig was. Beklemtoon dat hierdie voorsiening deel moet uitmaak van ’n program van gereelde gesinsbybelstudie wat bedoel is om hulle geestelik bedrywig te hou.

22 min: “Hou aan om die Koninkryk eerste te stel.”a Sluit ’n paar vrae in oor die hoofpunte uit Die Wagtoring van 1 September 1998, bladsye 19-21.

Lied 168 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Januarie

Lied 196

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Januarie aan hulle boekstudiehouers te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer twee kort tydskrifaanbiedings, een met Die Wagtoring van 1 Februarie en die ander met die Ontwaak! van 8 Februarie. Meld die lektuuraanbod vir Februarie en vestig die aandag op die boeke wat die gemeente in voorraad het.

20 min: “Ouers—Lei julle kinders van kleintyd af op.”b Sluit kommentare in oor Die Wagtoring van 15 April 1998, bladsy 32. Nooi ouers om te vertel van die goeie resultate wat hulle gehad het deur vroeg te begin met die geestelike opleiding van hulle kinders terwyl hulle nog babas is.

15 min: Plaaslike behoeftes. Nooi verkondigers om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle die Redenering-boek gebruik het, spesifieke brosjures aangebied het om mense se vrae te beantwoord of skriftuurlike vertroosting uit die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf gegee het. Demonstreer dalk een of twee ondervindinge.

Lied 202 en slotgebed.

Week wat begin met 4 Februarie

Lied 212

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

15 min: “Hoe sal hulle hoor?”c Vra gehoor om kommentaar te lewer oor hoe die tekste van toepassing is. Sluit vrae in oor paragrawe 17-18 op bladsy 20 van Die Wagtoring van 15 Augustus 1998.

20 min: “Voorgestelde velddiensaanbiedings.” Gehoorbespreking wat deur die diensopsiener behartig moet word. Hierdie byvoegsel bevat voorgestelde aanbiedings wat in vorige nommers van Ons Koninkryksbediening verskyn het, tesame met ’n paar nuwes. Die oop spasie kan gebruik word om toekomstige wenke in te skryf waarmee julle in die plaaslike gebied welslae behaal. Nooi gehoor om te sê van watter aanbiedings hulle veral hou en waarom. Demonstreer een of twee wat saam met die lektuuraanbod vir Februarie gebruik kan word. Moedig alle verkondigers aan om hierdie byvoegsel te bêre en dit dikwels te gebruik wanneer hulle vir die bediening voorberei.

Lied 224 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel